George-egpaar dood in huis aangetref

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

’n Egpaar is Donderdag vroegaand dood in hul huis in George in die Suid-Kaap aangetref.

Die egpaar se seun het op hul liggame in sy ouerhuis in Lavalia afgekom. Albei het skietwonde aan die kop gehad en ’n vuurwapen is in die vertrek gevind.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord terwyl ’n geregtelike doodsondersoek ook gedoen word.

Kapt. Malcom Pojie, polisiewoordvoerder, sê ’n voorlopige ondersoek dui daarop dat die egpaar se seun omstreeks 17:40 by die huis weg is. Dit was die laaste keer dat die egpaar lewend gesien is.

Die seun het omstreeks 19:00 by sy terugkeer op sy ouers, onderskeidelik 59 en 61 jaar oud, se liggame in hul slaapkamer afgekom en die polisie ontbied.

Pojie sê forensiese kundiges het die toneel gefynkam vir leidrade. ʼn Vuurwapen is in die slaapkamer gevind en sal vir ballistiese toetse gestuur word.

ʼn Nadoodse ondersoek word Vrydag gedoen om die oorsaak van die egpaar se dood te bepaal.

Die omstandighede rakende die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Fedup ·

No one on this planet will kill and leave a weapon.
Unless it’s a planned suicide.
Still a tragedy though.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.