Gemengde reaksie oor nuwe minimumloonverslag

geld spaar spaarvarkie pensioen

Argieffoto (Foto: Stevepb, Pixabay)

Die ANC het Sondag die bekendmaking van die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings-en-Arbeidsraad (Nedlac) se verslag oor ʼn nasionale minimumloon, verwelkom.

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Sondag die verslag tydens ʼn mediakonferensie in Johannesburg bekend gemaak. Die paneel het ʼn nasionale minimumloon van R3 500 per maand en R20 per uur voorgestel. Ramaphosa het egter benadruk dat die voorgestelde syfer nog deur belanghebbendes bespreek en gedebatteer moet word voordat daar op ʼn finale bedrag besluit word.

Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, het gesê die paneel se verslag bied ʼn duidelik pad vir ʼn ooreenkoms tussen maatskaplike vennote onder Nedlac se leiding. “Die aanbevelings wat gemaak word is geloofwaardig en gesond en word duidelik ondersteun deur tegniese insette deur georganiseerde sake, arbeid, die regering en die gemeenskap,” het hy gesê.

Die National Union of Mineworkers (NUM) het in ʼn kort verklaring gesê die vakbond is nie in ʼn posisie om die voorstel te aanvaar of te verwerp nie. “Die NUM sal sy besluit tydens die volgende nasionale uitvoerende komiteevergadering tussen 23 – 26 November bekend maak,” het die vakbondfederasie Cosatu gesê.

Die National African Federated Chamber of Commerce (Nafcoc) het die aankondiging verwelkom en gesê hy ondersteun in beginsel die idee van ʼn minimumloon as ʼn instrument om armoede en ongelykheid te beveg. “Ons is dankbaar dat bedrywe soos huishulpe en plaasarbeiders spesiaal aandag gekry het,” het Nafcoc-president Lawrence Mavundla gesê.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het egter die aanbeveling verwerp en gesê dit “begunstig ondernemings ten koste van die werkers”. “Die voorstel sal nie die probleem van ongelykheid oplos nie, maar slegs hierdie ongelykhede op lae-inkomste-lone institusionaliseer,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van EFF, gesê. “Die EFF het, ná aanbevelings deur arbeidsorganisasies soos Cosatu, ʼn minimumloon van R4 500 aan die parlement voorgehou gebaseer op syfers van 2014, wat nou al twee jaar gelede is. Sedertdien het die inflasie met meer as 6% toegeneem. Dit beteken die aanvanklike voorstel van R4 500 vir arbeiders/werkers moet nou al minstens R5 000 wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

94 Kommentare

wilma ·

Ai hoe sal mense die minimumlone kan bekostig. Ek adminbeampte en verdien minder as R3500.

Rhona Bornman ·

Wanneer word vir ‘n slag werklik gekyk na ons staats pensioenarisse? Ek daag enige iemand uit om te probeer oorleef op R1 510.00 per maand.

Ria ·

Ek stem saam. Hoe verwag hy hoe moet mens mt di bedrag huur en kos betaal , ons sasa geldtrekkers sukkel om te lewe !!

Tollies ·

Soos daar voorheen gese is dit is n Lux en tog is daar mense wat daar van gebruik maak en die wat dit nie bybring nie soos laasgenoemde moet dan werkers minder maak so nou kom baie vannaand by die huis met sy regverdige salaris maar drie van die ander in die huishouding se
hulle kry n pakket en is nou werkloos dan moet in elk geval die ander een salaris weer deur 3 gedeel word . Ek is nie negetief nie dink net dit is maar moeilik om uit te sorteer. Nie almal se besighede of salarisse voorsien dit nie en moet self oorleef alle kante toe is onkostes maar duur

Gemsbok ·

Dit is hoog tyd dat mense, veral Afrikaners, begin om huishulpe ‘n waardige loon betaal of andersins ophou om van huishulpe gebruik te maak.

Huishulpe wat hierdie minimum loon betaal word verder. Dit is nog erger wanneer hul die grootmaak van hul eie kinders moet afskeep om toilette te skrop.

Geen wonder dat talle huisrowe en plaasaanvalle verbind kan word met werkers minimumlone ontvang het. As hulle hulself nie wreek teen die vernedering nie, sal hul kinders dit doen.

Malema se haat teen witmense is ‘n goeie voorbeeld van watter invloed die vernedering op huishulpe se kinders het.

Gemsbok ·

*Huishulpe wat hierdie minimumloon betaal word, word verneder.

Piet ·

Gemsbok jy sit die pot totaal mis met jou skrywe. Die kommunistiese siening wat jy nou volg beklemtoon dat ‘n ongeskoolde werker en ‘n persoon wat studeer het, dieselfde moet ontvang. Wanneer ‘n mens, soos die EFF nou aanbeveel, ‘n sallaris van R5000.00 moet ontvang, sal jy dieselfde kry wat baie mense in die stad ontvang, wat werk as ambagsmanne, ontvangsdames, ens. Mense wat vir minder as dit werk, soos huishulpe, kan beslis nie slegs van dit leef nie, dit is juis waarom daar staatstoelaes is, soos gratis behuising, hospitale, skole ens. Die maatskaplike probleme in die land sal in n groot mate opgelos kon word wanneer ‘n klimaat geskep word wat nuwe besighede help vestig. Wanneer ‘n ekonomie sterker word sal mense kan kies om van werk te verander en elders meer te verdien. Om te sinspeel dat mense maar ander kan haat en doodmaak omdat hulle min verdien is so goed ek se hulle kan jou maar haat en doodmaak omdat jy ‘n mooi kar ry, en die ander moet loop. Ek dink dis belaglik.

