George Bizos sterf

Adv. George Bizos.

Die menseregteadvokaat adv. George Bizos is in die ouderdom van 92 oorlede.

Die Bizos-familie, die Legal Resources Centre en die George Bizos Saheti-skoolbeursfonds het in ʼn gesamentlike verklaring bevestig dat Bizos Woensdag omstreeks 17:30 by sy huis aan natuurlike oorsake dood is. Hy was omring deur familie.

Bizos is in 1928 in Kirani, Griekeland, gebore waarna hy op die ouderdom van 13 saam met sy pa as vlugtelinge na Suid-Afrika gekom het. Bizos het in 1950 sy regsgraad aan die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg verwerf waarna hy tot en met 1990 as advokaat gepraktiseer het.

Bizos is veral daarvoor bekend dat hy oudpres. Nelson Mandela en Walter Sisulu tydens die Rivonia-verhoor verdedig het.

Pres. Cyril Ramaphosa, die parlement en Ronald Lamola, die minister van justisie en korrektiewe dienste, het intussen hul medelye met Bizos se familie uitgespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anne-Marie ·

….maar wat gaan die begrafnis ons belastingbetaler kos…?

Anoniem ·

Die staat weet waar om miljoene vinnig in die hande te kry. Die rekening sal ons later vereffen.

Hendrik ·

Dit is seker maar moeilik vir ‘n advokaat om beskuldiges te verdedig as jy weet hulle is skuldig bv. hoogveraad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.