Gemengde reaksie op dagga-uitspraak

Die gebou van die Nasionale Vergadering op die perseel van die parlement in Kaapstad. Foto: www.parliament.gov.za

Die konstitusionele hof se uitspraak dat ʼn persoon in die privaatheid van sy of haar huis dagga mag kweek, besit en gebruik is met gemengde reaksie ontvang.

Die parlement het in ʼn verklaring gesê hy neem kennis van die uitspraak en die 24 maande tydperk waarbinne daar van die nasionale wetgewer verwag word om grondwetlike gebreke in die Wet op Dwelms en Dwelmhandel en die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe reg te stel.

“Dit kan behels dat die parlement ʼn nuwe wetsontwerp indien. Alternatiewelik kan die uitvoerende gesag, wat ʼn party was by die litigasie, ʼn nuwe wetsontwerp indien om die hofbevel te bewerkstellig,” het die parlement gesê.

“Die parlement is in besit van die uitspraak en die relevante strukture in die parlement sal ʼn besluit neem oor hoe om gevolg aan die uitspraak te gee. Die publiek sal die geleentheid hê om voorleggings te doen tydens die proses, soos wat deur die Grondwet vereis word.”

Verskeie organisasies het intussen uiteenlopend op die uitspraak gereageer. Die Sinvolle-krisissentrum het gesê hy is platgeslaan deur die uitspraak. Colleen Strauss, uitvoerende hoof van die sentrum, het gesê dit is ʼn feit dat die gebruik van een dwelm lei tot die gebruik van ʼn ernstiger dwelm.

Volgens Strauss word ander dwelms ook soms by dagga ingemeng. “Wat gaan nou gebeur? Mag ouers dagga rook in hul huise in die teenwoordigheid van hul minderjarige kinders?”

Julius Malema, leier van die EFF, het ook op die hofuitspraak gereageer deur te sê “wit monopolie kapitaal” is swart mense se gemeenskaplike vyand. “Ons soek die grond en sy dagga,” het hy gesê.

Eerw. Kenneth Meshoe

Die ACDP het die parlement intussen versoek om ʼn dringende debat te hou na aanleiding van die hofuitspraak. “Die ACDP en die meerderheid Suid-Afrikaners wil nie hê dagga moet gedekriminaliseer word nie weens die hoeveelheid jong mense wat aan dwelms verslaaf is,” het eerwaarde Kenneth Meshoe, leier van die ACDP, gesê.

“Daar is dokters wat sê dit [dagga] tas mense se verstandelike vermoëns aan. Die gevare van dwelms soos Nyaope, waarvan dagga die hoofbestanddeel is, het huise vernietig. Ons het oor die jare stories gehoor van kinders wat al hul ouers se besittings gesteel het om hul verslawing vol te hou.”

ALCO-Safe, ʼn groep maatskappye waarvan die ondernemings gerig is op verskeie aspekte van dwelmtoetsing en ander forensiese toetsing, het gesê regulasies en grense moet ingestel word voordat dagga gewettig kan word.

Volgens die organisasie is daar steeds vrae en kwessies om byvoorbeeld gebruikers en nie-gebruikers se veiligheid op die pad te verseker.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Nog ‘n verval van ons land, waar gaan ons sedes heen. Hulle kan mos nou maar moord pleeg en met die verskoning dat hy dagga ge rook het en nie geweet wat hy doen nie. Siek verby.

Adam ·

Daardie verskoning dra nie gewig in die hof nie. Dagga kan wel help om die ANC en die EFF se manewales makliker te “verteer”. Bid jou aan, sigaretrook word letterlik orals verbied in terme van beoogde wetgewing, maar dagga word gewettig. Verstommende logika!!!

Susanna ·

Ek sukkel al vir meer as 15 jaar met migraine. Ek het oor die jare so baie pille gedrink vir hoofpyn, morphine werk nie eers meer nie. Agv al die pille was ek ‘n jaar terug opgeneem met ‘n bloeiende maagseer. Mag nooit weer anti-inflamatoriese pille naby my lippe bring nie. Ek wou dood van die pyn op my maag. Ek kon nie reguit dink nie. Mense, ek het 2 keer dagga olie gebruik. En die pyn is nou al vir 6 maande weg. Ek sal dit enige tyd aanbeveel. Die pharmaceutical maatskappye maak triljoene, maar dagga is nou die euwel. Dink asseblief twee keer voor julle oordeel en nie self in daai boot was nie.

