Gemengde reaksie op Mboweni-aanstelling

Pres. Cyril Ramaphosa skud blad met die nuutaangestelde minister van finansies, Tito Mboweni. Foto: Phando Jikelo/African News Agency(ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa se besluit om Tito Mboweni as die nuwe minister van finansies aan te stel, is Dinsdagaand met gemengde reaksie ontvang.

Maroela Media het vroeër berig Ramaphosa het laat Dinsdagmiddag aangekondig dat Nhlanhla Nene as minister van finansies bedank het. Nene het aangevoer die onthullings in sy bekentenisse voor die Staatskapingskommissie, hoewel hy nie by enige oortredings geïmpliseer word nie, sal inmeng met sy werk as minister.

Ramaphosa het Mboweni, voormalige president van die Reserwebank, met onmiddellike inwerkingtreding as Nene se opvolger aangestel.

Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, meen egter dat dié aanstelling nie noodwendig ʼn positiewe skuif is nie. Hy wys daarop dat verskeie beleidsverwante uitsprake van Mboweni in die verlede nie sakevertroue sal inboesem nie.

Volgens Van Onselen sal Mboweni aan sy vermoë om staatsbesteding en -skuld onder beheer te bring, gemeet word. Verder sal hy ’n beduidende invloed op belangrike regeringsbeleid uitoefen. “Mboweni neem nou beheer oor die staatskas en belastingbeleid. Dit is veral belangrik in aanloop tot die mediumtermyn-begrotingsrede later dié maand,” het hy gesê.

“Mboweni het onlangs skadelike beleide gesteun, soos volle staatsbeheer van grond deur middel van grondonteiening en -herverdeling, asook dat die staat ’n 40%-eienaarskap in myne behoort te bekom. Hierdie standpunte druis in teen markvryheid en sal nie beleidsekerheid verbeter nie.”

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het egter gesê die party meen Mboweni is ʼn goeie keuse as minister van finansies. “Hy was vir tien jaar president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank en het goeie finansiële ervaring. Hy het voorheen ook in die kabinet as minister van arbeid gedien. Die VF Plus sal mnr. Mboweni ʼn billike kans gun om sy staal in dié kritieke portefeulje te toon,” het Groenewald gesê.

“As minister sal Mboweni bewys moet lewer dat hy die land se belange voorop stel en dat hy verantwoordelik met die belastingbetaler se geld sal omgaan.”

Pres. Cyril Ramaphosa en Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: Phando Jikelo/African News Agency(ANA)

Ook die Black Business Council (BBC) het Mboweni se aanstelling verwelkom en gesê hy is die regte kandidaat om Suid-Afrika uit sy finansiële verknorsing te bestuur. “Mnr. Mboweni is ʼn veteraan… wat na ons mening in staat is om die regering se stimuluspakket te implementeer,” het Sandile Zungu, president van die BBC, gesê.

“Ons sien uit daarna om ten nouste saam met mnr. Mboweni te werk om die finansies van die land se stabiliseer terwyl ons die drieledige stryd teen armoede, werkloosheid en ongelykheid aanpak.”

David Maynier, die DA se skaduminister van finansies, het gemengde reaksie getoon op Mboweni se aanstelling. “Met sy ervaring sal hy die voordeel hê om onmiddellik aan die werk te spring en is hy ten minste bekend aan markdeelnemers, graderingsagentskappe en finansiële instansies wat gebeure in Suid-Afrika dophou,” het hy gesê.

Maynier het egter bygevoeg dat Mboweni deur die jare soms op sosiale media as “ʼn bietjie mal” oorgekom het met omstrede uitsprake wat teen regeringsbeleide indruis.

Hy het ʼn twiet van Mboweni aangehaal waarin die nuwe minister gesê het die staat moet 40% van mynmaatskappye besit, daar moet ʼn staatsbank op die been gebring word, gepaste grondgebruikbeplanning moet geïmplementeer word en daar moet ʼn “soewereine welvaartsfonds” geskep word.

“Ons hoop die minister sal sy sienings duidelik maak in aanloop tot die mediumtermyn-begrotingsrede wat oor twee weke sal plaasvind,” het Maynier gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Theresa B ·

So hop skip en jump hulle ons land verder die afgrond af. Maar die pay is lekker elke maand.

Gemaskerde Sopbeen ·

Minister in die SA regering se CV: Aangestel, oornag afgedank, her-ontplooi, her-aangestel, geskors, 3 maande met volle betaling gesit en dink waarom ek nie afgedank moes word nie, her-aangestel, her-afgedank, her-ontplooi, terug op verpligte verlof solank hulle my pensioen uitbetaling uitwerk met terug-gekoopte diensjare, op pensioen, te min geld gekry, terug aangestel, beter pensioen uitbetaling, her-ontplooi, terug aangestel…..en nou wag ek vir regte pensioen…..terwyl ek geskors is. Amen.

Josef Esterhuyse. ·

Hoeveel het die afgelope vyf en twintig jaar die eed en onderneming gegee dat hulle die volk wit bruin en swart sal dien .kyk na die hoogste moord syfer in die wereld , die hoogste werkloosheid syfer in die wereld hoe gruwelik onmenslik en met haat teen die wit en bruin volk gediskrimineer word het hulle almal gelieg.

waarheid ·

Hy is ‘n goeie vriend van die eff met sy grondbeleid lyk dit my so daar val hy uit die bus uit.

