Gemengde reaksie oor heropening van grondeise

Argieffoto Foto: led.co.za

Argieffoto Foto: led.co.za

Die ANC en EFF het met gemengde gevoelens reageer op president Jacob Zuma se bekragtiging van die Wysigingswetsontwerp op die Herstel van Grondregte en die Wet op Eiendomswaardering.

Die ANC het dit beskryf as ‘n oorwinning vir miljoen Suid-Afrikaners wat van hul grond verdryf is weens diskriminasie in die verlede. Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, het dit as ‘n “dapper en beslissende” stap beskryf.

“Die ANC is verheug oor die bekragtiging van hierdie wetsontwerpe aangesien dit ‘n verwesenliking is van die dringendheid van omvattende grondhervorming soos uitgespreek deur die mense van Suid-Afrika,” het Kodwa gesê.

Zuma se bekragtiging van die Wysigingswetsontwerp op die Herstel van Grondregte beteken die heropening van grondeiese en gee eisers vyf jaar – tot 30 Junie 2019 – om grondeise in te dien. Zuma het ook die Wet op Eiendomswaardering bekragtig. Die wetgewing maak voorsiening vir die regering om ‘n waardeerder-generaal aan te stel om die markwaarde van plase te bepaal.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is egter nie gelukkig oor die bekragtiging van die wetsontwerpe nie en sê dit het reeds voorheen misluk.

Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, sê die proses is oneties, duur en verdraai die geskiedenis rakende die ontneming van grond, aangesien 1913 as die belangrikste punt van die ontneming van grond geag word in plaas van 1652.
“Die restitusie is ook oneties omdat dit gedryf word deur die ‘gewillige koper, gewillige verkoper’ beginsel wat die demokratiese regering dwing om gesteelde eiendom terug te koop.”

Ndlozi sê die enigste oplossing vir die kwessie is grondonteiening sonder vergoeding vir gelyke herverdeling.

Rolspelers in die landboubedryf het egter vroeër gewaarsku dat die bekragtiging van die wetgewing katastrofiese gevolge vir die landbou en ekonomie kan inhou.

Lees ook:
Grondeise heropen na Zuma wet bekragtig

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tom ·

Di regering is besig om n groot fout te maak om grondeise in te stel. Hulle gaan net di landbou en ekonomie in n donker put afstuur…! Suid Afrika sal net in n 2de zim ontaard en eff, da en anc ondersteun di grondeise wet as ek dit ni reg het ni so vir wie stem ons vf+ maar di blankes kani saam staan nie!

Henrietta Klaasing ·

Ek wonder of ons familie ook kan eis: die ou SA regime het van ons plase ge-eis vir die ou “naturelle trust” gebiede. Van die swartes wat geskuif is, het hul grond teruggekry – so hul sit met albei die stukke: die waarvan hul afgesit is, plus dit waarnatoe hulle geskuif is, maar ons familie sit met NIKS.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.