Eugene ·

Susanna ek is met jou.
Ek het net so gely daaronder. ‘n joint later en wat 4 ure se kopverskeurende pyn was is nou niks meer as ‘n ligte hoofpyn nie
Sal nooit weer ‘n pil drink daarvoor nie

Paul ·

Paul Kruger het gesê, “Neem uit die verlede alles wat goed en edel is, en bou daarop die toekoms”.

Die ANC regering sê, “Breek uit die verlede alles wat goed en edel is af, en bou daarop die toekoms”.

Ons het ‘n Geknelde land, ‘n Offerland, ‘n Gelofteland en Bedoelde land in ‘n Dagga land verander.

Dan sien ek in berigte elders hulle sê die weg is nou oopgemaak vir ‘n mulitmiljoendollar industrie.

Wessel ·

‘n Miljoendollar industrie? Wel miskien is dit al wat die werkloosheid in die land oplos … daggaplase.

Die Verlore Skaap ·

Jys reg Oom Paul !
Ons is nou die Dagga Republic.
Dit is heeltoevallig ook die ANC se kleure !
Eish

Johann Fourie ·

My vriend hierdie land is God’s verlate, nog nooit het ek die duisternis die lig gesien oorheers soos in die land nie. God’s verlate sê ek vir jou

BlaarMan ·

Dit het niks met sedes uit te maak nie. Daar is niks inherent sedeloos aan dagga gebruik nie. Grootmense kan vir hulleself besluit wat hulle met hulle liggame en lewens wil maak.

As iemand wat self konserwatief is, vind ek dit erg aanmatigend wanneer ander mense hulle lewensuitkyk op my wil afdwing – HULLE siening wat reg en verkeerd is.

Meneer en Mevrou, jy het geen reg om jouself god oor my te hou nie, baie dankie.

En laastens, diegene wat met die “maar die kinders” argumente na vore kom. Wil julle nou alles wat moontlik skadelik vir kinders is nou onwettig maak vir almal? Insluitende diegene wat dit as medisyne of as verligting wil gebruik vir ernstige toestande en siekte soos kanker en Parkinson’s?

Gaan vlieg, huigelaars!

Sak ·

Ek moet saam stem. Ook moeg daarvan dat ons gedwing word om in te pas by wereldse reels en normes wat deur nietige mense ingestel word.

Antiestabliesment ·

@Blaarman

Ek wou myself ook hier uitspreek oor die huigelary maar nouja, daar doen jy dit. Mooi so.

Mense wat praat oor wat hulle nie van weet nie jaag my die harnas in.
Mense wat hul lewensuitkyk om my wil afdwing laat my bloed kook.

IK ·

Ai ou Juljas, sleep jy wéér die wittes in met jou dagga-storie. Tipies van jou.

Wim ·

Die woord ‘aaptwak’ is seker nog nie rasisties verklaar nie?

Johann ·

Wie en wat gaan die ANC NOG onder sy populustiese uitsprake vir stemme nader skraap? TOTALE MORELE VERVAL!!!!!!

BlaarMan ·

Nee Johann

Die ANC is gemors, maar die wettiging van dagga is nie gelykstaande aan morele verval nie.

Jy is nie ‘n ander man se heerser nie. Jy kan nie namens ander volwasse mense besluit wat hulle met hulle eie lewens maak nie.

Niks gee vir jou daai reg nie.

Johann cb ·

Sal nie verbaas wees as JM sélf so bietjie die kat in die donker knyp nie!
Eish, hier steek ‘n lelike ding sy kop uit!

420 ·

Man made booze GOD made grass who do you trust??? …..
Is there one overdose case of weed
Is there concrete evidence of any health damage
No!
Actually it cures so many things

Wynand Swart ·

Weet die wat dit goedkeur die newe efekte van Dagga nee.Dit is erg verslawend gaan ook oor in depresie en selfmoord.Die land het so verval en nou nog erger.

anoniem ·

Wynand
Ek kan nie saam stem nie. Ek is’n gereelde roker. Ek rook elke dag na werk. Daar is twee of drie weke periodes wat verby gaan sonder dat ek rook en dat ek enigsins ‘cravings’ kry daarvoor. Deur die dag by die werk ook glad nie, dit het nog nooit eers gebeur wat ek by die werk sit en dink ‘vrek maar ek is nou lus vir dagga nie’. Nog nooit gebeur nie.
Ek doen dit al vir 5 jaar en ek het nog nooit depressief gevoel of selfmoord neigings gehad nie.

