Gemeentelede tydens erediens beroof

Foto bloot ter illustrasie

Die polisie in Jouberton, ʼn buurt van Klerksdorp in Noordwes, het ʼn soektog begin nadat vyf gewapende verdagtes Donderdagaand op ʼn kerk in dié woongebied toegesak en gemeentelede van waardevolle items beroof het.

Volgens lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, was een van die gemeentelede buite die kerk met ʼn oproep besig toe vyf verdagtes met klapmusse hom met vuurwapens gedreig en die kerk binnegedwing het.

“Die verdagtes het die gemeentelede daarna beveel om op die grond te lê, waarna hulle kontant, handsakke en selfone geroof het. Die verdagtes het daarna te voet van die toneel gevlug.

“Die polisie is ontbied en ʼn klag van roof is geopen,” sê Funani.

Die polisie versoek enigiemand met inligting wat met die ondersoek kan help om die ondersoekbeampte, sers. Bantjies, by 082 568 6086 of die teenmisdaadnommer by 08600 10111 te skakel. Anonieme wenke kan ook via die MySAPS-toepassing gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.