‘Gemiddelde SA’ner nie veilig in sy huis’

Polisieminister, Nathi Nhleko en waarnemende nasionale polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane, by 'n mediakonferensie na afloop van die bekendstelling van die mees onlangse misdaadstatistiek. Foto: SAPD

Polisieminister, Nathi Nhleko en waarnemende nasionale polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane, by ‘n mediakonferensie na afloop van die bekendstelling van die mees onlangse misdaadstatistiek. Foto: SAPD

Die burgerregte-organisasie AfriForum het gesê die amptelike misdaadstatistiek oor huisroof toon gemiddelde Suid-Afrikaners is nie veilig in hul eie huise nie.

Polisieminister, Nathi Nhleko en waarnemende nasionale polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane, het die mees onlangse misdaadstatistiek Vrydag in Kaapstad bekendgestel.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê ʼn vroeëre voorspelling van die organisasie, dat geweldsmisdaad in Suid-Afrika drasties styg, was in die kol. “Statistieke toon ʼn skokkende 63%-styging in huisroof oor die afgelope tien jaar, met ʼn styging van 2,7% in die afgelope jaar. Hieruit is dit duidelik Suid-Afrikaners moet, in vennootskap met plaaslike polisie, self begin om verantwoordelikheid vir hul veiligheid te neem.”

Hy het ook beklemtoon statistiek toon ’n styging van 3,2% in die moordsyfer, met 18 673 mense wat die afgelope jaar in Suid-Afrika vermoor is. “Voertuigkaping en roof met verswarende omstandighede is nog rede tot kommer. Dié statistieke toon ’n styging van sowat 14,3% in voertuigkapings, terwyl roof met verswarende omstandighede met ʼn totaal van 2,7% gestyg het, 10% in Limpopo, 6% in Mpumalanga en 5% in Gauteng.”

Volgens Cameron kan Phahlane se Back-To-Basics-strategie slegs suksesvol wees wanneer dit in samewerking met gemeenskappe gedoen word. “Om die belangrikheid van vennootskappe tussen die plaaslike polisie en gemeenskappe te beklemtoon, gaan AfriForum op 6 September 2016, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings (SAIRV), dié instituut se verslag Winning the war on crime in South Africa, analiseer,” het hy gesê.

“Hoewel lt.genl. Phahlane ʼn beduidende verskil in die bestuur van die polisiediens gemaak het, kan ons nie verwag die staat gaan die enigste oplossings vir die hoë misdaadstatistiek bied nie. Selfdoenpogings, soos dié van AfriForum se groeiende buurtwagstelsels en die samewerking met die SAPD, gaan éérder gemeenskapsveiligheid in die komende jare verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Kardoes ·

Wat de hel het belasting met vermoorde mense uit te waai. Bewapen jouself en hou jouself veilig.

Lance ·

Wie glo nog enige iets wat die minister van polisie se veral na hy niks kon verkeerd sien met nkandla en zuma nie n dooie sent skuld nie ….hy skaam hom nie eers nie ….gaan voort met dieselfde brawade ….haal bq jou vinger uit jou neus en doen asb iets aan die benarde situasie in SA man !

Agnes ·

Begin deur alle buurlande se insypelaars terug te stuur na hul land. Stem saam met die zulu koning, weg met hulle

Hendrik ·

Stem Agnus meeste moorde en inbrake word deur buurlande mense gepleeg, dis selfde dat ons mense betrokke is

Barend Lehmann ·

Vind asb uit hoe jou plaaslike gemeenkapspolisieringsforum funksioneer en kyk of julle die forum kan ondersteun deur aktiewe patrollies te mobilieseer en so sigbaar te wees in die gebied waar jy woon, deur ñ positiewe bydrae te lewer kan jy ook jou verhouding met jou plaaslike polisie verbeter en vir jou en jou gemeenskap ñ omdersteuningsnetwerk tot stand bring om met mekaar oor misdaad in jou omgewing te kommunikeer en so saam te staan teen misdaad. Bg stel ook infrastruktuur aan afriforum om landswye patrollies te organiseer!

Jef ·

Nou sit hulle daar en se vir ons hoe hoog die misdaadsyfer is in SA, ag man vertel ons liewer iets wat ons nog nie weet nie.
Hulle moes lankal in beweging gekom het om die misdaad in die kiem te smoor en begin by die regering om die vrot appels uit te haal want hoe verwag hulle dat ons self verantwoordelikheid vir ons veiligheid neem as jy jouself nie mag verdedig nie.
Die regering moet verantwoordelikheid neem vir ons veiligheid maar ag wat dit kos hulle geld dus sal daar nooit iets van kom nie.

annette duvenhage ·

kom hulle dit nou eers agter. shame arme ministers wat bodyguards het.

Sarel Strydom ·

Ek is ‘n leek op die gebied maar is die Regering nie Grondwetlik verplig om sy Burgers te beskerm nie. Die Regering kom dus nie sy Grondwetlike verpligtinge teenoor die Burgers na nie.

