Genadedood-aktivis vas vir moord

Sean Davison. Foto: Facebook via DignitySA.

Prof. Sean Davison (57), die man wat erken het dat hy dr. Anrich Burger (43) in 2013 gehelp het om selfmoord te pleeg, het Dinsdag in die Kaapstad-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het aan die media bevestig dat Davison Dinsdag in hegtenis geneem is in verband met ʼn voorval in Seepunt in 2013 wat tot die dood van ʼn 43-jarige man gelei het.

Davison, medestigter van Dignity SA, ʼn organisasie wat hom beywer vir die verandering van wetgewing om verstandelik bekwame volwassenes die opsie van ʼn “waardige dood” te gee sou hulle dit so verkies, is volgens News24 Woensdag vrygelaat op borgtog van R20 000.

Davison is in 2010 in Nieu-Seeland in hegtenis geneem nadat hy sy ma, wat terminaal siek was met kanker, ook gehelp het om haar lewe te beëindig. Hy was vir vyf maande onder huisarres in Nieu-Seeland, en het in Mei 2012 na Suid-Afrika teruggekeer.

Hy het in 2014 in ʼn onderhoud met News24 gesê Burger het hom gevra om deel te wees van sy dood, maar dat hy [Burger] dit self beplan het. Burger was jare lank ʼn kwadrupleeg ná ʼn motorongeluk.

Prof. Willem Landman, medestigter van Dignity SA, het aan Maroela Media gesê Davison het Dinsdagaand in die Seepunt-polisiestasie oorgeslaap.

“Sover ek weet het hulle ʼn lasbrief gehad en beslag gelê op sy rekenaar en sy selfoon,” het Landman vanoggend aan Maroela Media gesê.

Volgens hom wou die staat borgtog van R100 000 gehad het. “Iemand het onmiddellik R20 000 aangebied en daar was ook sprake van ʼn R5 000 [-skenking]. So ek weet nie of dit nou die R20 000 of R5 000 gaan wees nie, maar daar is byvoorbeeld mense wat kwaadwillig moord pleeg en mense wat dronk bestuur wat op R500 borgtog vrygelaat word,” het Landman gesê.

Hy het ook gesê hy het “geen idee” hoekom Davison nou eers in hegtenis geneem is nie aangesien hy al in 2014 in die onderhoud erken het hy het vir Burger bygestaan tydens sy selfmoord.

Die polisie het nie op enige navrae van Maroela Media gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Lerato ·

As ons hond te siek word dat daar geen hoop vir herstel is nie, laat ons hom uitsit om lyding te verminder.

Het ‘n mens nou van minder waarde as ‘n hond?

Is dit God se wil dat mense onnodig ly?

Veritas ·

Moord bly moord maar om iemand te help waardig sterf, om watter rede ookal, klink vir my na ‘n edel daad.

Johan H. ·

Ek ondersteun dit tenvolle. Al rede hoekom regerings dit nie wil aanvaar nie is omdat hulle solank as moontlik geld uit jou wil tap . Come hell or highwater! Dit gaan gladnie oor die pasient nie. Dit gaan oor sy geld. Maar baie mense weet blaas reen donderweer.. Daarom vat baie kortpad uit. Met ongelukkige hartseer vir die oorlewendes..

Carlien ·

Ek sal ook my geliefde help sterf as hy terminaal siek moet word.. Ek sien dit gladnie as moord nie..Hoekom moet iemand se lyding uitgerek word as hy inelkgeval net n paar maande oor het om te leef.. Ek en my man het ooreengekom dat ons mekaar sal help sou dit eendag nodig wees.. Ek sien nie kans om eendag n uitgerekte lyding te he nie..

Ag asb tog ·

AG weet jy die regering is vinnig om mense wat WOU doodgaan se dood te ondersoek en die mense wat gehelp het in hegtenis te neem maar STADIG met die wrede moorde wat ELKE dag op plase, in ouetehuise en in townships gepleeg word . WAAR IS DIE JUSTICE daarin ? Hoeveel van die kriminele vang julle? O nee maar dis weer ‘n witman .. en hy het iemand uit die lewe gehelp wat WOU doodgaan .. los die man uit ..

GM ·

Veritas, ek stem saam. Dit kon nie maklik gewees het om sy moeder uit te help nie. Ek glo dit was uit liefde gedoen. Dit is hel om te sien waardeur mens se geliefdes gaan as gevolg van kanker, veral hier teen die einde.
As daar geen hoop is nie, en ‘n persoon is in gruwelooslike pyn, sien ek nie fout met ‘uithelp’ nie. Ek sou net nie die persoon wou wees was die ‘uithelp-werk’ doen nie, want ek dink dit het ‘n ‘cost’.

Wanda ·

Die dood wat Jesus aan die kruis moes sterf, was miljoene kere erger as enige siekte. Hy moes daai hel deur gaan vir ons sondes. Die Vader was hom nie genadig nie, so waar kry enige mens die reg om n ander se dood te vervroeg????

lerato ·

Wanda

As jy praat van “reg” Beskou jy dit vanuit ‘n relgieuse, juridiese, mede menslike of etiese perspektief?

lerato ·

Waarom ‘n deskundige soos Prof Davidson vervolg vir ‘n welddaad?

Dit terwyl ons so ‘n groot tekort aan mediese kundiges het.

Na hy sy “straf” in NZ uitgedien het, kom hy SA toe om sy eie mense te help, maar word vervolg.

Theresa ·

Sou ‘n brief waarin hy toestemming gegee was om genadedood toe te pas hom en enige iemand anders uit die tronk hou??
Bv. soos waar mense duidelik op skrif stel dat hul nie aan die lewe gehou wil word met masjiene indien hul nie weer ‘n kwaliteit lewe kan lei na bv. ‘n ongeluk nie??

