Geraamte in silo gevind

King Foods se ingang in Potchefstroom Foto: Google Earth

King Foods se ingang in Potchefstroom Foto: Google Earth

Die polisie in Potchefstroom in Noordwes doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat beendere van ʼn menslike skelet by King Food gevind is.

“Die beendere is op 19 Junie omstreeks 09:40 gevind,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die vervaardigingsbestuurder het die silo oopgemaak en die geraamte in die mielies opgemerk. Hy het die polisie en die departement van gesondheid ontbied.”

Die geraamte is glo dié van ʼn volwasse man. Die geraamte het vermoedelik maande lank al tussen die mielies gelê.

Die persoon is nog nie uitgeken nie. “Enigiemand wat meer inligting het word versoek om die polisie in Potchefstroom te kontak,” het Ramaloko bygevoeg.

Die beendere is aan die forensiese laboratorium gestuur om die omstandighede rondom die persoon se afsterwe te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Dave ·

Mielies wat gemaal word tot meel en daarna gebak word tot pap?

SNEL ·

O golly, wat n grillerige storie, geraamte, so dit wil sê die “sous” het deur die mielies geloop en wurms en en. O tyd, nou hoe sal n mens nou weet van waar kom jou pappies. Die reuk, al daai “sap” op die mielies, kon niemand iets ruik of agterkom nie.

Lee ·

Ek is gelukkig nie lief vir pap nie…en glo ek sal vir ‘n langtyd nie pap eet nie!!

annette ·

O my golly miss Molly…..pap is verbode in my huis vir ‘n laaaang tyd…as die lyk al net ‘n geraamte is, is die res gemaal saam met die mielies…..grillerige idee.

Stephen ·

Ja, as jou braaipap so ‘n vleisgeurtjie het, sal jy weet waar dit vandaan kom………

Francois ·

Daars nie ‘n manier wat ek weer mielie pap eet nie…jis ek’s skoon naar aan die gedagte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.