Huishulp ·

Gemsbok – jy is seker een van daai wat net alles wil he vir niks en nie wil werk nie – ek het my kinders se grade betaal en hulle is nou top wat doen jy? Jy is seker van die as hy nie sy sin kry dan brand hy alles af. Plaasmoorde wys jou wat weet jy dis nie die werkers nie!!!. Dis mense soos jy wat dink boere het altyd geld en baie wapens. Ek werk al jare by baie goeie mense en baie van my vriendinne ook. Dis ons keuse!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! VIR WAT MOET DIT ALTYD OOR RAS GAAN

callie ·

Nog nooit n huishulp gehad in 30 jaar se getroude lewe. Kon dit nog nooit bekostig nie en my humeur sou dit nooit gehou het nie. Gemsbok, jy is sekerlik een van die met baie geld wat dalk baie meer betaal. Wat bygevoeg moet word is dat jy dit goedkeur as mense op plase aangeval word as n werker ontevrede is met sy loon. Ek is ontevrede oor jy so baie geld het, so kan ek jou nou kom aanval want ek voel vernederd oor jy meer geld as ek het . Ek werk daagliks met byna 180 werkers wat minder as dit kry maar waarvan baie nie verdien wat hy kry nie. Sal waarborg jy is net soos al die sogenaamde kenners wat iets oor arbeid geleer het maar nog nooit op grondvlak met die mense gewerk het nie. Indien almal hul kant bring sal die maatskappy meer geld maak wat groter tot verhogings sal bydra. Die wat hul kant bring word bevorder en kry baie meer. Die min loon gaan baie besighede sink en weereens jy het nog nooit met die mense gewerk nie. Binne 6 maande word die vogende verhoging “demand”. Deurdink alle feite en wees ingelig voor jy sulke dinge kwytraak. Wat jy doen is selfde as Malema, jy regverdig plaas moorde.

Ano ·

Gemsbok, jy is seker ‘n CEO van ‘n groot maatskappy? WEET jy wat gaan in die gewone lewe aan? Dink jy RERIG daar is “gewone” mense wat die tipe van salarisse kan bekostig? Op die stadium gee ons werk vir hulle met dit wat ons kan. Ten minste het hulle ‘n werkie. Met die salarisse wat op ons afgedwing word – jammer jong, dan kan ek nie eers die “werkie” bekostig nie. Sy/Hy is nou op hulle eie

foxi ·

Gemsbok……..jy is seker n baie Welaf persoon. Enige-iemand wat dit KAN bekostig sal daardie loon betaal In elk geval. Nie almal is met n goue lepel gebore om te gaan studeer en ook so om sy eie besigheid te begin nie. So die gewone man in die straat trek swaar om te oorleef. Meeste huiswerkers sal eerder min verdien as om niks te kry nie en hulle is tevrede daarmee.
So Gemsbok…….hoe hoog kan jy spring!

c-leroux ·

Doen jouself n guns gaan kyk hoe WITTES sukkel en nie werk kry nie , bring bewyse jou hiushulp en werkers sin ook KAN JY!!!!!!!!!!!!!!!!

Gemsbok ·

Daar is net een rede waarom ‘n gesonde man, vrou en kinders ‘n bediende gebruik: luiheid.

Interessant hoe verontwaardig mense reageer wanneer hul luilekker lewens deur politieke werklikheid getref word. As julle nie jul bediendes die minimumloon betaal nie, gaan julle tronk toe gaan. So besluit self wat vir jou belangriker is.

Eweneens as jy in ‘n besigheid sit wat daarvan afhanklik is om werkers minder as R3500 te betaal, dan gaan jou besigheid nie lank oorleef in die kompeterende wêreldmarkte nie. Belê in meganisasie en opleiding van jou oorblywende werkers sodat jou besigheid se produktiwiteit verhoog en jy jou werkers ‘n leef are loon kan betaal.

Indien jy dink om ‘n huishulp in diens te stel gelyk is aan opheffing of humanitêre hulp, dink weer. As sy nie daardeur verneder voel nie, sal haar kinders verneder voel. As jy werklik wil help, maak aan haar ‘n maandelikse skenking sonder dat sy jou toilette hoef te skrop.

Ek het sedert ek uit die skool is nog nooit ‘n bediende of huishulp gehad nie. Ek en my vrou versorg self ons huis en ons kinders, soos beskaafde mense dit in die res van die wêreld ook doen.

Piet ·

Nee my ou. Lyk my jy lewe onder n klip die laaste 21 jaar. Maar dis reg ek sal ophou werk dan gee jy vir my elke maand ‘n skenking.. Klink my jyt baie geld om rond te gooi

Ai tog Gemsbok ·

Altyd ‘n ou nat vaddoek, hoekom word dit toegelaat dat daar altyd een ou is wat negatiewe kommentaar NET op die Afrikaners lewer, dit terwyl hy NIE ‘n huishulp het nie? Dit is NIE net Afrikaners wat huishulpe het nie en die minimumloon is ook op besighede van toepassing, wat nie noodwendig deur AFRIKANERS bedryf word nie. Miskien moet die ‘AFRIKANERS’ maar almal hulle huishulpe (wat ongeskoold en ongeleerd is) laat gaan. As jy te suinig is om ‘n huishulp aan te stel, moenie vir ander vertel hoeveel hulle die mense moet betaal nie. Jy kan praat, as jy self jou huishulp die minimumloon en MEER (soos ons Afrikaners) betaal. Mens kan sien jy het nie ‘n huishulp nie, want hulle skrop laaaaaaaankal nie meer toilette nie, ons moet tot die buitekamer se toilet self skoonmaak, wat deur hulle gebruik word. My belasting is al die werklose leeglêers se maandelikse skenking en kinders wat by die miljoene aangebore word sonder ‘n heenkome.

