George-brande: Munisipaliteit begin inwoners ontruim

Foto: Twitter.

Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR van plaaslike regering, het teen vroeg Maandagmiddag gesê die Outeniekwa-brande woed steeds voort.

“Die brand in die Outeniekwaberge is steeds aktief teen die hange van die berge. Die voorbrand van die perdehoef na die agterkant van die Denneoord‑waterwerke wat gister gedoen is, was suksesvol. ʼn Aantal brandbane is deur die munisipaliteit in George in plek gestel as ʼn ekstra linie van verdediging vir die stedelike omgewings,” het Bredell gesê.

Inwoners van George het aan Maroela Media gesê ʼn speelskooltjie teen die hang van die berg is intussen ontruim. ʼn Dik rookwolk hang oor die dorp. Volgens ʼn bron mag pasiënte in George se staatshospitaal ook nie na buite gaan nie en rook wat van buite af die hospitaal inwaai, het veroorsaak dat van die hospitale se brandalarms afgegaan het.

‘n Rookwolk hang oor die dorp. Foto: Verskaf.

Working on Fire (WOF) het gesê die brand is steeds aktief in die Waboomskraal-omgewing en op die berghange van die Outeniekwaberge bo die Witfontein‑plantasie. “Die brandlyn agter Fernridge het in die plantasie in beweeg. Spanne op die grond is besig om die brand onder bedwang bring. Alle ander brandlyne is in die stadium veilig. Rook van die smeulende voorbrande van gister word met die wind oor die [George] middestad gestoot.”

Kenny Africa, Kaapse verkeershoof, het gesê die Outeniekwa‑pas is steeds gesluit as gevolg van die voortslepende brande en swak sigbaarheid weens die dik rook.

James-Brent Styan, Bredell se woordvoerder, het gesê weerstoestande maak dit onmoontlik vir helikopters om te vlieg om te help om die brande te blus. “Die situasie is baie moeilik in George,” het hy op Twitter laat hoor. Volgens hom sou die windrigting na verwagting om 12:00 weer verander het.

Die munisipaliteit in George het luidens Styan as ʼn voorsorgmaatreël begin om inwoners van die informele nedersettings Blanco, Golden Valley en Step Aside te ontruim. Inwoners van Barrieweg in Fernridge word ook nou versoek om hul huise te verlaat en troeteldiere saam te neem.

Foto: Twitter.

Mense sal met busse na die stadsaal vervoer word.

Inwoners word gemaan om gehidreer te bly, deure en vensters toe te hou, troeteldiere binnenshuis te hou en buitemeubels wat kan brand na binne te skuif. “Ouer mense en mense met gesondheidsprobleme wat in staat is om self te beweeg, kan hulle vrywillig van die omgewings langs die berghange verwyder.”

Inwoners word ook aangemoedig om hul grasdakke nat te spuit en seker te maak geute is nie verstop nie.

Inwoners is verder gewaarsku teen onder meer slange wat uit die woud vlug en moontlik in die dorp kan beland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

jaco ·

Party van Working on Fire se stig dié brande sodat hulle kan geld nadat hulle die brande later geblus het. Dis net te kort na die brande by Riversdal, waar Working on Fire ook help blus het, dat dié brande by George suiwer natuurlike oorsake het.

Tanya ·

En waar presies kry jy hierdie feite? Het jy enige idee hoe hard hierdie mense werk om hierdie vure te blus? Ek neem aan dié wat as brandweemanne sterf is dan deel van hierdie ‘beplande brande’ soos jy dit noem? Ek het groot geword as n brandweer-kind met n pa wat sy passie uitgeleef het in hierdie gebied. Dis beslis nie n maklike taak nie, so ek waardeer beslis nie hierdie feitlose opmerking nie. WOF doen goeie werk!

Chris Ws ·

Jaco,het jy al gesien wat maak ‘n sterk wind met kragdrade van Eskom?Raak twee van die 3 drade net liggies aan mekaar spat die vonke die wereld vol en met sulke wind en hoe temperature en droe gras is daar dadelik ‘n erge veldbrand.Ek lei af jy woon in ‘n dorp.

Cecilia Kruger ·

Jaco , waarvan praat jy boet ? Het jy enige bewyse ? Dit is bitter droog en warm in die omgewing. Die geringste wind en meegaande omstandighede soos kragpale wat omwaai kan nou lei tot brande. WOF was nog in Riversdal besig om area te monitor toe die brand in George uitgebreek het ….! Sterkte aan almal wat help blus.

