George-ramp: Dodetal styg tot 27

‘n Foto van die perseel kort nadat die gebou ineengestort het. (Foto: Wille van Tonder/AFP)

Die dodetal ná ʼn gebou in George ineengestort het, het nou tot 27 gestyg.

Tot dusver is 56 mense uit die puin gehaal. Dié syfer sluit in die 27 wat gesterf het en 13 mense wat nog in die hospitaal behandel word. Nog 25 mense word vermis.

Dit was Maandag presies ʼn week nadat die gebou in Victoriastraat op 6 Mei ineengestort het. Die soektog na die oorblywende slagoffers duur intussen voort.

???????????????????? ????????????????????????????????????: ????????:???????? ???????????????????????? ???????? ???????????????????????????????? ???????????????????????????????? ???????????????? ???????? ????????????????????????, ???????????????????????????? ???????????????? – ???????????????????? ???????????????????????????????????????????????? ???????? ???????????? ????????????????????????…

Posted by Garden Route District Municipality on Monday, May 13, 2024

ʼn Oomblik van stilte is om presies 14:09 gehandhaaf. Dit is die presiese tyd wat die gebou inmekaargetuimel het.

Volgens die munisipaliteit en gesamentlike operasionele sentrum (JOC) was die oomblik van stilte ʼn huldeblyk aan diegene wat dood is, en ter ondersteuning aan die families wat deur die ramp geraak word.

Intussen gaan die Tuinroete-distriksmunisipaliteit voort met die proses om slagoffers uit te ken. Planne is Maandag in werking gestel om dié proses te versnel sodat daar vinniger afsluiting aan familielede gegee kan word. Tot dusver is slegs een van die slagoffers uitgeken.

George Building Collapse 2024 Update Date: 06-12 May 2024 SARZA Regions: Cape, Gauteng, Mpumalanga, Free State…

Posted by SARZA on Monday, May 13, 2024

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kneh Mokenah ·

Hierdie was een gebou wat ingetuimel het, ek wonder hoe gereed SA is vir ‘n aardbewing soos die een van Turkye verlede jaar getref het waar duisende geboue ineen gestort het. Na my mening sal derduisende mense lewend begrawe word.

Jax ·

Uit my hart uit, stuur ek n groot DANKIE aan almal wat daar hulle gô afwerk! Julle is die toonbeeld van hoe ons moet leef. Saam werk aan dit wat belangrik is sonder taal-, ras-, ouderdom-, velkleur of geloofs voorkeure nie. Dankie vir julle tyd, kundigheid, baie lang ure en harde werk. Julle liefde vir jul mede-mens, is werklik prysenswaardig. Ek bid julle elkeen seën toe oor julle lewens, handel en wandel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.