Generaal vervolg wat polisievrou glo verneder

(Foto: SAPD/Facebook)

ʼn Polisiegeneraal sal nou deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) op ʼn klag van crimen injuria vervolg word nadat sy glo in 2016 ʼn polisiekaptein voor ʼn groep rekrute verneder het.

Die voorval het voor die sowat 450 rekrute plaasgevind terwyl die beskuldigde die polisie-akademie op Oudtshoorn besoek het. Opmerkings oor die 53-jarige kapt. Riana Stander (voorheen Viviers), en ander opleidingsbeamptes se voorkoms is op die dag gemaak.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid sê die generaal het na bewering beveel dat Stander en ander beamptes op ʼn verhoog moes staan, waarna sy beledigende stellings gemaak het oor Stander se kleredrag, gewig en velkleur. Dít onder luide toejuiging van die rekrute.

Sy het ook aan die gehoor gevra wat fout is met die mense op die verhoog – en het daarna self haar vraag beantwoord deur te sê dat hulle te wit is.

Stander het reeds in November 2016 ʼn saak aanhangig gemaak, maar eers nadat Solidariteit druk op die polisie geplaas het, is ʼn interne dissiplinêre verhoor in 2018 gehou oor die beskuldigde se optrede.

Tydens die tugsaak is bevind die beskuldigde se kommentaar teenoor Stander en die ander beamptes was rassisties, diskriminerend en neerhalend en sy is in 2019 uit haar amp ontslaan. Daar is ook bevind dat die beskuldigde ʼn oneerlike en ongeloofwaardige getuie was.

Dié bevinding en gepaardgaande sanksie is egter omgekeer tydens ʼn arbitrasieproses en die generaal is weer by die polisie in diens geneem. Tugstappe is nooit weer teen haar ingestel nie.

Weens die trauma en spanning wat die voorval veroorsaak het, is Stander intussen medies ongeskik verklaar en is sy nie meer in diens van die polisie nie.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid is in 2019 deur Solidariteit en Stander genader om die beskuldigde privaat te vervolg nadat die NVG geweier het om dit te doen.

“Die direkteur van openbare vervolging in Kaapstad (DOV) het aanvanklik aangedui dat daar nie prima facie-bewyse vir klagtes van crimen injuria teen die beskuldigde was nie,” sê adv. Phyllis Vorster, aanklaer by AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

“Toe die privaatvervolgingseenheid in Julie 2019 namens Stander ʼn nolle prosequi-sertifikaat versoek om privaat te vervolg, het die NVG eenvoudig versuim om gehoor te gee aan wetgewing wat hom verplig om só ʼn sertifikaat uit te reik as die staat besluit om nie te vervolg nie.”

Ná vele skrywes en druk op die NVG het die DOV eindelik in Maart aangedui dat die NVG wel die beskuldigde gaan vervolg. In dieselfde skrywe het die DOV gesê dat hy Stander sal kontak “indien haar getuienis in die hof benodig sou word”.

Vorster meen dat die polisie en die NVG skynbaar alles in hul vermoë gedoen het om die vervolging te vertraag, met die doel dat die saak vergeet sal word.

“Die polisie het byvoorbeeld voete gesleep om die dossier aan die klaer te verskaf en die NVG se weiering om ʼn nolle prosequi-sertifikaat uit te reik, spreek boekdele. Ons sal voortgaan om die saak te monitor om te verseker dat vervolging wel plaasvind sodat geregtigheid kan geskied,” sê sy.

Stander is verheug oor die nuus dat die saak eindelik in die hof aangehoor gaan word.

“Ek is vol vertroue dat reg en geregtigheid nou onder die wakende oog van AfriForum se privaatvervolgingseenheid sal geskied,” het sy gesê.

Die NVG het nog nie ʼn datum van eerste verskyning verskaf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Onnie ·

Kan jy jou indink wat sou gebeur het (en hoe vinnig) indien die rolle omgeruil was in hierdie situasie??? Dis ‘n skande dat die NVG daarmee wegkom om so blatant partydig te wees en die skuldiges nog te beskerm ook! Wat ek verder wil sê sal nie hier gepubliseer mag word nie…

Swerwer ·

Ja, was dit nou net die teenoorgestelde, was Riana Stander dadelik toegesluit en het nou nog agter tralies deurgebring. Die lae …………. van Polisiegeneraal moet maar vir haar kry. Sy het seer sekerlik gedink die son gaan ondergaan.

Sarel ·

Luister nou mooi en ons kyk later wie is reg.
Due NVG vervolg met een doel.om due saak op te mors en sodoende te verloor dan gaan die Genl gaan weereens
skotvry lom.

Kenny ·

Net soos met die Zuma verhoor is die NVG ONWILLIG OM TE VERVOLG HOEKOM ?

DIS HULLE MAATJIE

Erika ·

Was die Situasie omgedraai was Riana Stander n voorbeeld van gemaak…..Tipies

Die Houding Van Ek kan se En Doen wat ek lus kry. .en my posisie misbruik .sonder om verantwoorbaar gehou te word..
( dit is onaanvaarbaar
Jy behandel Ander soos jy self wil behandel word Ne

Douglas ·

She and her fellow generals have destroyed what was once the world’s finest paramilitary police force.

Jannie van Niekerk ·

NVG sal wel sorg dat niks teen die swart generaal gebeur nie., As dit egetr ‘n wit generaal was wat ‘n swart kaptein beledig het, was dit lewenslange tronkstraf vir daardie generaal.

Pieter J ·

Waar is die foto van die mense wat betrokke was. Sal dit graag weer wil sien.

SjN ·

Sy is weer heraangestel, kaders beskerm mekàar, orals korrup. Wonder wat se liegstorie gaan die keer gebruik word.

Rolo ·

Die storie wil ek dophou…. Wat het nou van rassisme geword???? Rassisme word in die land mos net na een kant toe gegooi!!

Lillian ·

Hier aan die Oos-rand was ook al sulke gevalle …. maar dit word maar net onder die mat ingevee …

Wondermaarnet ·

Gaan kyk hoe lyk die meerderheid en hou op enkeles uitsonder. Het hierdie “generaal” regtig deur al die range gegaan op grond van studies en ondervinding of was die range uitgedeel?

Kobus ·

Ek het die berig twee keer gelees……sien niks van die MRK nie? Gehoop hulle sou ook so rats wees soos met Eben Etsebeth en die Matiestudent. Praat van dubbelstandaarde. Kom nou Adv Gaum en mnr Nissen, help asb

Jack ·

Hierdie saak het die reuk van n zuma saak en ek verwag geen vervolging vir die rassis nie maar wel bevordering tot polisie kommissaris.

Misky ·

Ek kan nie glo wat ek nou net gelees het nie. Dit is mos pure eensydige rassisme en die NVG moet strafregtelik aangekla word. Weereens dankie Afriforum en Solidariteit, ek verhoog sommer my maandelikse premie met die goeie werk wat julle doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.