Gemsbok ·

Ai tog

Die toppunt van suinigheid is om iemand nie die minimumloon te betaal nie.

Daarteenoor is dit spaarsamig om nie uitgawes aan te gaan wat jy nie kan bekostig nie.

Ai tog ·

Nee Gemsbok, my pa het daardie sogenaamde ‘spaarsamigheid’ altyd ing@t genoem. Mense wat dit kan bekostig maar te INHALIG is.

LP ·

Ek stem saam met Piet, Gemsbok, jy sit die pot heeltemal mis.!!!!! Uit ondervinding kan ek baie se maar sal maar nie my mond in die media hieroor uitspoel nie want dan is jy mos n rassis

Gemsbok ·

Verwys gerus na Maroelamedia se berig: “Huishulp vas na moord op ma.”

Volgens die berig: “Van Tonder, ‘n ma van twee, is op 12 Oktober wreed vermoor in ‘n veiligheidskompleks in Scealesweg in Lonehill in Johannesburg. Een van haar kinders was tuis ten tyde van die moord. Nandi Mayathula-Khoza, LUR van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling, het kort na die moord haar skok oor die voorval uitgespreek en gesê die departement het ingegryp om die kinders, onderskeidelik vyf en nege jaar oud, by te staan na die moord op hul ma deur die “ontevrede” huiswerker.”

Ten minste weet ek dat ek en my vrou nie ons kinders onnodig op risiko stel nie.

Francois ·

Dit sal vir my lekker wees om mense wat vir my werk dit te betaal. Ek kan dit ongelukkig net nie bekostig nie. Ek sal dit maklik betaal as die persoon R20/ uur werd is, maar meeste van hulle is nie. 2persone doen 1 persoon se werk en dan moet mens nog iemand aanstel om hulle op te pas soos kinders,sodat hul die werk reg moet doen en wel werk. Daar is geen organisasie wat vir werkgewer opstaan in die land. Die land gaan harder val as Zim want on het soveel meer om te verloor.

Gys ·

Los ras en kleur uit die gesprek uit. Dit gaan oor beskikbare finansiens om minimum lone te kan betaal. Nie alle besighede kan hulle produkte se pryse opsit om die munimum lone te kan bekostig nie. Dit het n ketting reaksie. Sit jy die pryse op dan betaal die verbruiker meer om lone te kan dek.Ook as jy nie die munimum loon kan bekostig nie dan moet jy werkers laat gaan en self meer begin doen. Die regering gaan werkloosheid nou bevorder en misdaad aanjaag.

Corné ·

Nie almal kan R3500 pm bekostig nie. As ek myne, wat al meer as 7 jaar by my werk meer as dit moet betaal het ek geen ander keuse as om haar te laat gaan nie.

Johan ·

Die persone wat so kla dat hul dit nie vir hul huishulp kan betaal nie!? Wil jy vir my se jy het n hulp nodig om 5 dae n week 4 weke n maand by jou tewerk? As sy na jou kinders kyk,skoonmaak,kosmaak en dit vir die hele maand dan verdien sy R3500minimum.

FM ·

As n mens kyk na die voordele wat plaasarbeiders kry bv: gratis behuising, gratis water, gratis energie bv vuurmaakhout, groceries ens op afbetaling, gratis vervoer dorp toe, geld leen sonder rente, vars verpakte gevriesde vleis teen plaasprys en gratis afvalle ens ens, dan kry hulle BAIE meer as die minimumloon. Boere gun hul werkers n beter lewe. Ek voorsien afleggings op plase as daar nie na boere geluister word nie. Dit sal tot gevolg het dat boere beurte sal maak om mekaar te help. Boere sal ook meer meganiseer wat afleggings sal veroorsaak.Ek noem maar net die knelpunte. Malema sal natuurlik weer populariteit soek en die wa wil omgooi. Hy haat mos nou die witmense en wil hulle nog nie uitroei nie, nie nou al nie. Malema is ons grootste probleem en wil van SA n Zimbabwe maak. Ek wobder of hy dalk orders van mugabe vat, want dit klink so eenders?!!Maar gee hom maar tou, want hy sal homself nog ophang. Viva boere wat vir hul plaaswerkers sorg!!!!!VIVA!!!!

Annatjie ·

Gemsbok dan moet die mense maar sonder werk sit. Ek haat nie my werkgewer omdat ek ‘n klein salaris verdien nie. Ek is maar te dankbaar om elke dag na ‘n werk toe te gaan. Ons bly op ‘n plaas ek ry daagliks 100km werk toe en terug. Uit my salaris en my man se pensioen (het op die myne gewerk) gee ons darem vir 3 mense werk en blyplek. Hulle kry nie R3500 in hulle sakke nie maar verdien ‘n salaris, kry kos en blyplek. So met die nuwe minimun loon sal ons twee moet laat gaan. Want weet jy krag is ook alweer op vir die jaar asook kos en brandstof. Ek moet ook oorleef. Dit sal ongelukkig my huishulp en een ekstra werker moet wees. Dan moet ek noem dat my huishulp alreeds vir haar eie twee asook twee kleinkinders sorg wie se ma oorlede is. Ek probeer help waar ek kan maar mens kan net soveel en nie meer nie. So sy gaan nou net oor die weg moet kom met die SASSA geld wat sy kry want ek kan haar nie meer bekostig nie. Maar dit is mos waarop jy neerkom. Moenie vir minder werk en darem iets op die tafel sit nie. Bly liewers sonder werk met niks op die tafel nie

LP ·

Annetjie en FM, ek is so bly om te sien daar is nog mense wat nugter kan dink.

