
Polisieminister, Nathi Nhleko en waarnemende nasionale polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane, by ‘n mediakonferensie na afloop van die bekendstelling van die mees onlangse misdaadstatistiek. Foto: SAPD
Die burgerregte-organisasie AfriForum het gesê die amptelike misdaadstatistiek oor huisroof toon gemiddelde Suid-Afrikaners is nie veilig in hul eie huise nie.
Polisieminister, Nathi Nhleko en waarnemende nasionale polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane, het die mees onlangse misdaadstatistiek Vrydag in Kaapstad bekendgestel.
Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê ʼn vroeëre voorspelling van die organisasie, dat geweldsmisdaad in Suid-Afrika drasties styg, was in die kol. “Statistieke toon ʼn skokkende 63%-styging in huisroof oor die afgelope tien jaar, met ʼn styging van 2,7% in die afgelope jaar. Hieruit is dit duidelik Suid-Afrikaners moet, in vennootskap met plaaslike polisie, self begin om verantwoordelikheid vir hul veiligheid te neem.”
Hy het ook beklemtoon statistiek toon ’n styging van 3,2% in die moordsyfer, met 18 673 mense wat die afgelope jaar in Suid-Afrika vermoor is. “Voertuigkaping en roof met verswarende omstandighede is nog rede tot kommer. Dié statistieke toon ’n styging van sowat 14,3% in voertuigkapings, terwyl roof met verswarende omstandighede met ʼn totaal van 2,7% gestyg het, 10% in Limpopo, 6% in Mpumalanga en 5% in Gauteng.”
Volgens Cameron kan Phahlane se Back-To-Basics-strategie slegs suksesvol wees wanneer dit in samewerking met gemeenskappe gedoen word. “Om die belangrikheid van vennootskappe tussen die plaaslike polisie en gemeenskappe te beklemtoon, gaan AfriForum op 6 September 2016, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings (SAIRV), dié instituut se verslag Winning the war on crime in South Africa, analiseer,” het hy gesê.
“Hoewel lt.genl. Phahlane ʼn beduidende verskil in die bestuur van die polisiediens gemaak het, kan ons nie verwag die staat gaan die enigste oplossings vir die hoë misdaadstatistiek bied nie. Selfdoenpogings, soos dié van AfriForum se groeiende buurtwagstelsels en die samewerking met die SAPD, gaan éérder gemeenskapsveiligheid in die komende jare verseker.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
28 Kommentare
Hoekom moet ons nog belasting betaal?
Wat de hel het belasting met vermoorde mense uit te waai. Bewapen jouself en hou jouself veilig.
Wie glo nog enige iets wat die minister van polisie se veral na hy niks kon verkeerd sien met nkandla en zuma nie n dooie sent skuld nie ….hy skaam hom nie eers nie ….gaan voort met dieselfde brawade ….haal bq jou vinger uit jou neus en doen asb iets aan die benarde situasie in SA man !
Begin deur alle buurlande se insypelaars terug te stuur na hul land. Stem saam met die zulu koning, weg met hulle
Vind asb uit hoe jou plaaslike gemeenkapspolisieringsforum funksioneer en kyk of julle die forum kan ondersteun deur aktiewe patrollies te mobilieseer en so sigbaar te wees in die gebied waar jy woon, deur ñ positiewe bydrae te lewer kan jy ook jou verhouding met jou plaaslike polisie verbeter en vir jou en jou gemeenskap ñ omdersteuningsnetwerk tot stand bring om met mekaar oor misdaad in jou omgewing te kommunikeer en so saam te staan teen misdaad. Bg stel ook infrastruktuur aan afriforum om landswye patrollies te organiseer!