Genadedood-aktivis gevonnis

Prof. Sean Davison en sy gesin. (Foto: Facebook)

Prof. Sean Davison is Woensdag in die hooggeregshof in Kaapstad drie jaar korrektiewe toesig opgelê op drie aanklagte van moord.

Die hof het hom ook gevonnis tot agt jaar tronkstraf wat vir vyf jaar opgeskort is, op voorwaarde dat hy nie in dié tyd skuldig bevind word aan moord, poging tot moord of sameswering om moord te pleeg nie.

Davison (57) is in September verlede jaar in hegtenis geneem in verband met die genadedood van sy vriend, dr. Anrich Burger, in November 2013. Hy is op borgtog vrygelaat, maar daarna ook aangekla van die moorde op Justin Varian en Richard Holland.

Davison het Burger in 2012 gehelp om sy eie lewe te neem deur hom ʼn noodlottige dosis dwelms toe te dien. Burger was verlam ná ʼn motorongeluk.

Varian het aan motorneuronsiekte gely en kon nie sluk nie. Davison het in 2015 ʼn plastieksak oor sy kop getrek en helium daarin gespuit om hom te help sterf.

Holland is in November 2015 in Kaapstad dood nadat hy vir amper drie jaar “ondraaglike pyn” beleef het nadat hy op sy fiets deur ʼn motor raakgery is. Hy het aan inkluissindroom gely.

Davison is die stigter van Dignity SA, ʼn organisasie wat hom beywer vir die verandering van wetgewing om verstandelik bekwame volwassenes die opsie van ʼn “waardige dood” te gee, indien hulle dit so verkies.

Davison het ʼn pleit-en-vonnisooreenkoms met die staat aangegaan.

Ingevolge die ooreenkoms is hy onder huisarres vir die volle termyn van sy korrektiewe toesig. Hy mag die huis verlaat om te gaan werk, of om ʼn plek van aanbidding of ʼn dokter te besoek.

Hy mag nie die landdrosdistrik van sy huis of werkplek sonder die toesig van die korrektiewe beampte verlaat nie.

Hy moet ook gemeenskapdiens verrig van nie minder nie as 16 ure per maand.

Davison is in 2010 in Nieu-Seeland ook in hegtenis geneem nadat hy sy ma, wat terminaal siek was met kanker, ook gehelp het om haar lewe te beëindig. Hy was vyf maande in huisarres in Nieu-Seeland, en het in Mei 2012 na Suid-Afrika teruggekeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Posduif ·

Dit lyk my hy gaan nou baie tyd by sy huis spandeer om sake te bedink!!

Lalie ·

Ek hoop dat ek iemand soos hy nodig gaan he as ek genade dood oorweeg, dat hy of iemand soos hy daar vir my sal wees. Hoe kan jy n dier genade dood toe staan maar nie n mens nie

Ek ·

Ek sal ook genadedood verkies in sekere omstandighede.
Aan al die mense wat uit ‘n Christelike oogpunt so krities is (ek is ook ‘n Christen), hoe sien jy God se wil en hand in die feit dat jy (kommersieel) amper ‘oneindig’ lank kunsmatig aan die lewe gehou kan word, terwyl jou naasbestaandes met rasse skrede verarm (agv al die uitgawes) en die mediese maatskappye geld as’t ware druk agv jou selfsugtigheid om nie te laat gaan? Is dit wat Christus wil he?
Dalk is dit die finale voltrekking van die liefde. (Soos my pa wat geskakel het om te groet, ek eer sy gedagtenis.) Daar is ‘n groter prentjie.

Joe ·

Deur slegs na die kommentare te kyk kan daar nie tot ‘n ander gevolgtrekking te kom as dat die wiel stadig besig is om te draai ten gunste van genade dood nie, ten minste in publieke opinie. ‘n arts se plig is lydingsverligting, soos veeartse verstaan is daar soms slegs een manier om dit effektief uit te voer. Geskiedenis boeke sal nog Prof Davison loof vir sy bravade, mag sy kritici nooit in die posisie beland om iemand soos hy eendag nodig te kry nie.

