ʼn Tradisionele geneser van KwaZulu-Natal is drie keer lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy ʼn minderjarige meisie herhaaldelik verkrag en dit met sy selfoon opgeneem het.
Sfiso Emmanuel Mngadi (40) is op 28 April in die Ulundi-streekhof in Port Elizabeth gevonnis.
Volgens kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het die 15-jarige meisie se ouers haar in Desember 2018 na Mngadi vir behandeling geneem. Die slagoffer se ouers het haar by Mngadi gelos in die hoop dat hy haar sal genees.
Sy is egter herhaaldelik verkrag terwyl Mngadi ʼn video-opname daarvan gemaak het.
Die slagoffer se tannie het Mngadi verlede jaar self besoek en hom met die beeldmateriaal betrap. Hy was besig om na die video op sy selfoon te kyk.
ʼn Saak van verkragting is by die Mahlabathini-polisiekantoor in KwaZulu-Natal aangemeld. Die dossier is later na die Ulundi-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe oorgedra.
Mngadi is kort daarna aangekeer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Verkragting, sommige se nasionale sport …
En die ouers wat haar daar gaan aflaai het?
Dit is die tipe mense waarvan ons kimders moet leer beter is as Westerse Geneeskunde.
3 x Lewenslank is in SA slegs op papier. In praktyk is dit skegs 1 x Lewenslank a.g.v. die Term ” aaneenlopend” .Al wat moes bykom is ” geen kans op parool ” maar dit sal nooit gebeur nie
En die ouers? Hoe lank is sy dan by die man gelos en dat so iets meer as een keer kon gebeur?