Generations-akteurs weer hof toe

Generations_logo_2009_1Veertien van die 16 akteurs wat verlede jaar uit die plaaslike sepie Generations afgedank is, het weer die hof genader in ʼn poging om die nuwe reeks te kanselleer, het City Press Sondag berig.

Die groep het Donderdag ʼn aansoek by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien. In die aansoek, teen Generations-vervaardiger Mfundi Vundla se maatskappy en die SAUK, het die Generations akteursgilde glo gesê die nuwe Generations The Legacy is “ongrondwetlik” en “ongeldig”, aangesien aanskaffingsregulasies nie nagekom is nie.

Die 14 akteurs het glo gesê die nasionale uitsaaier het aanskaffingsvoorskrifte wat in die Grondwet opgeneem is, oortree, toe daar met ʼn nuwe program begin is terwyl vorige kontrakte steeds van krag was vir die vorige reeks. Die betrokke kontrakte verstryk glo eers in Desember 2016.

“Die vervaardiging en uitsaai van Generations The Legacy moet ook gekanselleer word, aangesien die betrokke partye elke aanskaffingsmaatreël oortree het,” het Bulelani Mzamo, prokureur vir die akteurs, gesê. “Hierdie ooreenkomste kos die belastingbetaler jaarliks meer as R60 miljoen, en om dit bloot halfpad te kanselleer is ondenkbaar.”

Volgens die koerant het Vundla gesê dit is “ou nuus” en die akteurs “moet ʼn lewe kry en aanbeweeg”. “Ons het ʼn ander storielyn. Ons gaan nie terug nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

En so is daar mos geen wette in Suid Afrika vir alles wat deur die ANC se hand gaan nie. R60000000.00 is mos min geld om weg te gooi aldus die manier hoe hierdie mense sake doen. Gaan die korupsie noooooooit stop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.