George-busdiens hervat ná vandalisme, brandstigting

Go George-busse Foto: George Herald

Go George-busse Foto: George Herald

Nege persone is in hegtenis geneem in verband met verskeie aanvalle van vandalisme en brandstigting op busse van die Go George-busmaatskappy.

Alle dienste hervat vandeesweek op die Wes-Kaapse Tuinroete nadat dienste verlede week opgeskort is.

“Wetstoepassingsagentskappe het saamgewerk om gemoedere in die gebied te laat bedaar ná die aanvalle verlede week op busse van die Go George-maatskappy,” het Donald Grant, minister van vervoer en openbare werke in die Wes-Kaap, Sondag gesê.

Volgens Grant het die diens reeds Vrydagmiddag in sommige dele hervat.

“Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ook verskeie persone in hegtenis geneem wat vermoedelik verantwoordelik is vir die aanvalle, en die provinsiale verkeersdiens het ʼn aantal taxi’s geskut tydens operasies en voertuigkontrolepunte in George,” het Grant bygevoeg.

“Volgens die jongste verslag is nege persone in hegtenis geneem en na verwagting sal nog inhegtenisnemings volg. Die persone sal na verwagting Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van openbare geweld.”

Die verdagtes staan tereg op aanklagte wat verband hou met:
* vier busse wat aan die brand gesteek is
* nog twee busse wat beskadig is
*nog vandalisme tydens die betogings

Die skade wat tydens die betogings op 19 Augustus aangerig is, beloop na beraming meer as R15 miljoen, het Grant bygevoeg.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johann Marx ·

Dis nou alles goed en wel om NEGE persone te arresteer, te verhoor en heel moontlik ‘n opgeskorte vonnis te laat kry……maar gaan hulle die R15 miljoen skade wat hulle aangerig het terug betaal? Dis R15 miljoen wat gegenereer moet word, belasting op betaal word, btw op betaal word en uit iemand se sak moet kom. Verstaan julle nou waarom ons geld-eenheid nou ongeveer vier Engelse pennies vir ‘n Rand is???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.