George-tragedie: Nog liggame uit puin gehaal

(Foto: Tuinroete-distriksmunisipaliteit)

Die dodetal in die tragedie wat hom in George afspeel waar ʼn gebou ineengestort het, is Sondagmiddag om 15:00 na 19 aangepas.

Altesaam 81 persone was op 6 Mei 2024 op die toneel toe die gebou in Victoriastraat ineengestort het. Veertien persone word nog in die hospitaal behandel en 33 persone word nog vermis.

Bheki Cele, die minister van polisie, het die Tuinroete-distriksmunisipaliteit en George-munisipaliteit se gesamentlike bedryfsentrum toegespreek. Die minister het ook met die families van die slagoffers vergader om hul welstand te bepaal en sy voortgesette ondersteuning aan te bied.

Cele is bygestaan deur die polisiekommissaris genl. Fannie Masemola en adjunkpolisiekommissaris lt.genl. Tebello Mosikili. Hulle was in gesprek met die soek- en reddingspanne, honde-eenheid en SAPD-hommeltuigspanne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

En Cele het ‘n nuwe hoed, nogal rooierig.

Aldie ·

Cele spandeer net meer belastinggeld, hy hoort nie hier nie.

Andrew ·

Wat soek Cele daar, net ‘n ekskuus om meer van die belastingbetaaler se hard verdiende geld te mors? Hy is ‘n suurstofdief!

mattk ·

Ai Bekkie Cele, jy wil tog sooo graag belangrik lyk en beaam net daardeur wat die publiek reeds van jou dink – jy weet nie rerig (of gladnie) wat aangaan nie. Jou toespraak van “Ons het die besonderhede van die eienaars en almal betrokke. opgespoor” dui ook aan dat jy graag op die rug ry van ander mense wat die werk doen…. daardie inligting was reeds bekend en beslis nie deur jou toedoen of besoek nie.

Carl ·

Ek is bitter jammer vir die mense wat dood of beseer is en hulle families, maar lees ook die volgende in die berig: In ‘n land met hoë werkloosheid, word beraders gesoek wat tale kan praat wat mense in Mosambiek, Zimbabwe en Zambia praat. Lyk my daar het meer buitelanders gewerk as plaaslike mense. Weereens ‘n indikasie van ons grense wat slegs ‘n stippellyn op ‘n kaart is. En dan, wat het ou hoed en sy mede eters daar gesoek anders as bietjie besigheidsklas rondvlieg en hotelkos?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.