Johan ·

Joe, die wêreld wat God nie ken nie sal Prof Davison vir sy “bravade” loof, maar eendag sal hy rekenskap moet gee voor die Lewende God van Lewe en dood. Ek los veel eerder as gelowige, soos wat ek al moes doen, my geliefdes se lot in God se Hande as in Prof Davison s’n…

Elmarie ·

Ek dink die genade dood moet wettig gemaak word. Terminale siek mense ly ongelooflik. Laat die mense met n bietjie dignity gaan.

Johan ·

Elmarie, die dag as jy lewe kan skep kan jy besluit wanneer om dit te neem ook. Tot dan bly dit God se besluit.

Pandora ·

Dignity SA het my ondersteuning 1000%. As aborsie gewettig is hoekom nie genadedood ook nie. Besit die Staat nou jou lewe ook?

JAN ·

Ek is ook ten gunste van selfdood.
Dit het alles te doen met aborsies wat so ń groot dispuut in VSA geword het.
Grootste oorsaak van globale sterftes is aborsies = 41 miljoen per jaar.
Betekenis van lewe.
My pa het bloot oogehou eet. Toe vat dit een maand…….

Kallimaari ·

Ek verstaan nie hoe aborsie en genadedood hoegenaamd iets met mekaar te make het nie. Albei is afgryslik en lynreg téén God se wil. Jammer oor jou pa.

Helena Rudolph ·

Die posduiwe van hierdie wereld moet miskien ook sake bedink. Hulle kan dalk probeer om hulself in die pyn en lyding van terminaal siek mense in te dink. Hulle kan dalk ook begin dink oor die term ‘menslikheid’ en waarvandaan dit stam. Dis net menslik om ‘n dier uit sy lyding te verlos, hoekom nie ‘n mens nie?
Professor Davison is ‘n held en sy dapper pogings om die argaise wetgewing in Suid-Afrika uit te daag, is bewonderenswaardig. Hy verteenwoordig ‘n nuwe-era denkers.
Lank lewe Dignity SA (vergewe woordspeling).

Fielies ·

Absoluut. Ek vergewe die posduiwe wat dit oorlaat aan die gode en derde magte want hulle weet nie waarvan hulle praat nie terwyl hulle in dieselfde asem vir Fiefie kan uitsit wat ly aan katgriep.
Lank Lewe Dignity SA!

Dirk ·

Ek sal verkies om die besluit te mag neem, sou ek in ñ soortgelyke situasie beland. En ook om gehelp te mag word as ek in so ñ toestand is, waar ek myself nie kan help nie.

rina ·

Ek is ook ten gunste van selfdood. Oneindige vretende pyn of worstel na suurstof, geen kwaliteit lewe nie. Persoonlike besluit. Sterkte .

Kallimaari ·

God beskik oor lewe en dood. Daar is geen verdere debat nodig hieroor nie. Enigiemand wat dit in eie hande neem, al is dit om iemand te help sterf pleeg moord. Dit is rebellie teen God Wie lewe skep. Sy opdrag aan die mens is om voort te gaan en te vermenigvuldig. Om lewe te neem plaas jouself hoër as God se gesag, en die laaste een wat dit probeer het was Satan. Kyk wat met hom gebeur het, en nog gaan gebeur na God terugkom. Dink diegene wat dit goeddink om sommer mense se lewe, of hul eie te neem, dat God dit maar só sal laat? Kom biddend voor Hom en soek Sy aangesig hieroor.

Delien ·

Die mediese wetenskap het te ver gegaan met mense wat reeds sou gesterf het- mense word aan lewe gehou op onnatuurlike wyses. Daar is n tyd om te laat gaan.
Kalimaari – niemand “neem sommer n lewe” met die besluit oor genadedood nie.
Laat mense gaan en moenie mense gegorseerd aan die lewe hou nie. Dit, is verkeerd. God se opdrag om die aande te vul het beswaarlik iets hiermee te doen. Mense wat daar le en ly, hulpeloos in pyn met geen hoop, kan nie meer die aarde vul nie.
Ek wil beslis nie met pype aan lewe gehou word nie- wanneer die tyd daar is, geen hoop op herstel is dit reg. Onthou, drs het reeds te ver gegaan om terminaal siekmense aan lewe te hou-dit is geen lewe nie.

