‘Gereelde reisiger’ op lughawe met kokaïen betrap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Suid-Afrikaanse vrou is Vrydagaand by die Internasionale Lughawe OR Tambo in hegtenis geneem nadat 5,7 kg kokaïen in haar besit gevind is.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die 32-jarige vrou is ’n gereelde reisiger wat al talle kere oorsee gevlieg het. Sy het Vrydagaand vanuit Dubai in Johannesburg geland en is met behulp van die polisie se trans-internasionale ondersoekeenheid en honde-eenheid vasgetrek.

“Die dwelms is in haar bagasie gevind, weggesteek in blikkies wat netjies verseël was. Die kokaïen is sowat R1,6 miljoen werd,” het Naidoo gesê.

Die vrou sal Maandag in die Kemptonpark-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van dwelmhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Scalla ·

Toe is sy al die tyd n gereelde smokkelaar, raak te mak en die wiel draai.

Pendoring ·

Ek het ‘n goeie oplossing vir die probleem. Wanneer hulle jou vang moet hulle jou maak jou “produk” gebruik; alles wat jy by jou het. Geen smokkelaar, geen “produk”, geen probleem!

Irene ·

Baie goeie werk net jammer in jou buurt smokkel hulle met al die gemors maar word nie sommer gevang nie

Pieter ·

So hoeveel keer vlieg reisigers in en uit die land voor hulle vas getrek? dagliks met elke vlug behoort polisie bagasie te check met die honde! polisie doen nie genoeg nie!

Liza ·

Strenger straf vir dwelm smokkel! Hulle verwoes duisende lewens, nie net die verslaafdes nie maar families ook! Doodstraf soos in ander lande!

Karma ·

Ek ys as ek dink – aangesien sy ‘n gereelde reisiger is – hoeveel kilo’s dwelms sy al heen-en-weer gesmokkel het. @Pendoring, jô!!! Helse straf daai, maar miskien nie so … wel, onverdiend nie. Nie net sal hulle nie die kans weer kry om te smokkel nie, maar hulle sal goed weet watter skade daardie dwelms aanrig! Maar nou vra ek jou ook hoeveel ander “gesoute” reisigers glip nie deur Doeane en Aksyns nie? Wat IS die sekuriteit by daardie befaamde internasionale lughawe dan? Hulle moet dalk so bietjie gaan leer by Australië en Kanada wat die prosedures op internasionale lughawens is – hemel, in Australië kan jy nie eens sekere plantmateriaal of voedsel items inbring nie en hulle tegnologie is só ver gevorder (vir dwelms) dat hulle kan opspoor as ‘n reistas bv. net naby dwelms vantevore was. Eish, hierdie Suid-Afrika, hy werk nie meer so lekker nie ….

alida ·

Lekker hulle wil mos nie leer nie. Sluit haar toe vir BAIE lank. Aan die ander kant dit is SA waarvan ons praat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.