Genadedood-saak: Aansoeker sterf natuurlike dood

Argieffoto

Argieffoto

Robin Stransham-Ford (65), ʼn voormalige advokaat van Kaapstad, is Donderdag, ure nadat die Pretoriase hooggeregshof sy aansoek om genadedood goedgekeur het, oorlede.

Dignity SA, die organisasie wat hom bygestaan het met die hofaansoek, het sy sterfte in ʼn enkelreëlverklaring bevestig, maar nie verdere besonderhede verskaf nie. “Adv. Robin Stransham-Ford se versorger en metgesel het prof. Sean Davison, voorsitter van Dignity SA, vroeër vanmiddag [Donderdagmiddag] in kennis gestel dat Robin vreedsaam dood is aan natuurlike oorsake,” lui die verklaring.

Stransham-Ford se prokureurs het in die hof aangevoer dat hy in pyn en lyding verkeer weens sy prostaatkanker en dit druis in teen sy grondwetlike reg op menswaardigheid. Die hof het Donderdagoggend die aansoek goedgekeur en toestemming gegee dat ʼn dokter ʼn dodelike middel aan hom mag toedien indien hy nie in staat is om dit self te doen nie, sonder dat die dokter vervolg mag word.

Lees alle vorige berigte oor genadedood op Maroela Media.

Bron: Jenna Etheridge, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Oom Emmer Druppel ·

Sou God intree en daar geen genesing wees nie? Sou God intree en nie die goddelose voor Hom platvee nie? Sou Hy intree en sy woord ongeldig maak? Nêrens sien ek in die bybel dat God sy dienaars enige lyding spaar nie. Inteendeel waarsku Jesus dat daar lyding gaan wees. En daar is nie rus in die hel nie. Veral nie vir die wat hierdie “wettige” donker put in suid.afrika oopmaak nie. Next stop: genade dood vir ons “sielsversteurde en vertraagde” christene. Welkom by die einde. Julle laaste renoster sal stiller neerval as ‘n ongebore baba se ledemate in ‘n asblik. Julle kies om onbetaamlik te verkeer met heilige instellings. Julle verdraai die woorde van God. Sal julle standbeelde en trots julle beskerm teen Sy woede? Hoekom na hom verwys as ‘n arme man? Wat van ons wat agter bly?

Elfie ·

ai tog…kalm bly! Jammer oor die arme man nog steeds moes ly terwyl daar onnodiglike hofsake oor was, hy sou gouer sonder soveel onnodige pyn kon gaan as genadedodo vroeer toegepas kon word.

M van Dyk ·

Nou kan die NVG nie ‘n sirkus maak van die hele storie nie.

Piet Snot ·

Nee M, die NVG kan steeds appèlleer. Al is die vraag voor die hof nie meer prakties nie (niemand kan die aansoeker meer doodmaak nie), kan die vraagstuk nog voor ‘n hoër hof gelê word, sodat die hof uitspraak kan gee oor die beginsel ter sprake.
Dis eintlik goed, want dis ‘n goeie voorbeeld van hoe dit moet gaan waar die oppergesag van die reg geld.

Peet Schabort ·

Genadedood óf nie?
Daar is ook ‘n ander teer sakie: Verassing (lykverbranding) óf nie? Kom ons hoor?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.