Papal ·

Johan kom ons kyk hoe lank gaan uithou as of een van jou familie so siek is en i soveel pyn verkeer dat dit ondraaglik is om net die nodigste te doen soos asem haal, eet, stoelgang, al die wat ons vanselfsprekend vat. Jy sien of beleef di pyn dan praat ons weer. Ek en my vrou ht albei living wills. Ja ons as mens kan bedluit waneer dier of ongebore kind kan dood gaan maar wag net dat met n persoon gedoen word dan is dt moord. Hoe nou?

Johan ·

Papal, ek het reeds ‘n geliefde so aan die dood afgestaan. Maande lank in ‘n bed gelê met ‘n voedingsbuis en pyn elke dag. Tog het ons haar heengaan aan die Lewende God oorgelaat en nie reg in eie hande geneem nie. Wie het jy liewer? God die Almagtige, of jouself?

Griet ·

Juis. Dis my punt ook. Sal jy toestemming gee dat die masjiene afgeskakel word terwyl daai persoon by sy volle verstand is. MAAR hy kan ni meer praat, ni asemhaal, geen orgaan werk nie. Masjiene doen alles. Niere het totaal gestop, soos bloed gegee word, so loop dit ander kant uit. Speel ons nie hier ook God nie?

Blaarman ·

Dit is regtig vir my ‘n jammerte, beide vir jou en jou afgestorwe geliefde, dat jy so met retoriek gebreinspoel is.

Griet ·

@johan. Wat is di verskil tussen genade dood teenoor om op “full life support” te wees? Was dit ni God se wil dat di persoon eintlik moes gesterf het ni? Ek vra want dit maak ni sin.

Delien ·

Pressies my punt. Mense wat al sou gesterf het, word geforseerd aan lewe gehou.

Jan Botha ·

As n dier geweldig ly, sit ons hom uit. As n mens erg ly, sê ons hy moet maar ly Anders is dit Moord

Cindy ·

LY…NOU MAAR EERDER heerlik PYNLIK VOORT EN MAAK dr’s+apteke skatryk…TERWYL JOU FAMILIE MOET OPDOK EN JOU LYDING AANSKOU!

Ig ·

Die enigstes wat baat by terminale siekte is Onkoloë en Hospitale. Wat se doel is daar om permanent pyn te hê? Nee wat, genade dood is presies wat dit sê, Genade Dood

Charles ·

Ek voel ook sterk in hierdie saak. Ek sal verseker die besluit neem om waardig te kan sterf indien ek in dieselfde situasie sou beland. Ek het dit reeds met my naaste familie bespreek, en ek dink hulle verstaan. Welgedaan, dokter. En sterkte met jou vonnis. Jy het dit nie verdien nie.

Sarie ·

Ons kan nie vir God voorskryf nie. Maar God lees die mens se hart. Indien ons iemand se lewe neem omdat ons nie meer wil hê hulle moet lewe nie, sal God dit weet. Indien ons langs ons geliefde se siekbed staan en sien hoe daardie persoon ly, met die volle wete dat ons niks kan doen om verligting te bring en dat die persoon maar net verder moet ly, sal God die liefde en omgee in ons harte herken. Ek glo nie God sal dink ons doen dit uit haat nie.

Christa ·

Johan EK stem saam. Ons mense probeer God speel. Net Hy alleen beskik oor die dood. Hy Sal nooit iets oor jou pad laat Kom as Hy nie jou die krag daarvoor gee nie. Net so oor aborsies. Geen kuisheid bestaan nie maar as n baba op pad is Moet hy verwyder word. Jy pleeg moord Al is daar nog geen lewe by baba.

Hannelie ·

So wanneer is daar lewe by baba Christa, eers wanneer hy/sy gebore word?

