Gereed vir vakansie? Dís wat tolhekke jou gaan kos

Die Mariannhill Tolplaza op die N3. (Argieffoto: Facebook)

Duisende Suid-Afrikaners sal in Desember die langpad na hul onderskeie vakansiebestemmings aandurf om langs die see, in die bosveld of elders te gaan uitspan.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) sê feesseisoen-spitsverkeer op Suid-Afrika se nasionale paaie kan vanjaar vroeër as gewoonlik voorkom vanweë die dae waarop openbare vakansiedae in Desember en Januarie val. Boonop sluit alle openbare skole vanjaar op Woensdag 12 Desember en heropen op Dinsdag 8 Januarie, net ʼn week ná Nuwejaarsdag.

Sanral verwag die verkeer sal begin toeneem in die week waarin die skole sluit en vanaf Vrydag 14 Desember werklik druk raak as gevolg van die langnaweek en die begin van die boubedryf se Kersvakansie. Omdat Versoeningsdag, 16 Desember, vanjaar op ʼn Sondag val, word Maandag 17 Desember ʼn openbare vakansiedag.

Met dié dat Kersdag op ʼn Dinsdag val, sal duisende motoriste na verwagting reeds vanaf Vrydag 21 Desember in die pad val vir die ekstra lang naweek.

Aan die einde van die vakansietyd word ʼn toestroming van voertuie op die land se paaie op Maandag 31 Desember en Maandag 7 Januarie verwag.

Sanral verwag ritte op die N1-noord van Pretoria in die rigting van Zimbabwe behoort probleemvry te wees aangesien daar nie vertragings weens padwerk sal wees nie, sê Vusi Mona, Sanral se kommunikasiebestuurder.

Ook op die N4 tussen Pretoria en Mosambiek sal motoriste geen oponthoud weens padwerk ervaar nie omdat opknappingswerk aan die nasionale pad die hele Kerstyd lank opgeskort word.

“Die pad is in ʼn goeie toestand,” sê Mona, “maar motoriste moet waaksaam wees, veral wanneer hulle in die tipiese Hoëveldse storms bestuur.”

Hy vra bestuurders op al die land se paaie moet deurentyd onthou “paaie is gedeelde ruimtes en ʼn mens moet respek aan jou medepadgebruikers betoon”.

Spoedperke word duidelik aangedui op die 22 214 km paaie wat Sanral in al nege provinsies bestuur. “Die spoedbeperkings is die maksimum toelaatbare spoed, maar bestuurders moet stadiger ry na gelang van die omstandighede, soos reën en swak sigbaarheid.”

Mona spoor motoriste aan om af en toe stil te hou tydens lang ritte om uitputting teen te werk en hulle beter te help konsentreer. “Moegheid is een van die grootste oorsake van botsings op ons paaie, veral wanneer mense lang ente ry. Padgebruikers moet gereeld ʼn blaaskans neem om wakker te bly.”

Sanral het ook vandeesweek die pryse van tolhekke op nasionale paaie bevestig sodat vakansiegangers daarvolgens kan beplan. Die onderstaande pryse is van toepassing op klas 1-voertuie (motorfietse, ligte voertuie en ligte voertuie met sleepwaens.)

N1

Huguenot-tolplaza: R38,00
Verkeerdevlei-tolplaza: R54,50
Vaal-tolplaza: R63,50
Grasmere-tolplaza: R19,00
Pumulani-tolplaza: R11,50
Carousel-tolplaza: R53,00
Kranskop-tolplaza: R43,00
Nyl-tolplaza: R55,50
Capricorn-tolplaza: R44,50
Baobab-tolplaza: R43,00 

R30

Brandfort-tolplaza: R43,50 

N2

Tsitsikamma-tolplaza: R50,50
Oribi-tolplaza: R28,50
Othongathi-tolplaza: R11,00
Mvoti-tolplaza: R13,00
Mtunzini-tolplaza: R44,50 

N3

Mariann Hill-tolplaza: R11,50
Mooi-tolplaza: R49,00
Tugela-tolplaza: R70,00
Wilge-tolplaza: R65,00
De Hoek-tolplaza: R47,00

N4

Pelindaba-tolplaza: R5,50
Quagga-tolplaza: R4,50
Marikana-tolplaza: R21,00
Brits-tolplaza: R14,00
Doornpoort/Kameeldrift-tolplaza: R14,00
Diamond Hill-tolplaza: R36
Middelburg-tolplaza: R59
Machado-tolplaza: R88
Nkomazi Mainline-tolplaza: R67

N17

Gosforth-tolplaza: R12,00
Dalpark-tolplaza: R11,00
Leandra-tolplaza: R35,00
Trichardt-tolplaza: R17,50
Ermelo-tolplaza: R31,50

Motoriste kan Sanral se webwerf besoek vir hulp met die beplanning van hul ritte. Sanral het ook ʼn app waarmee bestuurders hul e-tolrekening in die gerief van hul voertuig kan aanvul.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Zel ·

Eerstens waag ek dit nie om op die N1 van PLK af PTA toe te ry met al die ongelukke hier nie en tweedens het ek gesien die nuwe ding is lemmetjies wat in die pad gegooi word dan bars jou bande en jy word dan beroof as jy stop. Ry nou maar eerder die alternatiewe pad as ek iewers heen wil gaan.

Staak saam ·

Maroela maak net die nodige regstelling in die artikel asb.
16 Des staan onder al julle lesers bekend as geloftedag, die deel van die bevolking wat versoeningsdag vier is nie meer Afrikaans magtig nie en lees ook nie hier nie..

Arno ·

STEM!!! Ons versoen niks nie, as Christen gelowiges vier ons Geloftedag, soos ons ouers voor ons.

Alida ·

Dit lyk amper asof vlieg die beste opsie is as daar n lughawe is by jou bestemming.

Johan H. ·

Jammer ons gaan n baie lekkerder en veilige vakansie by die huis hou die jaar. Was laas jaar vir 3 weke slaapstad toe. Het my R65000 gekos.

Fanie ·

Kan ons blankes asb weer terug keer na ons gelofte wat ons aan God gemaak het ons het die gelofte gemaak nou kry versoenings dag die eer kom mense laat ons nie ons eer ook verloor nie dit is ons dag laat dit so bly

regtig ·

Wat probeer jy vir ons se Johan dat jy baie geld het Klink vir my of jy 65 000 rand gemors het

Elize ·

@MM. Julle is ook lekker deur die weer. Versoeningsdag my agterend – dit is geloftedag wat almal so graag vergeet en daarom is ons in hierdie gemors van ‘n helland.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.