Gepos ná sy hoof skors oor renosterhorings

Clarah Ndlovu

Clarah Ndlovu

Die voorsitter van die raad van die Mpumalanga-toerisme-en-parke-agentskap (MTPA) is afgedank nadat sy die agentskap se uitvoerende hoof geskors het oor die diefstal van renosterhorings, berig Saturday Star.

Pinky Phosa, LUR vir ekonomiese ontwikkeling en toerisme, het Clarah Ndlovu, voorsitter van die MTPA, glo uit haar pos verwyder nadat sy glo die agentskap se beleid oortree het. Ndlovu het glo die beleid oortree deur Jacques Modipane, uitvoerende hoof van die MPTA, te skors. Modipane is geskors nadat renosterhorings uit die kluise van die MTPA gesteel is.

“Volgens die MTPA-Wet kan die uitvoerende hoof van die agentskap slegs geskors of afgedank word na konsultasie met die LUR,” het Mohau Ramodibe, woordvoerder van die departement, gesê. “In die geval het Ndlovu vir Modipane geskors sonder om met die LUR daaroor te konsulteer.”

Volgens die berig is Ndlovu deur Fidel Mlombo vervang met effek van 30 April. Ramodibe het aan die koerant gesê Mlombo sal aan die hoof van die agentskap staan tot 30 September wanneer die raad se termyn verstryk.

Lees ook:
Hoof geskors ná renosterhoring-diefstal
Renosterhorings van miljoene rande gesteel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul Smith ·

Shame, sy wou ook maar net ‘n horing gehad het toe kry sy ‘n trekpas.

AmY ·

Geen wonder niemand wil eerlik wees nie. As jy korrup is, is jy veilig. As jy eerlik is, kry jy die trekpas. Geen wonder ons land is in sy peetjie in.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.