Schalk ·

Ek het werklik simpatie met al die mense wat reeds ekonomies onder druk verkeer en nou onaangename besluite moet neem en mense sal moet laat gaan of verminder om die oorblywende mense volgens die wet te moet betaal . Die ekonomie druk elke mens se sak en die regering plaas druk op die salaris trekker en privaat besighede om hulle valse politieke beloftes gestand te doen.
Vanselfsprekend gaan mense eers hulle eie situasie moet heroorweeg want elke mens gaan eers sy eie belange beskerm.

FM ·

Gemsbok dis vir jou: Liewers n werk met n kleiner salaris as geen werk. EN los asb die Afrikaners uit, want lyk my jy pik op hulle. Lekker daggie.

Gemsbok ·

FM, dit is nie vir jou om te besluit of ‘n laer loon beter is nie. Jou keuse is eenvoudig: betaal die minimum loon of dank jou werker af of word beboet.

Anne ·

FM, ek dink nie dit gaan baat om met Gemsbok te probeer redeneer nie .

Landi Slatter ·

Dagsê Ronnie

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Hendrik ·

Die mense sal wel ‘n ander plan kan maak. Dit is mos die boere se behoud, maak ‘n plan.

Sharon ·

Ekt nie n probleem met min loon nie… waarmee ek wel n probleem het is die feit dat hulle dit deur die bank wil toepas. Platteland werk anders. My nanny word heen en weer gery … dus het sy geen transport uitgawes nie. Ek betaal self haar doktersbesoeke en medikasie.. …sy eet 2 etes elke dag..dit wat ons eet. Sy kry melk elke dag huistoe… sy mag oorskiet huistoe vat …ons voorsien haar van vars drinkwater 2x per week (375 l kan) geldgewys kan ons ook net soveel bekostig… niks raak goedkoper nie…. as ons al die dinge wegneem en betaal haar die voorgestelde loon…loop syself. … uit eie keuse. Ek dink ons werkloosheidsyfer gaan nou nog meer raak met hierdie stap.

Denise ·

Dit is nes jy daar se Hendrik!! N Boer maak n plan almal in die huis kan help ek het nog nooit n huishulp gehad in my 35 jaar van getroude lewe nie ek en my man doen alles self binne die huis en buite en als word gedoen!!!!!

skorra ·

Iemand het tred met die werklikheid verloor. In plaas van werkskepping, word realiteitsgedrewe werkloosheid bevorder.

m ·

Doen al my werk self in die huis. het geen begeerte om n huishulp aan te hou want hulle steel in elkgeval jou huis leeg en dan wil hulle nog etes ook he ……………………

Akram ·

Ek dink nou maar net. As ek nie die minimum loon kan betaal nie moet ek die huishulp laat gaan. Nou wat as sy besluit sy wil nie loop nie maar is bereid om aan te bly vir die salaris wat sy huidiglik verdien? As ek gekonfronteer word oor ek nie die minimum loon betaal nie, kan ek probleme kry? Dis mos haar besluit. Indien sy gelukkig is met dit wat sy nou kry teenoor niks wat sy gaan kry as ek haar dienste moet staak, kan ek verantwoordelik gehou word?

Moegviraldiebeloftes ·

Ek stel voor jy kontak jou naaste dept van arbeid en vra hulle wat jou te doen staan – of regsmense kan raad gee.

Gemsbok ·

As jy die wet oortree dan word jy vervolg. Green kontrak kan strydig met die bepalings van ‘n wet aangegaan word nie. Sulke kontrakte is outomaties nietig. As jy nie die minimumloon kan betaal nie, moet jy jou werkers se diens beïndig en ‘n diensbeïndigingsbetaling doen volgens hul kontrak of die wet. As jy bekommerd is oor jou voormalige werkers se welsyn kan jy ‘n skenking aan hulle maak, maar hulle mag nie in ruil daarvoor werk as dit minder as die minimumloon is nie.

Lynni ·

Mense wat hier so lekker kla oor die minimum loon kry natuurlik almal lekker salarisse en gebruik huishulpe. Betaal die mense wat hul toekom. Of doen jou eie werk. Ek ry elke dag met trein werk toe en kom huis toe en doen my eie huiswerk en kook en versorg kinders en troeteldiere. Genade mense, julle kan nie jul brood aan albei kante gebotter hê nie. R3 500 is nog te min. Probeer julle daarmee oorleef!

Lynni ·

Mense, mense sny daai DStv af. Of neem goedkoper pakket uit. Eet minder uit. Koop minder luukshede. Problem solve.

Gemsbok ·

En maak self jou eie huis skoon. Belê die geld wat jy spaar en verdien rente of dividende daarop.

Karen van Zyl ·

Gemsbok moedig nog meer werkloosheid aan dit is nou een van vele neigings wat ek hier raaksien.

Gemsbok ·

Werk onder die minimumloon is nie werk nie. Dit is slawerny.

snoefie ·

jy is wit Wilma. hulle sou graag wou sien dat jy elke maand betaal om te kan werk. gaan in spar, checkers, Pnp, game, cna, Edgars ens en tel hoeveel nie-swartes tokkel n til? dis so verteenwoordigend van die reenboognasie, nie waar nie. wanneer daar vakansiewerk uitgedeel word, skitter die ligter gesigte ook in hulle afwesigheid. wanneer blaas het jy n ligter gesig of dan hands sien petrol pomp?

