Generaal se vrou in hof oor sy moord

Argieffoto

Genl.maj. Hendrick Mogoerane, voormalige lid van misdaadintelligensie, se vrou het Woensdag in die landdroshof in Kempton Park verskyn in verband met sy moord.

Mogoerane is in Januarie vanjaar dood aangetref op die agtersitplek van sy motor in Norkem Park, Kempton Park. Hy het kort voor sy dood afgetree uit die polisie.

Cordelia Mogoerane het vir die eerste keer in die hof verskyn. Sy is Maandag in hegtenis geneem. Haar aansoek om borgtog is uitgestel.

Robert Mathebula, ondersoekbeampte, het gesê Cordelia is in hegtenis geneem nadat bewyse haar met haar man se moord verbind het. “Die polisie het die vrou Maandag in hegtenis geneem nadat genoeg inligting ingesamel is vir haar inhegtenisneming. Sy sluit by sewe ander verdagtes aan wat ook met die moord verbind word.”

Die sewe ander verdagtes, tussen 31 en 70 jaar oud, het Maandag vir die eerste keer in die hof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann ·

Ha ha …….wat n sirkus !
Jy hoef nie eens kaartjies te koop nie.

Oom Kalahari ·

@Johann, slaan jy die spyker op sy kop. Die EFF (Everything For Free) deel die sirkus kaartjies uit.

JJ ·

Volgens ‘n ingligte bron is sy vrou ook ‘n Kolonel in die polisie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.