DIT IS ALLES WAT JY AS INDIVIDUE DAARVAN MAAK.

Ek is vir dagga en ek wil sovêr gaan om te sê dat hulle dit selfs moet wettig maak om handel te dryf daarmee, dit gaan dit meer gereguleerd maak en sodoende kan ons ekonomie ook voordeel daaruit trek.

Wakkerakker ·

Dagga is glad nie verslawend nie. Ek was n daaglikse gebruiker en het sonder enige drange op gehou. Dagga het my juis met erge depressie gehelp en help my vandag nog met stress.

Daar is n groter gevaar in ondkunde as in dagga.

he-he-he ·

As ek nou vir my loop dagga saad loop koop by Builders Warehouse is dit handel dryf in dwelms waarmee hulle besig is?

Ek rook nie maar so ou teetjie sal seker lekker afgaan.

Ek spot sommer maar sekerlik is drank nie veel beter nie.

Bulletjie ·

Jou feite is op indoktrinasie gebaseer. Ek kan vir jou met oortuiging sê dat alkohol wat al vir eeue sosiaal aanvaarbaar is baie meer skade in ons mensdom veroorsaak het.

Anneli ·

Mense, ons is baie jare , meer as 80jaar in der waarheid, aangepraat oor die gevare van dagga. Dit is ook heeltemal tereg so. Die rook van dagga het geen medisinale gebruik nie en ek is ook nie ten gunste daarvan nie,
Maar…… medisinale dagga olie het wonderlike genesende eienskappe. Daar is ‘n dokumenter genaamd “ The sacret Plant”. Dit jan op die internet gekyk word. Daar is soveel inligting insake die behandeling van kanker, auto immune siektes, kroniese pyn,epilepsie ens.
Farmaseutiese maatskappye het vir omtent 80 jaar ons erg negatief beinvloed insake die mediese voordele van dagga- want dit is in direkte kompetisie met morfien. Maar , dagga is soveel veiliger as morfien .
Selfs in Engeland is toegegee dat dagga olie beskikbaar moet wees vir die behandeling van kinders met onbeheerbare epilepsie.
Ons praat nie hier van toordokters of dagga dwelmslawe nie.
Lees bietjie meer oor die waarde van medisinale dagga- dis fantasties interessant.
Dagga olie, druppels , heelplant dagga in ‘n smoothie het geen “ trip” effek nie- net wonderlike natuurlike genesende effek vir n verskeidenheid van siekte toestande.

lewies ·

Nee blaarMan: Ons is ons broers en susters se hoeder soos ek hulle die reg gee om my hoeder te wees. “verantwoordelikheid”

BlaarMan ·

Swak retoriese verskoning vir magsbehepte sikofante wat dink hulle kan aan almal voorsê hoe hulle moet lewe.

Wilma ·

Miskien is die dagga wettigi ng goeie ding. Dalk raak die burgers in SA soma vinnig baie minder. Verassing moet dalk gewettig word want plek vi begraafplase sal daar ni meer wees. Die kommunis se besluit.

BlaarMan ·

Landi

Jy is jou opinie geregtig… maar dalk voordat jy my kritiese denkvermoëns probeer in twyfel trek, sou dit ‘n goeie idee wees om jou eie swak argumenteringsvermoë in ag te neem.

Die Verlore Skaap ·

Jys reg Oom Paul !
Ons is nou die Dagga Republic.
Dit is heeltoevallig ook die ANC se kleure !
Eish

anton ·

Ja nee, mens kan al klaar sien wie is lank reeds op die dagga kar!!!
Lees net party se kommentaar.

Skerpioen ·

En God het die water geneem en dit in wyn verander. Die bruilofgaste was vies omdat die wyn beter gesmaak het as die eerstes. Hod het lewe en wyn self ook gemaakcasook jou verstand omcdit matig te gebruik, nie verslaaf te raakcen om jou huwelik en gesin te vernietig nie. God het ook opdrag gegee help mekaar. Daarom as jy wat grootmens is en jy wat tiener of kind is, goed soos wyn en dagga gaan misbruik sal ek intree en jou oor die gevare waarsku. God het ook gesê as jy weet dat iets jou gaan pla, hou dit weg van jou af…. moet ook eerder nie trou as jy gaan weet jy sal nie getrou kan bly aan een man of vrou nie. As jy weet jy gaan dagga rook tot jou oë omdop en jou breinselle smelt moenie rook nie. Maar die wet gaan nou nie help vir die mense wat juis hulp die meeste nodig het nie.