Tanya Crouse ·

Almal moet realisties wees. Van die werkers verdien die verhoging maar ander is lyfwegstekers en verdien nie die verhoging nie. Daar moet ook gedink word aan kan die werkgewer dit bekostig. As jy ‘n huishulp het en nie die verhoging kan bekostig nie, haal jou hande uit jou sakke en begin self die skoonmaak, was en stryk, ens. doen. Moet nie gemaksugtig wees nie. Baie van ons is bederf in hierdie land. Dit het ook baie te doen met die kaders (EFF en kie) wat meer “demand”. Dit beteken die gewone man op die straat kan dit nie bekostig nie, wat tot gevolg het dat die onwettige immigrante wat bereid is om vir minder te werk in diens geneem word. Dit het ‘n bose kringloop tot gevolg.

FM ·

Mooi Lynni!!!!. Dink jy nou die mense sal kla as hulle huiswerkers KAN bekostig. Daar IS mense wat swaar trek en hulle huishulpe nie kan bekostig nie. So dan moet hulle maar gaan. Ek stem hiervoor. Dan sal jy sien hoe styg werkloosheid. Is dit wat jy wil hê.

damon ·

ek sou dit verstaan as daardie minimum loon deur die wit nasionale party of die ryk groot geldmag beheerde DA uitgewerk is, MAAR dit is nie. Dis deur die ANC uitgewerk; die ANC wie se lede en leiers die rasgenote is van seker 99% van die werkers wat moet werk vir daardie minimum loon. Dis n skande dat swart mense hulle eie mense so sleg behandel.

NIEN ·

Ek sou graag ons bediende die minimum loon betaal, maar dan verdien ons amper dieselfde. Op die platteland is die salarisse baie kleiner as in die stad. Ek sou moes kies tussen ‘n sentrum vir gestremdes aangesien Ousus gestremd is en op 34 soos ‘n 8 jarige voorkom. Die sentrums vra bowendien die pensioen ‘n ekstra bedrag, dus as ek my bediende moet laat gaan, en nie lui wees nie, gaan ek moet ophou werk om alle onkostes te kan betaal. Nee dankie, my bediende kry huidiglik meer as die minimum loon, sy is soos ‘n MA vir ons dogter terwyl ons werk en sy leef heel lekker :)

Verseker ·

Liewe Gemsbok. Grootpraat
Jybedryf seker ‘n plaas wat vir baie mense kos voorsien en doen àl die werk self? Nee wees nou maar realisties. Werkers wat vir almal werk gaan hul werk verloor want met my salaris gaan ek nie ‘n stukwerker kan bekostig wanneer my beroepswerk druk nie. Ek ken ‘n jongmens met ‘n meestersgraad wat vir R6000/maand werk. Dit is die realiteit in SA my maat.

Gemsbok ·

Australië is een van die grootste uitvoerders van kos, van groente, koring en rys tot skaapvleis en beesvleis. Niue-Seeland is die grootste uitvoerder van melk. In beide lande is die minimumloon nader aan R1500 per dag. Tog is hierdie boerderye internasionaal kompeterend sonder dat hulle werkers minder as dit betaal.

Die ou met die Meestersgraad verdien reeds dubbel die minimumloon en hopelik is hy/sy fluks genoeg om nie ‘n bediende te betaal nie.

Gemsbok praat TJOL ·

Gemsbok is die grootste twakprater en ontlok net reaksie uit die Afrikaners, ignoreer asb. Toe ek eers sien waarop hy sy statistieke baseer en wat se ‘feite’ hy hier kom neerlê toe besef ek dit is ‘n tjolprater .. Nou word die rand met die dollar ook nog vergelyk? Oh my word nee, los maar Gemsbok, geniet jou aftrede.

charlene ·

Kyk ek is baie dankbaar oor die loon verhooging, my man werk sy agter kant af, hy werk soos `n slaaf word damm sleg behandel en kry wat??? R 3200.00 PER MAAND voor aftrekkings – en hulle trek nie uif of Sars af nie, hulle trek af soos wat hulle wil vir ander se foute. Wens mens kon hulle aanvat maar dan sit wit man sonder werk en dan….. Wat wil van die mense hier bo hulle werkers betaal???? As jy nie `n huis-hulp kan beskostig nie maak dan self skoon! Dis omdat mense met geld ander uitbyt, neer kyk op ander en dink hulle verdien nie ook om te lewe nie! Party mense is daai geld plus nog meer werd wat meer as bereid is om te werk

hans ·

Wats fout met self huiswerkies doen.Wiese hande is rond en moet nou nie die en daai as verskoning gebruik nie asb.Doen dit self en spaar 3500.

AI TOG ·

Ai ek wil ook vanoggend iets se, almal wat so kla oor ons wat huishulp in diens het, en ons moet ons werk eerder self doen of ons moet maar die R3500 betaal. As ons almal ons werk self doen hoeveel meer mense gaan werkloos wees, ek kan nie R3500.00 betaal nie want dit is my hele salaris maar met die bietjie wat ek kry, gee ek darm 1persoon werk en ek sit elke aand brood op haar tafel sodat sy ook vir haar kinders kan sorg. So julle wat julle werk self doen wat doen jy om vir iemand kos op sy tafel te sit.

Ben Prinsloo ·

Gemsbok jy en jou pro geldmagnate, dit is as gevolg van hierdie tipe denkwyse van julle waar ons sit vandag. Kry nou maar die arme agtergeblewe gemeenskappe jammer, maak soos adriaan vlok en ry kos en geld agter hulle aan. Moet asb ook nie n skuilnaam gebruik nie die opregte witman wil darem sien wie sy vyand is.

