Pinky Phosa, LUR vir ekonomiese ontwikkeling en toerisme, het Clarah Ndlovu, voorsitter van die MTPA, glo uit haar pos verwyder nadat sy glo die agentskap se beleid oortree het. Ndlovu het glo die beleid oortree deur Jacques Modipane, uitvoerende hoof van die MPTA, te skors. Modipane is geskors nadat renosterhorings uit die kluise van die MTPA gesteel is.
“Volgens die MTPA-Wet kan die uitvoerende hoof van die agentskap slegs geskors of afgedank word na konsultasie met die LUR,” het Mohau Ramodibe, woordvoerder van die departement, gesê. “In die geval het Ndlovu vir Modipane geskors sonder om met die LUR daaroor te konsulteer.”
Volgens die berig is Ndlovu deur Fidel Mlombo vervang met effek van 30 April. Ramodibe het aan die koerant gesê Mlombo sal aan die hoof van die agentskap staan tot 30 September wanneer die raad se termyn verstryk.
Lees ook:
Hoof geskors ná renosterhoring-diefstal
Renosterhorings van miljoene rande gesteel
Shame, sy wou ook maar net ‘n horing gehad het toe kry sy ‘n trekpas.
Geen wonder niemand wil eerlik wees nie. As jy korrup is, is jy veilig. As jy eerlik is, kry jy die trekpas. Geen wonder ons land is in sy peetjie in.