Antoinette ·

Pa en ma kweek dagga by die huis. Boetie of sussie nou hulle maats om te kom kuier – rook hulle suf en loop doen dan kwaad omdat hulle oordeelsvermoe aangetas is.

Anoniem ·

Ek het al gesien hoe “DAGGA” n gesin verwoes, ek het al gesien hoe dagga n mens se persoonikheid verander – dis net so goed soos maak dit legal om moord te pleeg in die land – dagga is die begin val alles, die dagga wat nog verkoop gaan word sal nooit suiwer wees nie, maw wanneer gaan dagga goed genoeg wees voordat dit nie meer aan jou behoeftes voldoen nie, en jy na ander sterker goed hardloop – gaan dwelms ook dan ge-legal word. …… hierdie besluit gaan net nog meer lewens, gesinne, huwelike en kinders verwoes.

Casper Labuschagne ·

@Anoniem, ek stem heelhartig saam. Die eerste keer wat ek teëgekom het dat mense dagga rook was tydens diensplig en net daar het my lewenslange vooroordeel teen dagga begin. In elke eenheid in die weermag was daar ‘n klein groepie boomrokers en met daardie individue kon jy net mooi niks goeds uitrig nie en dit het ek sonder uitsondering oor en oor waargeneem. Ja, daar is mense wat onder groepsdruk sosiaal sal rook en party kom skotvry daarvan af terwyl ander se loopbane en persoonlike lewens oor etlike jare skipbreuk lei tot op die punt waar hulle nie meer effektief vir hulself kan sorg nie. Dit is eenvoudig nie die moeite werd nie en of dagga wettig is of nie, die gevare is steeds werklik.

Spark Plug ·

Is dit nie ironies van die regering nie. Nou dat ek ophou rook het, wettig hulle dagga

Daan Erasmus ·

Ek is nie vir of teen dagga nie. MAAR let asb op ons humor oor dit. Dit is die beste in die wêreld. As dit by humor kom is daar 5 miljoen Springbokke. Natuurlik is daar 10 miljoen wat amper verstik het.

Antiestabliesment ·

Was dit nie vir dagga nie, was my vriend se seun al dood van brein kanker.
Was dit nie vir sy pa wat aanhou deurdruk het nie, 3x in die tronk gesit omdat hy gevang is met dagga wat hy gebruik vir sy seun, het sy seun dood gegaan.
Die ‘slim’ dokters wat met gif (chemo) jou kanker doodmaak, en so ook jou goeie liggaam selee doodmaak sodat jy uitteer en uiteindelik doodgaan skry rekeninge vir R70k + per chemo sessie en dan gaan jy elkgeval dood (of kry 4jaar later wer kanker wat erger is) Almal van julle ken sulke mense wat kanker gekry het, skoon verklaar is, en weer gekry het maar erger.
Die dagga het die pa R60000 in totaal gekos en sy seun leef, geen newe effekte, geen verslawing, geen mal gedrag, geen misdaad gaan pleeg, geen gesin opgevoeter, geen kinders aangerand, geen kwaad gedoen nie.

Julle is almal verkeerd!!!
Dagga ‘decriminalization’ is die beste ding wat vir SA kon gebeur het.
Daar gaan nie skielik meer mense dagga gebruik nie, jy gaan net hoor van meer omdat die wat skaam was of bang was, dit nou mag gebruik en hulle vertel ander
Sodra dagga gereguleer word deur die komende wetgewing, soos tabak of alkohol, maak die regering biljoene in belasting wat nodig is om ons land te help uit die verknorsing wat dit is.

Ag ek sal n doktorale tesis hier skryf oor dagga maar wee, as jy blind is!!!

Niklaas ·

Daar is natuurlik reeds sowat 10 treffende WA s wat die rondte doen oor Giggel-twakkies. Dis n aanduiding van ons sin vir humor in die land. Dalks is dit om skok te verdoesel of te versag. Soos wanneer daar sleg verloor word deur die Bokke. Moontlik sal daar binnekort netjies verpakte dagga by vulstasies verkoop word. Dan kan die probleme ontstaan , want ek glo dagga kan lei tot tydelike versteurdheid , baie erger as in die geval van drank misbruik.