KarooKlong ·

Sarel, die regering waarna jy verwys beskerm wel sy burgers.
Jy en ek en ander soortgelykes word nie geag burgers te wees nie en geniet dus nie dieselfde beskerming nie.

johan ·

Die enigste burgers van die land is die regering van die dag…hulle het beskerming..elkeen omtrent 2-3 lyfwagte

Flippie ·

“Plaaslike gemeenskap nouer met die polisie saam werk”. Is julle reg wys? My ondervinding met die SAPS is om sovêr moontlik nie te betree nie.

Die meeste is onbevoeg en het ‘n renons in witmense.

Meisie ·

Saam werk met plaaslike SAPD.Hoe is dit moontlik as jy hul bel daag hul net nooit op nie,of da is nie nie vervoer beskikbaar nie.Of hul gooi die foon in jou oor neer.

johann brits ·

Motorkapings 14persent op maar niemand waag dit om die getal te noem nie-asb. Wiskunde was nie my sterkpunt nie.Verder stem ek saak almal moet betrokke raak by Polisieforums en help verantwoordelikheid neem

Amelda ·

Hy moet begin deur die polisie diens eerste skoon te maak. Meer as die helfte van hulle het misdaad rekords teen hul name.

Roy ·

Rerig… ek is bewapen, ek het agt voet mure, ek het CCTV, ek het pepper spray, ek 3 baseball bats, ek het ek het ek het… skiet hom nie op die regte manier nie en jy is in die poef, moker hom net verkeerd en jy is in die poef…
n Mens moet geduurig oor jou skouer loer. n Mens kan nie eers rustig met jou kinders op die sitkamer mat speel sonder om nie te worry nie.
Statistieke… statistieke… statistieke… almal weet wat die probleem is maar n mens moet nogsteeds jouself en jou plek nog veiliger maak.
Kyk, ons almal weet wat is die probleem… niks gaan regkom as die wette nie verander nie… lyfstraf tot selfs doodstraf. In die land word die krimineel beskerm, die arme slagoffer moet maar self sien kom klaar!

Fieliex ·

Kry vir Donald Trump om ons te kom help.Ons jaag alle onwettige immigrante uit,beskerm ons grense en dan skep ons werk deur,dagga en prostetussie wettig te maak(dan word dit beheer en belas).Deur dit te doen het ons reeds baie meer werksgeleenthede geskep.Volgende bemag ons meer die sekerheidsmaatskappye en buurtwagte en dwing die Sap om saam te werk met ‘n ordentelike plan.

Aitoggie ·

Die President en Ministers weet nie hoe dit voel om bedreig te voel elke dag nie. Hulle het wagte wat hulle beskerm, dus voel hulle planete ver verwyder van die werklikheid, wat jan alleman in die gesig staar elke dag.

Sally ·

Hier word 51 mense per dag vermoor. Dis laat die 2de wereld oorlog lyk na n klein opskudding. SKANDE!!!! BRING TERUG DIE DOODSTRAF. Dis al wat gaan help.
Botswana het nog steeds die doodstraf en daar word feitlik geen moorde gepleeg nie.

Cherokee ·

Aan die ‘gemiddelde Suid Afrikaner’, as jy nou nog nie ‘n veiligheidshek in jou gang het nie is jy nie regtig baie veiligheidsbewus nie. Daar moet ‘n traliedeur wees in die gang wat na jou slaapkamer(s) lei sodat julle in jul slaap betrap kan word nie. Ek het dit 20 jaar gelede al gedoen en het dit menig keer in hierdie forums genoem.

Nita ·

Ons is al so ingehok met al die tralies om ons maar dit help nie. Ons sal moet bunkers bou en daarin woon. Die wetsgetroue burger se regte is in die toilet afgespoel. Ons is uitgelewer aan die oormag van kriminele. Meer as 1,7 miljoen aangemelde ernstige misdade in bevolking van 55 miljoen. SA is n uiterse gevaarlike plek!

Oosie ·

Onder die ou bedeling het ons met baie minder polisie en ‘n doeltreffende weermag bykans net soveel landsburgers soos nou baie meer effektief bestuur en beheer en ons het meer veilig gevoel. Wys jou net… (Die vis vrot nou erg).

Anton ·

Kan Maroela nie n Berig plaas waar almal kan insette en voorstelle lewer waar en hoe jy jou huis en eiendom kan beveilig/beskerm. Van die eenvoudigste dinge wat mense self kan doen tot die gevorderdste goed wat beskikbaar is in die mark. Dink dit sal baie mense help en ook sodoende die skelms op hulle hel gee.

Christo Botha ·

Wat my laat wonder is: Waar gaan die gevangenisse aangehou word en wie gaan die bykomende belastinglas dra? 2) Net gister is berig dat die Polisiemag 6000 lede per jaar verloor! Gaan die wetteloses nou deur die privaat sektor tot aanspreeklikheid geroep word of hoe sal die regstelsel werk?

johan ·

Hoe kan n regering, waarvan meer as die helfte vir n paar jaar in die tronk was agv kriminele dade n land doeltreffend regeer…aaag asb tog man….een krimineel kanni n ander een reg help nie, want die brein is ingestel op misdaad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.