FM ·

Ben jy vat die woorde so uit my mond. Iemand kry pak, maar wil nie hoor nie. Seker vervelig op verlof!!!!

Gemsbok ·

Ano, om iemand minder as minimumloon te betaal om jou toilette te skrop is ‘n helse vernedering vir daardie persoon maak nie saak hoe jy daarna kyk nie. Dit is eenvoudig verkeerd.

My punt oor skenkings is dat dit beter is om mense met skenkings te help as jy werklik besorg is oor hulle as om die wet te oortree. Niemand word gedwing om skenkings te maak nie.

Ek het nie ‘n huishulp nie en ek voel nie skuldig daaroor nie. En ek help wel behoeftige mense sonder om hul te verneder.

Gilla ·

Ek het geleer dat geen werk ‘n vernedering is nie, maar ‘n trots. Ek het al vleispakkes in OK gepak agter, vir ‘n skrale R60 per week. Ek haat die reuk van rou vleis, ek haat dit om met rou vleis te werk. Die kalf was in die put. Ek sien myself as geseend om gesond genoeg te kan wees om ‘n inkomste te verdien, al is dit hoe karig. Maar ek kon met trots my R60 aanwend om brood en konfyt te koop vir die week wat voorle. Ek sal al Loftus se toilette gaan skrop met trots as dit kos op die tafel sit. Want ek is geseend om te kan werk.

Whaha Gemsbok ·

Nee Gemsbok, dis mense soos jy wat te suinig is om ‘n huishulp aan te hou en vir niemand iets gee nie, ook nie skenkings nie, tensy dit krummels is wat van jou tafel afval. Ek ken baie sulke mense, as jy te suinig is om ‘n huishulp aan te stel om jou vrou met die huiswerk te help sodat sy haar eerder afsloof is jy ook te suinig om iets aan ander te skenk, of seker maar ‘n ou grys kombersie of ietsie wat julle nie meer gebruik nie ‘aanpass’ om jou gewete te stil.

Karen van Zyl ·

Die minimum loon is nie slegs net vir huishulpe opgestel nie!

Kobus ·

Hoekom moet Sondag gebruik word om die aankondiging te doen??
Daar is 6 ander dae! “Die kalf was nie in die put nie”
Swak eerbied.

Ben Prinsloo ·

Gemsbok ek is seker jou optrede word deur sommige persone waardeer. Maar moet nie onder n skuilnaam werk nie want dit wil dan voorkom asof jy dinge doen en uitsprake lewer waarmee jy nie gemaklik is nie.

Nita ·

Ek dink die meeste mense wat die “doen-julle-eie-werk,” voorstelle maak, is mans. Dis beslis nie vrouens wat 4:30 uur moet opstaan om haarself en kinders gereed te kry vir skool, kleuterskool en creche en betyds af te laai nie. Dan worstel sy n uur(as sy gelukkig is) deur verkeer werk toe. Vanaand 6uur kom sy en die kinders die huis in. Nou gaan die vrolike mammie gou huis skoonmaak, wasgoed was, kos kook em tussendeur kinders help met tuiswerk. So 11 uur die aand spring sy vol energie in die bed in. Voor sy nog behoorlik haar oe kon toemaak, is dit al weer 4:30. Ek bejammer n ieder en n elk wat nou nie hierdie R3500 per maand kan bekostig nie en die duisende mense wat graag eerder in die werk sou wou staan, teen n kleiner salaris, as wat hulle sonder werk is. Om te arbei is adel, al is toilette skrop n deel van jou daaglikse taak. Mense wat nou die “gehate” laag besoldigde werk moet doen, moet nou sorg dat hulle net EEN kind het sodat hulle vir hom of haar n beter toekoms kan skep. Al sal universiteits opleiding gratis wees, sal n ouer steeds beter vaar om een student te voed en klee as om dit vir ses kinders te doen. Groot gesinne en armoede loop hand aan hand. Dan sal n minimum loon van R6000 per maand nie eers n verskil maak nie.

Gemsbok ·

Dit is ongelukkig so dat mans nie genoeg verantwoordelikheid vir die huistake neem nie. Dit skep ‘n slegte voorbeeld vir hul kinders. Almal moet hul deel doen.

HES ·

Bevorder ons nou weerneens werkloosheid, terwyl daar planne gemaak word vir werkskepping……..
Mense gaan hulle min steur aan die minimum loon storie, dieselfde ou storie wat al holrug gery is of dit of niks , dis jou keuse. ….

CAV ·

Gemsbok. Dit het niks met luiheid te doen nie. Ek is al voor 07h00 in die oggende by die werk. Ek kom eers tussen 18h00 en 19h00 saans by die huis. Met twee kinders op skool, waar ek dan moet bystaan met hulle leerwerk, en dan nog os maak ens. . Ek het n huishulp 2 keer per week. Maar as jy kyk na my ure – dan dink ek nie jy kan na my verwys as lui nie.

Gemsbok ·

Almal moet hul deel in ‘n huishouding doen. As jy ‘n huishulp wil gebruik dan moet jy minimumloon betaal en nie daaroor kla nie want jy veroorloof jouself steeds ‘n diens wat nie in lande met minder ongelykheid beskikbaar is nie.

JR ·

So wat van dievolgende:
Huishulp het haar eie kamer, krag en water, 3 etes per dag. (Verniet) Kan mens redeneer dat sy die minimum loon betaal word en dan word die bogenoemde ekstras afgetrek ? Nou sit sy met NOG minder as voor die loon verhoging.

