George Louca sterf in tronk

George Louca op 21 April 2015 in die hof Foto:  Narissa Subramoney, eNCA

George Louca op 21 April 2015 in die hof Foto: Narissa Subramoney, eNCA

George Louca, die hoofverdagte in die moord op Teazers-baas Lolly Jackson, is Maandagaand in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria dood.

“George is omstreeks 20:30 vanaand [Maandagaand] dood …’n absolute miskraam van geregtigheid,” het Owen Blumberg, Louca se regsverteenwoordiger, in ʼn SMS aan News24 gesê.

“Hy is na ʼn Pretoria-hospitaal geneem aangesien hy siek gevoel het. Hy is glo ‘gestabiliseer’ voor hy teruggestuur is na ʼn vleuel by die Pretoria-gevangenis waar hy dood is.”

Die departement van korrektiewe dienste het bevestig dat Louca Maandag dood is, maar kon nie verdere besonderhede verskaf nie.

Louca was in die finale stadium van longkanker. Hy het in April in die hooggeregshof in Johannesburg verskyn toe sy regsverteenwoordiger ʼn aansoek ingedien het dat hy teruggestuur word na Ciprus om daar dood te gaan. Die aansoek is van die hand gewys.

Louca moes Vrydag weer in die hof verskyn, maar het nie opgedaag nie. Sy regsverteenwoordiger het aangevoer hy is te siek om in die hof te verskyn.

Louca is verlede jaar na Suid-Afrika uitgelewer op verskeie aanklagte, waaronder die moord op Jackson. Hy het ontken dat hy Jackson vermoor het. Volgens Louca het Radovan Krejcir die Teazers-baas vermoor.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nicolene ·

Shame, so George kon nie sokker saam Radovan en Oscar speel nie? Gepraat van “… ‘n absolute miskraam van geregtigheid” mnr Blumberg – hoe verdedig en verteenwoordig mens ‘n moordenaar???? Die rekeningtjie sal seker nou verdriedubbel want daar is seker GROIT fondse in daai boedel!!

scalla ·

En die skuld gaan nou alles op die oorledene gepak word, die ander gaan almal skotvry wees

JanVanAfrika_II ·

scalla, dis nes jy daar sê… die ander se laste gaan nou op hom gepak word.
Vreemd, hoekom sal `n man in sy finale stadium van kanker sê dat Krejcir vir Jackson vermoor het? Ek dink dis dalk die waarheid.
Maar dis presies soos scalla sê… die “fall guy” is dood, alles gaan nou op hom gepak word, en mense gaan omgekoop word om te “glo” dat hy skuldig is aan allerhande oortredings.

Dave ·

Die beskrywing ‘ …’n absolute miskraam van geregtigheid’ strek verder as slegs by die betrokkenis. Daar is ‘n mening dat Pistorius teen Augustus vrygelaat kan word. Ek wonder soms of regsverteenwoordigers wat sulke gevalle verdedig nie soms by nabetragting hul eie doene en late bevraagteken.

tony ·

Wanneer gaan mense besef Oscar het so lig afgekom deur n swak aanklaer wat nie sy saak kon bewys nie. Om te skree jy is skuldig niks nie bewys diy

ladybug ·

As hy so onskuldig was, hoekom het hy nou eers met die “waarheid” navore gekom? Ek glo dit was net ‘n manier om uit die tronk te kom en weer op die vlug te slaan, en dit ons land weer miljoene sou kos om hom terug te kry om pa te staan vir sy misdade.

hy maak of hy so onskuldig was in alles, maar niemand het hom gedwing nie, dit was uit sy eie vrye wil dat hy deel was van die onderwêreld. En ongelukkig betaal almal maar ‘n prys vir hul besluite … hy’t nouwel nie tronk straf uitgedien nie, maar hy’t ‘n aaklige dood gesterf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.