Gemengde gevoelens onder mynwerkers oor voorgestelde skikking

Argieffoto

Argieffoto

Mynwerkers in die platinumgordel het met gemengde gevoelens gereageer op die voorgestelde loonskikking.

Amcu-lede staak al sedert 23 Januarie by Implats, Amplats en Lonmin vir ʼn basiese maandelikse salaris van R12 500.

Platinumvervaardigers het voorgestel om die salaris van die laagste betaalde werker twee jaar lank met R1 000 te verhoog, waarna dit in die derde jaar met R950 verhoog sal word. Dit sluit ander voordele uit.

“Hierdie is die beste verhoging in die industrie. Dit is dit werd om te vier,” sê Thapelo Marekoloane, ʼn Lonmin-werknemer,

Daar is egter ook diegene wat voel dat die mynwerkers te vroeg tou opgegooi het.

Die voorgestelde skikking is vir drie jaar. Daar is voorgestel dat die salaris van amptenare, ambagsmanne en myners in die eerste jaar met 8% verhoog word en met 7,5% vir die oorblywende twee jaar. Kragtens die voorgestelde ooreenkoms sal die leefbaarheidstoelaag nie in die tydperk van die ooreenkoms verhoog nie.

Indien die ooreenkoms geteken word, sal dit die vyf maande lange staking tot ʼn einde bring.

–       sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Erich Goosen ·

Die mynbase het nou die gulde geleentheid om van die belhamels ontslae te raak. Hulle verregaandheid ken geen perke nie. Ek voorspel dat Indië en China binnekort die myne gaan oorneem en dan is die spul stakers baie slegter daaraan toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.