Gerda 15de in ’n warm Japan

Die Olimpiese marathon is vandag in Japan voltooi. Foto: AFP.

Weens die hittegolf in Japan is die Olimpiese marathon na Sapporo (noord van Tokio) geskuif, terwyl die atlete ook ’n uur vroeër weggespring het. Tog het die kwik steeds by 30 °C gedraai, terwyl die humiditeit sake verder bemoeilik het.

Ten spyte van al die uitdagings het Suid-Afrika se Gerda Steyn (2:32:10) in die 15de plek klaargemaak – 4:50 min stadiger as die uiteindelike wenner, Kenia se Peres Jepchirchir.

Die Keniaanse langasems het die marathon-krane oopgedraai om die goue en silwer medaljes te wen. Jepchirchir was eerste oor die eindstreep met haar tyd 2:27:20, terwyl haar landgenoot en wêreldrekordhouer, Brigid Kosgei (2:27:36), kort op haar hakke was.

“As ons om 07:00 weggespring het, sou dit later net te warm vir die atlete geword het. Toe ek hoor dat hulle die wegspringtyd vroeër gemaak het, was ek baie dankbaar,” het Jepchirchir gesê.

Volgens die gouemedaljewenner het sy later besluit om die spoednaald in die rooi te druk en was sy baie opgewonde toe sy agterkom dat sy die wedloop kan wen.

“Ek is so bly omdat dit ’n merkwaardige prestasie vir Kenia is – ’n eerste en tweede plek!”

Die VSA se Molly Seidel (2:27:46) was derde, terwyl Irvette van Zyl min of meer by die halfpadmerk uitgetree het.

Uit die 88 deelnemers kon 14 atlete (insluitend die wêreldkampioen Ruth Chepngetich) nie die wedloop voltooi nie.

’n Glimlaggende Steyn het ná die wedloop gesê dat sy trots is op haar 15de plek, terwyl sy ook haar ondersteuners bedank het.

Die 31-jarige Steyn se langafstandloopbaan gaan van krag tot krag: Sy het in 2019 die Comrades-rekord verbeter, terwyl sy ook sewende in verlede jaar se Londen-marathon geëindig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Steve ·

Twee atlete van 1 land in een wedren wen soveel medaljes as SA met 60+ miljoen mense? Seker omdat BEE en AA niks tel nie…net meriete. En meriete is iets wat niks beteken in ons korrupte land nie

piet ·

Lagwekkende kommentaar van jou. Al die witvelletjies wat goedgenoeg was om daar te wees, was daar. Watter wit atlete is uitgesluit wat daar moes wees? Slaan jou naam met ‘n spykerplank.

piet ·

Al ons atlete is op meriete gekies maar duidelik is ons nie op wereldstandaard nie (behalwe vir 2 atlete). Nie juis dat SA eintlik al ooit goed presteer het by die Olimpiese Spele nie, dit was maar nog altyd ‘n gesukkel. Goed in SA en Afrika beteken ongelukkig baie selde goed in wereldterme. Party van die vertonings was werklik om van skaam te kry. Baan-atlete wat met 30m verloor en so aan. Nie goed genoeg nie.

piet ·

Daar’s nie beter atlete in SA nie, almal is op meriete gekies.

piet ·

Ons atlete gee maklik op. Selfs Wayde het sommer oornag besluit hy wil nou nie meer saam met sy maatjies in die 400m aflos hardloop nie. Geen wonder die medaljes is so skaars soos hoendertande nie. Bietjie skaafwerk aan die houdinkies nodig, dink ek.

Elmarie ·

Gerda, jy is en bly ‘n ster. Altyd met ‘n glimlag – classy lady! Baie mooi gedoen!

Blomme ·

Welgedaan. Jy is steeds ń wenner. Om in sulke moeilike omstandighede vas te byt is pragtig.

piet ·

Vreemd dat ‘n temperatuur van 30 grade Celsius SA atlete sal afskrik. Ek reken hulle draf gereeld in SA in sulke temperature. Klink maar weer soos ‘n verskoninkie wanneer hulle nie die mas opkom nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.