John ·

Ons moet maar ligloop vir ‘n Ti-too, want die Guptas het glo kiste vol goeie swarttee die land ingebring vir wye verspreiding en proe-sessies was aan die orde van die dag. Hulle is ook nie die enigstes wat uit Ceylon hier ingevaar het nie. Om oor die grot vol skatte wat met ‘Sesami’ oopskuif, wag te hou, maak jou nie noodwendig gereed vir die pienk spaarvarkie onder die klapperhaarmatras nie. Maar Afrika hou daarvan om die blink kant bo te hou en die Gucci-pak te dra al drubbel die drein oor die wal. Lets get on with the show. Skink broer skink…

Jerry ·

Tito se sienings behoort aan die verlede. Hy sal dit nou dienooreenkomstig aanpas in lyn met CR se sienings. Tans is hy die enigste keuse wat nie Zupta bande het nie. Emosioneel deel die meerderheid ANC lede die EFF sienings, maar met verstand ondersteun hulle die meer gematigde sienings. Dit is maar so ook met die Afrikaner wat emosioneel AfriForum sienings deel, maar op die ou einde van die dag met verstand meer gematigde sienings ondersteun. Die politieke en ekonomiese realiteite plaas die meerderheid Suid Afrikaners se optredes tussen die boom en die bas, maar dit is tans gelukkig nog so dat “sanity prevails”.

Pieter Coetzee ·

So gaan hulle maar almal `n kans gee om te dink hy/sy kan.

Herman ·

Sy aanstelling was tot op CNN bespreek gister. En so links soos hulle is, was dit alles behalwe in n positiewe lig gesien.

Ian ·

Het nie die een sien kom nie. Moes, maar het nie. Goeie keuse vir beleggersvertroue.

honourable member ·

Maak nie saak wie aangestel word nie ons het nou BEKWAME mense nodig. Ons land is halfpad in die gutter af.

waarheid ·

ramapaddapot moet hom ook nie so verontskuldig met die Guptas saga – nie – hy moes van baie dinge geweet het en het niks daaromtrent gedoen nie. Verseker het hy ook van nene geweet – hulle was saam.
Almal dieselfde – tito maatjie van die eff en ramapaddapot ook maatjie van die eff en guptas – ook rusland se kernkragstorie was hy heeltmal op hoogte van,

Linda ·

In hierdie land sal daar altyd gemengde gevoelens oor enige minister se aanstelling wees. Ek stel voor dat Ramaphosa Julius Malema in hierdie pos aangestel het !!! Dan kan mense genoeg skinder !!!!!Tito Mboweni is n briljante man sonder enige agendas !!!

Manie ·

Wie ook al aangestel word gaan geen verskil maak want die hele party is siek.

alida ·

Dank ALMAL af wat bande met die skelms gehad het en bou ‘n nuwe skoon en eerlike parlement op met mense met integriteit en skoon rekords. Dan eers sal die land regkom en beleggings inkom. Huidiglik glo niemand niks nie en vertrou nie vir CR nie.

Lindtjies ·

Soos hulle sy lof besing moet hy op water kan loop. Cyril Ramaphosa moet nou ‘n haas uit die hoed uit ruk om homself te bewys. Laat ons nou maar sien wat gebeur. Ons vertroue is nou maar eenmaal geskend.

Linda ·

Het jul gehoor dat die EFF Sondag aangekondig het dat hulle gereed is om te regeer !!! Nou vra ek julle met trane in my oe, waarheen is ons land op pad ???

Piet ·

Daar is geen armoede in die land nie, daar was dan genoeg gewees vir die kaders om te plunder van die staatkas en staatsbronne??

Anoniem ·

Die hele ANC is korrup. Wag en sien Cyril is soos n vekleur mannetjie hy is tans goed gecammo maar sy dinge gaan een van die dae oopgemaak word dan sal ons sien hoe diep was hyself ook betrokke met die Guptas. Hulle word so een vir een ontbloot en Julius en Mahemani maak beurte om hulle te ontbloot. Ek sien n swaar tyd na 2019 verkiesing. EFF gaan daadwerklik verbeter want hulle werf baie steun uit die ANC se mislukkings. Die Anc moet maar solank wit voetjie soek by ander partye want hulle gaan onder die 50% steun he na 2019 se verkiesing

Piet Pompies ·

Die oorsaak van ons land se swak ekonomiese toestand kan nie net voor die deur van die regering gelê word nie. Ek het gisteraand my belasting opgawe voltooi en uitgewerk dat tussen my en my vrou sy nett inkomste ons 30% daarvan aan mediese fonds bydrae betaal. Tussen ons twee is die premie R5800 per maand en ons het nog ‘n bykomende R6000 aan bybetalings gedoen wat die medies nie dek. Ons het geen noemenswaardige mediese toestande of ongelukke ervaar. Die vraag is, waar gaan daardie R5800 pm heen want ek kry nie die waarde daarvan. Is ons nie maar besig om die rykes nog ryker maak ten koste van die middelklas inkomste groep.

Ja right ·

en die volgende een wat vir die sirkus werk sal alles regmaak…… ja right

Perspektief ·

Nou wonder ek wat is die opinie van die WSO (Wit Sake Organisasie)

Afrikaanse Knaap ·

Hy moet net RSA Inc se state laat klop. Ek is seker hy sal dit reg kry. Gaan kyk gerus hoe sterk die Rand was toe hy in beheer van sake was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.