Jack ·

Die fariseers was so ingestel op die wet dat hulle nie Jesus voor hulle sien staan het nie. Hulle het Jesus gekruisig. Jesus het mense op Sabatdag gesond gemaak. Liefde was belangriker vir Jesus. Geen mens kan oordeel oor die laaste oomblike van jou lewe as jy selfmoord pleeg nie. Die kanker se pyn wat die morfien nie meer kan verlig nie. Maklik om te praat as mens nog nooit daar was nie. God weet egter alles . Tot hoe opreg jou verhouding met God is. Dit is baie belangriker. Die Fariseers het vergeet dat ons ook ñ God van liefde het. Dawid was vol sonde en tog was sy aanbidding en liefde belangriker. Moenie oprdeel oor mense wat selfmoord gepleeg het of wil sterf as hulle stadig en pynlik sterf nie. Hulle was klaar in donker hel en God weet van elke pyn en gedagtes.

Johan ·

Jack, as jy God waarlik liefhet sal jy Hom toelaat om te besluit hoe en wanneer jy sterf. Daardie eer kom Hom toe wat lewe geskenk het, nie jou nie. Wie het jy liewer, jouself of God?

Blaarman ·

Johan

God het reeds die lewe en die dood oor ons almal beskik. Om mense genade te ontsê en te verdoem tot ‘n stadige, pynvolle dood is onchristelik en teen die voorbeeld van genade wat Jesus vir ons gestel het.

Johan ·

Terloops, Job was ook in ‘n lewende hel tog het nooit besluit om sy eie lewe te neem nie maar dit aan God oorgelaat wat sy lot sou wees.

Julle word mislei deur Satan wat vir die mens vertel dat hy eintlik god oor sy eie lewe is…

Johan ·

Familie kan besluiit wanneer lewensonderhoudende masjiene afgeskakel kan word. In gevalle waar geen hoop op herstel is. nie. Dis nie moord nie. Weerhouding van medikasie is ook nie moord nie. Ek wat elke dag met terminaal siek mens werk sien egter hoe onsinnige en baie duur mediese “behandeling” voorgeskryf word en toegepas word wat sekerlik geen bydrae tot beter lewenskwaliteit lewer nie. Baie opvallend dat medici nie hulle eie familie so sal behandel nie. Dit gaan oor een ding. GELD. Gewone gewettigte boewery en punt.

Griet ·

Juis. Dis my punt ook. Sal jy toestemming gee dat die masjiene afgeskakel word terwyl daai persoon by sy volle verstand is. MAAR hy kan ni meer praat, ni asemhaal, geen orgaan werk nie. Masjiene doen alles. Niere het totaal gestop, soos bloed gegee word, so loop dit ander kant uit. Speel ons nie hier ook God nie?

Pandora ·

Griet, my sentimente ook. Jy het dit goed gestel, dankie.

Koos ·

Ek is seker genadedood is God se wil. Lees die bybel, jy sal dit verseker daar iewers kry. Wat sê Allah?
Sterkte Sean Davison, jy is ‘n held en verdien nie sulke behandeling nie.
Wanneer sal Suid-Afrika se wette bykom?

Anoniem ·

Die lewe is bitter baie moeilik maar mens hou aan tot jy jou laaste asem uitblaas. Mens moet net aanhou en uithou. So jammer vir almal betrokke.

Genade Julle ·

Die reggering se niks oor die plaasmoorde. Dus ook n vorm van genade dood. Al verskil is gesonde Mense word gehelp na die Ander Kant sonder hulle toestemming.

Planke ·

Ek het my pa so gesien ly en dit is nie n mooi gesig nie. Ek het naderhand begin bid dat hy moet gaan want sy lying was net te erg en hy het n goeie lewe gehad. Dr jy het my ondersteuning

Blaarman ·

God het ons mag oor lewe en dood gegee.

Wanneer iemand terminaal siek is en erg lei, het hulle hul lewe klaar gely. Om ‘n persoon te forseer om te lewe is ‘n rebellie teen die dood wat God reeds oor ons almal beskik het. Om iemand te laat lei plaas jou hoër as God se gesag (wat oor vryheid van keuse en ook genade beskik het).

Dink jy dat indien jy iemand se lyding verleng en hulle die vryheid van die dood ontneem, nogal met die Bybel onder die arm, God dit net so sal laat?

Kom biddend voor Hom en soek Sy aangesig hieroor.

Gerhard ·

Genadedood is n persoonlike besluit en geen ander mens behoort n se daarin te he nie. As jy teen dit gekant is maak JOUSELF dan nie daaraan skuldig nie.

