Geraamte by huis dalk ʼn pop

Uitgrawing van die geraamte by die huis in Beachwayweg in Durban-Noord Foto: SAPD KwaZulu-Natal

Uitgrawing van die geraamte by die huis in Beachwayweg in Durban-Noord Foto: SAPD KwaZulu-Natal

Die KwaZulu-Natalse polisie kon teen Dinsdag nog nie bevestig of ʼn geraamte wat in die grond by ʼn huis in Durban-Noord gevind is, dalk ʼn namaaksel is nie.

Maroela Media het oor die naweek berig lede van die Durban-polisie se soek-en-reddingseenheid is Vrydag na ʼn huis in Beachwayweg ontbied waar ʼn geraamte gevind is.

Volgens die polisie was kontrakteurs besig om fondamente uit te grawe vir aanbouings aan die huis toe hulle op die beendere afgekom het.

Die patoloog het met ʼn beheerde uitgrawing begin om die oorskot te bewaar vir ʼn outopsie en om dit te identifiseer. Beamptes het die uitgrawing Sondag voortgesit, waarna die geraamte na die Gale-lykshuis geneem is vir verdere ondersoek en om vas te stel of die beendere dié van ʼn mens is of nie.

Die huiseienaar het egter glo Sondag aan die plaaslike gemeenskapskoerant, die North Glen News, gesê die patoloog het gesê die geraamte is ʼn namaaksel [soortgelyk aan dié wat in biologieklasse gevind kan word].

“Ons het aanvanklik gedink dit is ʼn namaaksel want die bene het draad en metaalpenne in gehad. Daar is selfs ʼn raamwerk gevind waaraan dit dalk gehang het. Ons is baie verlig dit is nie regte bene nie, anders sou my vrou daarop aangedring het dat ons verhuis,” het die huiseienaar aan die koerant gesê.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag by navraag aan Maroela Media gesê daar is nog nie vasgestel op die beendere menslik is of nie en die geregtelike doodsondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

jaco ·

seker n staatspatoloog wat met 20% wiskunde slaagsyfer sy opleiding klaargemaak het OF wat gelieg het oor sy kwalifikasies en eintlik na graad 7 skool gelos het.

Ronel ·

Presies wat ek ook gedink het. Daar is ‘n massiewe verskil tussen regte bene en nagemaaktes. Eks seker my 10 jarige sou dit op ‘n afstand kon sien…

Anton ·

…ek kry dadelik n vervoermaatskappy wat pak en trek…want ek gaan nie na werk terug na daai huis as dit myne is en n geraamte word daar gevind nie…ek sal ook nie se waarnatoe ek trek nie…en ek verander my naam net om daai geraamte deurmekaar te maak…

Cherokee ·

Moekie, jy sal verbaas wees wat alles word begrawe! Daar is al selfs goud en diamante onder die grond gevind. Selfs olie en ander vreemde items soos water en dies meer. Nog nooit kon uitgevind word wie dit onder die grond toegegooi het nie.

Papilon ·

O my genade kan hulle nie die verskil sien nie? My kop skud heen en weer en heen en weer. Gaan n 5 jarige nou aangekla word vir pop moord? Nee ek kan dit nie glo nie! Moet die berig Buiteland toe stuur. Ons moet dit met iemand deel!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.