Gemsbok ·

Die wet stel hoeveel geld afgetrek mag word. Jy mag byvoorbeeld nie meer as 10% van die salaris aftrek vir verblyf nie.

Dommie ·

Half kommerwekkend hoe sommiges hier reddeneer.
Ek verstaan glad nie die storie van sommiges verdien nie soveel of werk nie hard of goed genoeg nie.
As iemand nie sy werk goed doen nie of sit en niks doen. Dan fire jy hom/haar en kry iemand wat wel die werk kan doen. Jy kan nie op jou eie besluit iemand se werk is minder as minimumloon werd.
Ek sal raai dat amper almal wat nou kla dat hulle n ander mens maar n skamele R150 per dag gaan moet betaal, ook Sondag daar voor in die kerk sit en naaste liefde prys.
Ek sal ook geld verwed dat die wat so kla en ook so in die kerk sit, se huishulpe en tuinwerkers, aparte bekers en borde het waaruit hulle moet eet, en ook die buitetoilet moet gebruik.
En dan wonder hulle nog hoekom word hulle gehaat, maar daagliks behandel hulle ander mense soos diere of minderwaardig.

marie visser ·

Ai mense, dit klink soos oorlog onder julle – bedaar. Dit is die regering se manier om hulself voor te berei vir die volgende verkiesing. Die regering maak seker dat hul vroeg-vroeg die kiesers na die ANC se kant toe laat draai. Geseënde dag mense!

HBK ·

Ek vrees die groter prentjie meer as die minimum loon. Die lewe, hier en elders is vinnig besig om te verander in ‘n “nanny state” waar die regering vir almal besluit wat, wanneer en hoeveel om te doen.

janneman ·

Sonder om net te kruisig, lees Gemsbok se aanmerkings mooi. In SA word die bepalings van die wet op jou afgedwing, of jy nou in goedertrou of met deernis na iemand finansieel omsien buite die bepalings van die wet. Niemand het al die skenkings en hulp raakgesien toe n kind onlangs alleen by n tafel gesit het nie, ook nie omstandighede in ag geneem nie, die eienaar van die skooltjie is summier voor stok gekry oor rassisme en almal wat die skooltjie gebruik het is uiteindelik daardeur gestraf. So gaan jou groothartigheid ook voor stok gekry word as daar uitgevind word jy betaal minder as die minimum loon……as jy agterstewe wil uitsteek vir pak slae, dan moet jy nie kla as jy nie oorgesien word nie….

Dommie ·

Laat my dink aan Jacaranda se kinder karstoeltjie skenking die ander dag. Was vir ky vreeslik snaaks hoe baie mense kan n kar, sy onderhoud, sy petrol en versekering bekostig, maar kan nie n karstoeltjie van n paar honderd rand bekostig.
Huishulpe en tuinwerkers, is luxuries. Oor die wereld is dit net die rykes wat dit kan bekostig, en daardie lande het ook werkloosheid. So as jy dit nie kan bekostig nie, moenie een kry nie doen dit self.

En voor iemand nou weer kom kla. Sommige mense het hard gewerk op skool, terwyl die ander besig was met boyfriends en girlfriends. Of meer geworry het oor hulle sportprestasies. Jy was lekker gemaklik op skool en naskool, terwyl ander minder sosiaal verkeer het en meer geswot het. Dalk harder gewerk het en vandag nog dalk harder werk. So moenie nou kla as sommiges die luxuries kan bekostig en ander nie. Dan klink jy net soos die wat jy aanval, wat net wil he. Jy begin jou potjie krap al op skool

Theresa ·

Ek sien dat Gemsbok en sy vrou hul eie werk tuis doen en self die kinders versorg het.
Dus net ‘n siening oor die minimum loon – nes almal mag menings gee.
Persoonlik sal en sou ek nie iemand aanstel om my kind op te pas nie. Sal eerder met minder (vir ‘n ruk) klaarkom. Sien te veel kindertjies saam met groep mense (wat nie optree soos hul ouers nie??) in strate en winkelsentrumparkeerareas staan met oppasser. Dalk is dit wat die ouers wil hê; dalk maak dit nie saak nie. Maar, my hare rys as ek dit sien.
‘n Oppasser hoort in jou erf en in jou woning met jou kind. Nou die dag weer gesien hoe loop oppasser in straat af met 2 kêrels – besig om sokkerbal in straat te skop en kleintjie in stootwa IN STRAAT – nou ja, dis waarvoor daardie ma/pa betaal.
Met erkenning aan die handvol wat wel fantastiese werk lewer. Maar betaling kan maar met meriete geskied. Kry ‘n nannycam vir oral in jou huis om hulp se loon te bevestig. En WEET ten alle tye waar jou kindjie hom/haar daagliks bevind.

Sarie ·

Ai ai ai – watse klomp twak is die nie. Ons hoor net betaal betaal betaal,maar die vraag is werk hulle ooit daarvoor. Ek weier om haar die minimum loon te betaal. Ek maak net van ‘n werker se dienste gebruik om te stryk. Ek sien hier gaan ons werkloos syfer weer die hoogte inskiet. Daar is instansies wat skoonmakers verhuur en daar is ook “Wishy Washy” mense wat klere kan stryk. So as my werker nie wil werk vir wat ek haar betaal nie, kan sy maar die pad vat. Myne werk in elk geval te min ure om te kwalifiseer vir die minimum vereistes.