Logika ·

Die Dokter is ‘n held in elke sin van die woord.

Die staat het geen reg morning om mense hul reg op ‘n waardige einde te ontsê nie. Wie dink hulle is hulle! Dit is ‘n onvergeefbare magsvergryp!

Hierdie ou ·

Ek sien heeltyd ironie en ek lag lekker. “Die persooon moet doodgaan op GOD se termes, op GOD se manier” Tog lê die persoon in n hospitaal waar ander MENSE en MASJIENE na die persoon omsien. As dit GOD se wil alleen is, dan moet die persoon mos eintlik in n kamer erns lê en dat natuur sy gang gaan, eet wanneer hy wil, sukkel met suurstof, bloei konstant ens. Hoe is julle wat teen dit is so hipokraties?

En julle wat sê aborsie is moord, sê my bietjie hoe sal JY voel as jy (vrou) of jou dogter verkrag word, maar JY is sterk daarteen dat aborsie moord is, en nou 9 maande later moet jy vir die res van jou hele lewe na n resultaat van verkragting kyk? Dalk tydens daardie verkragting was dit n plaasaanval, waar jou man se tande uitgetrek was met n tang, dan doodgemaak was met n panga. So vir die res van jou lewe gaan jy met daardie visuele, fisiese herhinnering stap want jy is te “onlogies” om aborsie goed te keer. Soms met mens nie net heeltyd geloof insleep nie en net bietjie logies en natuurlik ook dink

JAN ·

Eensaamheid is veel erger as die dood. Sadisme is satanisme. soos om te glo dat ń Christen moet ly. Dis Jesus se doel beteken LYDING. seg hulle.
Demoniese wreedheid is om lyding te verleng as God die natuurlike lewe be-eindig het. God is lewe. Is Tegnologie dan God?
Ek het ook Lewende testament. Geen kunsmatige lewe vir my nie.
Dis wat Jesus beteken … om lyding en Godverlate eensaamheid te be-eindig …..wanneer Hy jou kom haal. “Sy wederkoms.”

verw oa Job se gelykenis

onnie ·

enige behandeling om die lewe van ‘n pasient wat onder normale omstandigde sou sterf is ‘n intervensie

Db ·

Ek is ‘n groot voorstander van genade dood. Geen masjien of pype gaan my aan die lewe hou as ek reeds die doodsvonnis gekry het nie. Wat is die nut om ‘n mens deur al die pyn en lyding te laat gaan net om te sê dat genade dood sonde is? My lewende testament verbied sulke selfsugtige optredes van die dokters. My pa is ook deur dit en het ons geweier dat hy aan die lewe gehou word. Ek het genoeg gehad met my broer wat die dokters tot sy laaste asemtuig aan al die lyding en pyn bloodgestel het. Dokter ek is baie bly dat jy waardigheid aan die mense betoon het om hulle van al die lyding te verlos. Sterkte met jou vonnis

Db ·

Ek is ‘n groot voorstander van genade dood. Geen masjien of pype gaan my aan die lewe hou as ek reeds die doodsvonnis gekry het nie. Wat is die nut om ‘n mens deur al die pyn en lyding te laat gaan net om te sê dat genade dood sonde is? My lewende testament verbied sulke selfsugtige optredes van die dokters. My pa is ook deur dit en het ons geweier dat hy aan die lewe gehou word. Ek het genoeg gehad met my broer wat die dokters tot sy laaste asemtuig aan al die lyding en pyn bloodgestel het. Dokter ek is baie bly dat jy waardigheid aan die mense betoon het om hulle van al die lyding te verlos. Sterkte met jou vonnis.

A ·

Ek stem 100% saam vir genadedood om iemand se lyding te verlig.

se net ·

Ek het 2 kroniese siektes. Maw my kans op n lydende dood is baie moontlik. En regtig ek hoop daar sal iemand wees wat my kan help as ek niemeer kan nie. Ek leef nou al 15jaar in pyn. Geen medikasie help nie. Geen medikasie mag geneem word nie want ek het nierskade. Werk elke dag want Sanlam weier om my medies ongeskik te verklaar. Maar hopelik as ek regtig nie meer kan nie, sal daar iemand wees wat my kan help om finaal te gaan rus. Plaasmoordenaars loop los rond en niks word gedoen nie, maar die wat regtig nodig het om te gaan mag nie gehelp word nie. Wens die staat wil hul tyd en ons geld beter spandeer.
Laat dit eerder wettig word en dit kan beter beheer word.