Grassie ·

Dit is waar dat goeie medisyne uit dagga gemaak kan word, net soos goeie medisyne daagliks in die mediese beroep gebruik word wat uit opium gemaak is. Dit beteken nie dat opiumpapawers nou ook maar gekweek mag word nie. Ek het in my beroep met honderde geweldsmisdadigers gewerk. Dit is mense met afwykende gedragspatrone soos psigopatie. Ek het opgelet dat almal dagga rook. Ek het begin wonder of hulle dagga rook omdat hulle afwykings het, of dat hulle afwykings het omdat hulle dagga rook. Ek het nie die antwoord nie maar dagga het beslis blywende gevolge vir rokers, soos bv. aggressie. Lees maar net die kommentare hierbo, die aggressie en beledigende taal van sommige mense wat daggagebruik goedpraat. Ek dink nie iemand wat gerook is hoort agter die stuur van ‘n voertuig nie. Ek is te lank in die land en het al te veel gesien om my te oortuig dat dagga nie verslawend is nie en ‘n skadelose gebruik is.

Casper Labuschagne ·

@Grassie, absoluut, alhoewel beide kokaïne en opium mediese toepassings het word pasiënte nie met die rou produk gedoseer nie, maar met sintetiese alternatiewe waarvan die dosis noukeurig is en die nagevolge bekend en beproef is. Vir elke mediese voordeel van die Cannabaceae plantfamilie is daar verskeie sintetiese farmakologiese alternatiewe.

Die meerderheid landdroste sal daarby saamstem dat ‘n gemene deler in die beskuldigdebank die gebruik van dagga is en sosiale werkers sal kan vertel van die huisgesinne wat geld vir dagga het maar waar kinders vir dae honger bly. Die polisie sal ook kan vertel van geweldadige rowers wat feitlik deurgaans eers dagga rook voordat hulle brutale misdade pleeg. Feitlik elke dwelmverslaafde sal getuig dat hulle by dagga begin het.

Daarby is dit verseker dat alle kinders nou vroeg al op skool maatjies wat dagga rook sal teëkom en dat dit waarskynlik ‘n aanvaarbare praktyk sal word onder sekere kinders. Dit is sekerlik ‘n goeie rede vir tuisonderrig? Alkohol is duur en het ‘n ouderdomsbeperking, maar nou sal kinders sommer blare van plante in hul eie tuin kan pluk.

Dagga was voorheen vir goeie redes as onwettig verklaar en die wettige gebruik van dagga het geensins die geldigheid van die gevare daarvan verander nie. Net soos met elke ander ding moet jou goeie oordeel geld, maar wees verseker dat dwelmgebruik jou lewe kan verwoes en die beste raad is om dit nie eers eenmaal te probeer doen nie.

Daggadagsê ·

Maar almal wat nou so dagga goed praat, dis alles goed en wel as jy wil dagga rook. Bly net van die paaie af. As jy die goed rook, dan moet jy weet dat long kanker is ‘n groot gevaar en praat maar met jou dokter. Dagga kan jou mal maak. ‘n Feit wat baie van die voorstaanders van daggagebruik baie hard probeer ontken of wegsteek. Wees gewaarsku.

Casper Labuschagne ·

Geen wonder dat die meerderheid hul grond wil terug hê nie, waar anders gaan hulle hul landerye vir eie gebruik beplant?

Allan ·

Ek is 100% ten gunste vir die gebruikvan die olie.

Enige produk se wat jy misbruik het nadelige gevolge selfs hoes medisyne.

Die voordele van Cannabis (daar is eintelik 50+), ek gee net die eerste 10. Dit verhoed, verbeter of beheer die volgende siektes:

1. Alzheimer’s
2. Anxiety
3. Arthritis
4. Cancer
5. Epilepsy
6. Glaucoma
7. Lung health
8. Multiple sclerosis
9. Nausea
10. Parkinson’s Disease
etc, etc

Spark Plug ·

Dagga het 50 voordele vir die gebruik daarvan. Ons het dit so pas getoets.
Ek kan net nie nou meer lekker onthou waaroor ons praat nie….lekker verjaar almal

ek sê maar ·

Persoonlik voel ek elke dag meer en meer dis die dingom te gebruik om te vergeet van al die gemors wat in die land aangaan

Pottie ·

1. Probleem kom met geboortes dom mense wort voortgeplant.did maak dom mense
2. Die rook van dagga belemer jou konsertasie. (Baie meer ongelukke)
3. Dit gee jou vel beter uithouvermeë sonder konsetrasie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.