Is daar ‘n kenner wat die vrae kan beantwoord, asb?

christa ·

ek glo nie dis reg om dood te bewerkstellig nie. God alleen het daar die besluit. Hy is die begin en die einde. Hy het se oor lewe en dode. God sal niks oor jou pad laat kom wat Hy nie weet jy kan dit behartig nie. Gaan eerder vir berading en pak die lewe aan vol moed en doen wat jy wel kan doen, al is dit om net vir mense van God se genade te vertel. Ek glo ook die deler is so goed soos die steler. As hy iemand help moord pleeg is hy net so skuldig.

Elizabeth ·

As jy sê God het sê oor lewe en dood hoe regverdig jy dan die mens se konstante ingryp
by die mens se lewe , d.w.s. al die mediese behandeling wat mense mekaar gee om aan die lewe te bly ?

christa ·

Wanda ek stem saam met jou. Hy het die ergste lyding deur gemaak vir ons, maar ons sien nie kans om die paadjie te stap wat Hy vir ons uitle nie. Hy het al baie wonders gedoen, en doen dit nog steeds. Niks is vir Hom onmoontlik nie, roep tot Hom en Hy sal jou uithelp. Al is dit net deur lyding te versag. Hy het die finale se oor lewe en dood

Andrea ·

My ma was 85 en is na n noodsaaklike operasie aan ‘n ventilator gekoppel. Dit was ‘n mediese ingrype om haar lewe te red, want daar was nog hoop dat sy sou herstel. Na drie weke op die ventilator, en met nierversaking wat bygekom het, het die dokters gevoel daar is niks wat hul meer vir haar kan doen nie. Hul het dus voorgestel dat ons toestemming gee dat die ventilator afgeskakel/ontkoppel word, aangesien daar geen hoop op herstel was nie, en sy net gely het. Dit is toe so gedoen.

My vraag is:
Hoe is hierdie situasie anders as wat prof Davidson gedoen het? Daar was ingrepe in my ma se situasie om haar lewe te red (soos bv chemo vir ‘n kankerpasient), daar was pynmedikasie (soos vir kankerpasiente), en toe het daar ‘n punt gekom wat al die kenners besef het daar gaan geen herstel wees nie (soos met terminale kankerpasiente). Daar is toe besluit om die ventilator te ontkoppel. Die ventilator het haar aan die lewe gehou. Daarsonder het sy gesterf. Is dit nie ook ‘n vorm van genadedood nie? En dit gebeur daagliks.

MS ·

Andrea, jy maak ‘n goeie punt. Hoeveel mense sal in die hospitale le, gekoppel aan ventilators om aan die lewe te bly, as naasbestaandes nie die besluit mag maak om die masjiene af te sit nie? As iemand wil dood gaan, maar hulle kan nie self dit doen as gevolg van ‘n besering, siekte, watokal – dink ek hulle het lank genoeg daaroor gedink om te weet dis wat hulle wil he. Ten minste maak hulle self daai besluit, waar ons as naasgestaandes die besluit maak namens pasiente wat deur masjiene aan die lewe gehou word. Maar of dit nou reg of verkeerd is, dink ek daar is baie erger dinge wat daar buite gebeur wat eerder uit die polisie se tyd en hulpbronne kan baat.

DG ·

My pa het sy saak met die Here reg gemaak 3 dae voor sy dood. Hy het egter al vir 6 maande voor die tyd vir genadedood gesmeek. Wie dink ons is ons dat ons beter weet as die Here, wanneer die regte tyd is vir ‘n mens om dood te gaan ???
Geen mens het die reg om sy eie lewe, of ‘n ander se lewe te vat nie, as daardie deur oopgemaak word kom daar ‘n klomp kokkerotte saam met dit in, soos toegesmeerde moord, orgaan handel, korrupsie met weerlose pasiente ens ens. Daardie deur moet dig, dig toe bly, en mag nie oop gemaak word nie!

DG ·

@Andrea
Daar is tog ‘n duidelike verskil tussen wanneer iemand nog self kan lewe sonder masjiene, en wanneer iemand nie sonder ‘n masjien kan lewe nie…
As iemand nog op sye eie lewe en jy veroorsaak sy dood, of self dood, dan is dit mos totaal in ‘n ander kategorie as wanneer jy ‘n masjien afskakel, en die persoon sterf self.

Natuurlike Genade ·

Wanda en Christa
Dankie. Nooit sal HY enige van SY kinders
bó húl kragte laat ly nie. Persoon was op pad
maar sterf toe paar ure NET VOOR (genadedood afspraak) NATUURLIK. Duidelike bewys.

E.K. die eerste ·

As dit God se wil en besluit is dat jy moet sterf hoekom kry mense dan hart-of ander orgaan oorplantings?! Dan meng hul ook mos in met Sy besluit om langer te wil lewe!

kas ·

Christa.hier gaan dit nie oor egskeidings wat jy met berading kan regmaak nie dit gaan oor mense wat 24/7 in pyn leef en nie meer kans sien vir die lewe nie.Daar is nie berading wat daarvoor sal help nie.,As medisie voorstel dat masjiene afgeskakel word dan is dit reg.Davidson is ‘n professor maar word aangekla vir moord.Wat is die verskil

Yolanda Cook ·

Ek is heeltemal vir genadedood. Die mense wat so Jesus dit en Jesus dat, het nog nie iemand gesien wat besig is om stadig dood te gaan nie. Daai pyn en seer en sukkel om asem te haal. Dit is iets wat jy aan niemand kan beskryf nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.