‘Geneser’ met emmer vol liggaamsdele betrap

Argieffoto

Die polisie het ʼn man aan die KwaZulu-Natalse suidkus in hegtenis geneem nadat hulle ʼn emmer vol fyngekapte liggaamsdele in sy besit gekry het.

Beamptes het laat Sondagaand ʼn wenk ontvang dat ʼn man liggaamsdele op Margate verkoop, sê kol. Thembeka Mbele. “Die beamptes het nie gras onder hul voete laat groei nie en die inligting opgevolg.”

Hul ondersoek het hulle na Marinerylaan gelei waar hulle die verdagte in ʼn voertuig sien sit het. “Die beamptes het die man, wat in tradisionele drag geklee was, genader,” sê Mbele, “en gevra om die voertuig te deursoek.”

Sy vertel tydens die soektog het hulle afgekom op ʼn emmer met die fyngekapte dele van ʼn menslike kopbeen, hand, bolyf en ander liggaamsdele daarin. “Die man het teenoor die polisie erken dat dit wel menslike liggaamsdele was en hulle meegedeel hy gebruik dit om mense mee te genees.”

Mbele sê die verdagte was na bewering op die uitkyk vir kopers en het reeds ʼn aantal tradisionele genesers in die omgewing genader. Hy het hom glo as ʼn tradisionele geneser van Margate voorgestel.

Ander genesers het blykbaar besorg geraak toe hy hulle vertel het hy het menslike liggaamsdele in sy besit wat hy vir so min as R4 000 van die hand sit. Dit was hulle wat die polisie in kennis gestel het.

“Ons ondersoek duur voort om te kyk of die verdagte verbind kan word met ander misdade in die provinsie,” sê Mbele. “Op die oomblik is dit onbekend aan wie die liggaamsdele behoort het. ʼn DNS-ontleding sal bevestig of dit meer as een mens sʼn was.”

Die 34-jarige verdagte word aangekla van die onwettige besit van beweerde menslike liggaamsdele en sal binnekort in die landdroshof op Margate verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

onwettig ·

“onwettig besit van menslike liggaamdele” ek het nie geweet daar is n wettig manier ook om dit te besit.

Eish ·

Jip, daar is. Soos die kadavers deur mediese studente gebruik.

Wim Kotze ·

Onwettig, beweer jy nou dat jy nie jou lyf wettig besit nie?

Casper Labuschagne ·

Die probleem is nog die liggaamsdele, nog die toordokters self. Die ware probleem is die persone wat glo dat hierdie soort medisyne werk, en dit sal mense verbaas watter kaliber persoon tog hierin sal glo.

Alida ·

Liewe Here verlos ons van hierdie booshede. Sluit hom toe asb. Dit is die satan wat heers.

Johan H. ·

Hoe de F. En julle verwag versoenning met die gemors,, Iemand se geliefdes is nou in n emmer!!!!Hoe sal enige iemand daar buite voel as dit jou kind is????? Donald Trump weet waarvan hy gepraat het!!!

Onnie ·

“Vir so min as R4000 vd hand sit” ????? Was hulle besorg oor die prys of die feit dat iemand met liggaamsdele smous?!

Willie ·

Voeg sy goeters sommer toe tot die emmer… heidinne glo in voorvaders!

Lana ·

Ongelooflik dat ‘n emmer liggaamsdele die “mark” haal.
Moes dit nie al lankal deur SAP onderskep en ondersoek gewees het nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.