JAN ·

Implikasies en realiteit.
Daar is Wittes en adel en akademisie sakemanne van 50 jaar gelede wat steeds glo dat “God die Skepper vir Tsafendas gestuur het om ons te kom red van burgeroorlog”.
dis die waarheid!!
U weet baie goed hiervan.
Wat daarvan?
Ruanda slagting was meer as miljoen. En Angola .?
Hier by ons is dit reeds besig om momentum te kry. reg of verkeerd?

Se Net ·

Gestel jy is in n ongeluk en jy funksioneer nie meer soos altyd nie jy is n gevangene in jou eie liggaam . Wil jy he jou geliefdes moet elke dag wonder watse pyn verduur jy waar is jy is jy bewus van wat om jou aangaan terwyl jy veg binne in jou liggaam om uit te kom, ek sal dan eerder verkies om rustig heen te gaan as om n las vir my familie te wees. DOKTER ek staan agter jou en dignity SA. Alles van die beste. Ek praat nie selfmoord goed van n gesonde persoon nie, maar daar is werklik mense wat swaar kry wat siek is wat bid dat die dood hulle kom haal.

Lollapot ·

Ek het onderskydelik ‘n tante en ‘n skoonsuster wat beide 10 jaar lank geveg het teen kanker, en die stryd verloor het. Ek het gesien wat daardie lyding aan ons familie gedoen het, aan hulle mans en kinders. Ek het gesien en ervaar hoe kinders bid dat ‘n ouer eerder moet sterf want hulle kan die lyding nie meer aanskou nie. Teen die einde was nie een van hulle meer waardig soos ons hulle graag sou wou onthou nie. Ek sal dit onder geen omstandighede aan my kinders doen nie. As ek ooit daar moet kom, sal ek beslis om hulp soek en ek sal geen gewetens beswaar hê nie.

Ekke ·

Genade dood is wat dit is, GENADE!!!! As daar niemand is om my te help as ek met dodelike pyn moet saamleef nie, hoop ek dat ek nog instaat sal wees om dit dan maar self te doen.

JohanL ·

Persoonlik sal ek nie eendag net in ‘n bed vasgekluister wil le in pyn en ek kan niks vir myself doen nie. En ek praat van niks – ek word gebuisvoed, dra doeke, ens. Nie mooi nie.

Die dood is nie die einde nie, maar vir my as Christen, die deur na die ewige lewe.

Sielsmoeg ·

Ek wens ek kon iemand kry om my te help met selfdood, om darem op ‘n waardige manier die wêreld te verlaat. Om elke dag op te staan en te wens jy kon plekke ruil met iemand wat besig is om te sterf en wel wil lewe terwyl jy leef en eerder wil sterf is uitputtend.

Elsa ·

Ek sien nie genadedood as moord nie, want dis die persoon wat sterf, se keuse om te sterf, net soos selfdood. Omdat aborsies onder kommentare genoem is, is dit in my oë moord, want daardie arme fetus of babatjie het absoluut geen keuse of hy of sy wil lewe nie. Oor mense wat “masjiene afskakel” om mense te laat sterf, wonder ek ook. Die pasiënt is wel breindood, maar het mense nie dan ook in die eerste plek God probeer speel deur iemand kunsmatig aan die lewe te probeer hou en dan weer daarteen te besluit nie? Die Bybel leer ons dat ons sterwensuur nog voor ons geboorte reeds deur God bepaal is en daarom glo meeste van ons ook dat selfdood of genadedood sonde is. Dis net vir my onverstaanbaar dat as iemand terminaal siek is en ondraaglie pyn verduur en in elk geval gaan sterf, hoe kan dit dan sonde wees as so ‘n persoon selfdood pleeg of genadedood vra? Ja, ek weet dit moet ook sonde wees, maar dit klink vir my so half onregverdig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.