Ontstaan ·

Die vuur het in Herold begin en nie in George. Die vuur het oor die berg gebrand na George se kant toe. Voorbrande is gemaak maar die vuur het die Maandag dit gespring met die hulp van sterk warm bergwinde. Geen huis in George omgewing is afgebrand nie en deur die Here se genade het die vuur Stad gemis…

Lee ·

My hart gaan uit na die mense!!! Dis verskriklik hartseer om te ontruim en jy weet nie of jy nog blyplek gaan hê teen die einde van die dag nie. Dankie aan al die branbestreiders. Julle doen ‘n ongelooflike werk. Die verskriklike droogte help die vure vinnig aan. Ons bid kliphard vir ‘n wonderwerk met reën van Bo af xx

Ana ·

En waar is die president van die land? Plaas hy vlieg soon toe en Ons Mense bystaan!Dis nie Amerika nie Ons is n super Klein punt van Afrika. Pateties hy sit lekker veilig Saam met Sy bodyguards terwyl Ons Belasting betalers moet opdok!
Gee om Vir mekaar , God is daar vandag by julle! Baie Baie Sterkte Ons bid Vir julle !!!!!!

Ai tog! ·

Ek vat nou regtig nie part vir CR nie, maar in hoeveel sukke moet hy hom deel om orals te wees??? Wat moet hy en sy bodygaurds doen of ons nou betaal vir hulle of nie. Hierdie is die natuur en ons as mens kan niks doen nie. Of ons daar staan by die vuur en bid of by ons werk of wonings, wat is die verskil. Natuulik bid ons vir hierdie mense wat deur hierdie moeilik tyd gaan. Daar is verseker van my familie wat ook nou hulle huise moet ontruim en hoop hulle kry hulle wonings en besittings terug as hulle weer terug is by die huis.

Estelle ·

Hy is besig met die reëlings vir “our people” se massa begrafnis wat in taxi ongeluk oorlede is.

Aan die brandbestryders, ek haal my hoed af vir die ondankbare werk wat julle verrig. Het al beleef hoe mense deurnag brand veg, en dan het die eienaars van die grond nie eers ñ dankie of ñ glas water aan te bied nie. Dit is ñ spesiale soort mens wat vir dae aanmekaar onbaatsugtig vuur veg.

jaco ·

in hierdie misdadige korrupte SA is bitter min goed “normaal”. Tydens groot brande in die Boland meer as ‘n jaar gelede is talle bewyse gekry dat die brande doelbewus gestig was. Meer as een keer is vingers na Working on Fire gewys. Daars selfs daaroor berig op hierdie selfde Maroelamedia.

Ai tog! ·

Ai tog Jaco, het jy al gesien of gehoor hoe dit elke jaar in Amerika en Australia brand. Hierdie is die natuur. Niks wat jy of ons korrupte land iets aan kan doen nie.

chrisjan ·

Jaco ja ,daar word brande gestig .Dis gewis so.Ons het die geval gehad waar die veld langs die teerpad op 4 plekke doelbewus aan die brand gesteek is 4 uur die more.Gelukkig was een boer wakker en dit gesien en alarm gemaak maar die skuldige het weggejaag.Dan het Eskom nou die laaste brand by ons met hul drade wat aanmekaar raak gestig.het ook gesien hoe weerlig die veld aan die brand steek.

TLC ·

Liewe GROTE GOD as dit U wil is sal n paar reenwolkies wel kan help
Groot asb my VADER beskerm almal wat so hard werk daar
AMEN

TLC ·

Liewe GROTE GOD as dit U wil is sal n paar reenwolkies wel kan help
Groot asb my VADER beskerm almal wat so hard werk daar
AMEN ??

bi ·

Ai, ai, ai Jaco.
Jy het geen benul nie, het jy? Jy sit seker in ‘n kantoor. ‘n regte “pen pusher” wat goed lees en sommer nou maar sommer sy eie gevolgtrekkings maak. Net omdat iemand so gesê het en vingers wys beteken nie dit is so nie. Dalk moet jy weer gaan dink oor watter tipe werk hierdie mense doen en hoe hulle, hulle eie lewe in gevaarstel. Ons praat weer as jy, jouself bevind waar die mense hulle bevind. In gevaar en al wie jou kan help is die manne wat hulle lewens in gevaar stel vir jou en die rondom hulle. Maar dan ook weer nie almal is mans genoeg om die tipe werk te doen nie.

“Stick to your pen pushing job” en as jy nie iets goed te sê het vir mense wat hulle werk doen nie, bly eerder stil.

Lientjie ·

Ai dis baie sleg. My neef het 2 maande terug in hulle nuwe huis ingetrek na die laaste brande. Sy huis was een van die wat tot op die grond afgebrand het. nou weer dit!

Staak saam ·

Jaco met SA se bevolking van oor die 50 000 000 beteken dit dat as jy die totale bevolking eweredig oor SA verspry dan kry jy elke 70m n persoon. Met hierdie winde kort daar net een stompie wat by n venster uitgeskiet word om so n brand te laat ontstaan.
Los maat gerus jou verdagmakery en konsentreer op die ramp.

Chami ·

Ek haal my hoed af vir enige “first responders”, hetsy mediese personeel, polisie of brandweermanne. Bitter moeilike en ondankbare werk.
Waar sou ons wees sonder hulle?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.