Gerda hou SA se naam hoog in NY

Gerda Steyn. Foto: Facebook

Dit was nie net die Springbokke wat die naweek Suid-Afrika se naam hoog gehou het nie.

Suid-Afrika se goue langasem-atleet, Gerda Steyn, het die New York-marathon in ʼn persoonlike beste tyd van 2:27:48 voltooi. Sy was algeheel 11de in die vroue-afdeling en het sodoende slegs die vyfde Suid-Afrikaanse vrou geword om die marathon in minder as 2 uur en 30 minute af te lê.

Steyn se tyd beteken ook sy kwalifiseer vir volgende jaar se Olimpiese Spele.

“Ek is so dankbaar vir julle almal se ondersteuning – van die oefening tot in die lyn staan vir die wêreld se beste marathon.

“Daar is nog meer wat kom en vandag se marathon was net petrol op die vuur. Ek is vasbeslote om vinniger te gaan in die toekoms en ek belowe dat ek sal aanhou werk tot hierdie bene nie meer kan nie.”

Steyn het begin September die Middlesbrough 10 km-wedloop in Engeland in ’n nuwe persoonlike beste tyd van 33:05 minute gewen.

Die 29-jarige Steyn was op 24 September en 13 Oktober ook in aksie tydens die FNB Run Your City-reeks ter voorbereiding vir die New York-marathon.

Dié Nedbank-atleet het ’n verstommende twee jaar agter die blad: Sy het die Twee Oseane-marathon twee keer gewen, terwyl sy met ’n tweede én ’n eerste plek in die Comrades-marathon spog. O ja, sy het vanjaar ook die Comrades se opwedlooprekord laat spat.

Steyn het vroeër aan Maroela Media gesê sy het hoë verwagtinge vir die res van 2019.

“As jy my aan die begin van die jaar sou vra of ek ooit sou verwag het om só ’n goeie 2019 te hê, sou ek baie verbaas gewees het.

“Ek het geweet dat ek fikser is as in 2018, maar het ek soveel verbetering verwag? Nee, glad nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Tinky ·

Baie geluk goue meisie ek is n groot ondersteuner van jou????

Maria ·

Baie geluk sjoe het gekyk hoe New York gehardloop dit was nie maklik wedloop nie . Hou aan nuwe ekvaring

Baie geluk ·

Baie baie geluk Gerda, ongelooflike prestasie, uitstekende deursettingsvermoee girl!

Cobus ·

WAT N PUIK ALTEET. HAAR PRESTASIES HOORT OP DIESELFDE PODIUM AS DIE BOKKE SIN EN DIT WAS UITSTEKEND

bokke ·

Hoe so? Bokke kom 1ste, sy 11de. Sy’s nie eersdie beste atleet in Afrika nie.

Andre ·

Ek stem saam, Gerda se prestasies is in dieselfde klas as die Bokke se wen.

Mariana ·

Gaan stem vir Gerda vir die peoples choice vir die Sports Awards wat die Sondag plaasvind

Valerie ·

Sy doen goed, en het altyd ‘n mooi glimlag, meer as ek van die meerderheid SA sport “sterretjies” kan sê.

Dana ·

Baie geluk met die pragitge prestasie. Dis wonderlik om te sien hoe ons sportmanne en vroue presteer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.