Gemengde vooruitsig vir petrolpryse

Argieffoto (Foto; andreas160578/Pixabay)

Die outomobiel-assosiasie (AA) het gesê petrolprysdata toon ʼn gemengde vooruitsig vir die einde van November met ʼn skerp toename in internasionale oliepryse terwyl die rand versterk. Die AA het kommentaar gelewer op die ongeouditeerde maandelikse brandstofprysdata wat deur die Sentrale Energiefonds vrygestel is.

“Dit is nogal ongewoon om só ʼn wye verskeidenheid van vooruitsigte te hê soos wat tans die geval is,” het die AA bygevoeg. “Petrol sal waarskynlik met 36c per liter daal, maar diesel sal waarskynlik slegs met 4c daal. Paraffien wys ʼn toename van byna 10c per liter.”

Volgens die AA bring die onlangse skerp toename in die internasionale pryse van geraffineerde brandstof ʼn einde aan ʼn maande lange daling in die prys. Die internasionale prys van diesel het tussen 2 November en 11 November met byna 20% gestyg voor dit effe gedaal het. Petrol het met meer as 15% gestyg.

“Die rand kon gelukkig meeste van dié verhogings teenstaan en het sterk teen die Amerikaanse dollar verstewig, tot minder as R15.50 op 10 November.”

Volgens die AA word die skommeling in geldeenheid en oliepryse toegeskryf aan wêreldverbruik wat vinniger toegeneem het as vervaardiging en die Amerikaanse verkiesing van Joe Biden as president. Optimisme in die lig van ʼn aankondiging oor ʼn entstof vir Covid-19 is ʼn teenvoeter vir spanning oor hernude afsonderingsregulasies in Europa en die vinnige verspreiding van Covid-19 in die VSA.

“Onder die omstandighede bly die olieprys en rand/dollar-wisselkoers so stabiel as wat daar kan verwag word.”

Die AA sê alhoewel die Suid-Afrikaanse ekonomie tans in ʼn kwesbare toestand is, sal petrolverbruikers die eerste wees om die impak van enige ekonomiese skok te ervaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Adriaan

Biden is nie as president verkies soos in die berig beweer word nie. Die media het hom as wenner aangewys maar dit beteken nie dit is so nie.

Mad Mike die Rhodesiër

Brandstof gaan af en voedsel gaan op. ‘n Mens kan nie wen nie.

Rina

Iets wat my jare al laat wonder!

Wanneer die brandstofpryse styg, is die winkels vinnig om pryse te verhoog, maar sodra die brandstofpryse daal, gebeur niks. Die pryse bly dieselfde?

Kan iemand my verduidelik hoe dit werk???

andre

Biden is nog nie as president aangewys nie.