Theresa ·

Dis nie nodig om haat en vieslike misdaad voor die deur van minimum lone te lê nie. Ten spyte van der miljoene mense wat ander miljoene in diens kan neem, was die minderheid nog altyd bereid om werk te verskaf. Daar is min mense wat kla oor die R150 per dag of wat ookal. Wees eerlik en kyk na statistiek wie gee wie die meeste huis- en tuinwerk, voordat mense sommer net moord en doodslag en oeroue haat voor die deur van ‘n modern minimumloon lê.
In elk geval moor mens nie omdat jy voel jou salaris is te min nie. Liewe aarde – daar sal soveel moord gepleeg word, dat g’n polisiemag/speurdiens wêreldwyd dit sal kan beheer nie.
Geld is nog altyd, orals, ‘n issue. Dié wat nie het nie, wil ook hê. Die wat min het, wil meer hê. Dié wat baie het, wil ook nog altyd meer hê. Dus nimmereindigend.

Piet ·

Gemsbok, dit is ongelukkig weer so dat maroela jou standpunt seker ondersteun, want ek sien hulle publiseer alles wat jy se. Die verlede het egter al bewys dat die media (en ook die meerderheid) nie altyd reg is nie. As jy dan nie ‘n huishulp het nie, dink jy jy dra by om armoede te verlig? Ek meen maak jy n groter bydrae as die ou wat 40 mense werk gee, behuising en kos gee, maar hulle effens minder as die minimum loon betaal? Terloop dis nie ek nie – my bediende sal ek teen haar wil moet laat loop wanneer ek dit nie meer kan bekostig nie. Ek sal haar se sy moet by jou kom aanklop vir finansiele hulp.

Bosveldnooi ·

Ek is bekommerd oor gestremdes en pensionarisse wat afhanklik is van iemand vir hulp. Hulle karige toelaes of pensioene gaan sekerlik nie verhoog word om hiervoor voorsiening te maak nie…?

CK ·

Nou wonder ek – ons bly op ‘n klein dorpie en van die besighede betaal selfs die werkers nie eers behoorlik R2000 per maand nie, geld die nuwe minimumloon dan vir hulle ook?

Geert ·

Ek bly in ‘n Afrika staat in Suidelike Afrika. Die minimum loon hier is R300 per maand. Armoede hier is vreeslik erg en hier is byna geen vet mense nie (behalwe die staatsamptenare)! Baie winkeliers (meestal uit Suid-Asie) betaal nog minder. Self het ek ‘n goeie kombuisman en tuinman wat R1000 elk per maand kry. Ek gee ekstras soos meel, vleis ens en betaal vir huisvesting (dit kos hulle R100-R150 per maand). Die twee knape is baie tevrede dat hulle so baie verdien! Jy sien, alles is relatief. R3500 ‘n maand of R5000 soos die EFF voorstel is dalk baie vir sommige mense, maar vir ander te min. Hoekom nie eerder die minimum loon R10000 maak nie en nog meer mense hul werk laat verloor nie? Miskien gaan nog ‘n miljoen Zimbabwiers die “leemte” vul en onwettig in SA kom werk, terwyl die vet SA werkers by die huis sit en betoog oor “witheid” en “onregverdigheid”..

Schalk ·

En ons almal gee ons opinie maar die staat gaan net aan met hulle ondeer denkde wette. Hulle beloftes en stories word geglo deur mense wat net die R teken sien voor die syfers. En die belasting betaler sal weer moet die tekorte opdok. Grootgrap want die groep wat betaal word net al minder en minder en al donkerder. Wonder of daar nog gelag sal word as die gans met goue eiers nie meer in die nes is nie

kat ·

Gemsbok ek glo nie jy weet wat dit aan arm mense doen nie al wat nou gaan gebeur die werkers gaan sonder werk sit en dis deur sulke lawe aanamens soos joune wat my en ander laat dink julle in anc is nie geskik of opgelie om die land te bestuur nie dis tyd dat Vusy die kans moet kry om land te regeer en dood straf terug kom dan sal die land weer reg kom

Mindset ·

Persoonlik dink ek dat baie blankes tans met geen inkomste sit nie, en wat sou wou gee om R150 per dag te verdien. Hulle moet nou net hulle mindsets verander, en ons moet ons s’n verander, en vir die mense werk gee. Die ‘oorsese’ mense wat so spog dat hulle nie werkers het nie, daar is BAIE mense oorsee wat van immigrante gebruik maak om in hulle huise te werk, veral Britte en Kanadese, hulle moenie vir hulle so ‘upstairs’ en fluks probeer hou nie. R150 is steeds bo die minimumloon en dan help jy mense wat ook swaarkry. Swaarkry het ongelukkig nie ‘n kleur nie maar tans hou die huishulpe die werkgewers gevange met minimumlone, bonusse, geskenke, kinders se studiefooie, vervoergelde, vroeg loop, siekverlof, verlof ens. Ek dink sommige huishulpe is fantasties, maar baie doen ook maar net genoeg om nie afgedank te word nie, is 13:00 al lankal tuis veral as die werkgewers nie by die huis is nie.

Entrepreneur ·

Onthou, hierdie skep geleenthede om produktiwiteit te verhoog. Ja, mense sal minder van huishulpe gebruik maak, en huishulpe gaan minder werk he. Dis so, en dis jammer, want dit gaan misdaad verhoog. Dit beteken sekuriteitsmaatskappy gaan meer geld maak. Nou ja dis alles onproduktief. Die groter probleem is opleiding in ander skaars vaardighede! Saam met die minimum loon behoort daar bele te word in ambagskole en tegniese skole. Anders gaan die probleem maar net aanhou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.