Gereformeerde kerk verdeeld oor vroue-dominees

Argieffoto

Argieffoto

Die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika is verdeeld oor die vraag of vroue in die amp van predikant aangestel kan word, het Beeld Woensdag berig.

“Daar is mense in die sinode wat bid dat ʼn vrou nooit op ʼn preekstoel moet staan nie,” het ds. Sarel Cilliers van die Waterberg-gemeente in Limpopo gesê. “Net so is daar mense wat bid dat daar wel vroue daar sal staan.”

Die kerk se sinode vergader in Potchefstroom in Noordwes om kerksake te bespreek. Na ʼn vorige sitting in 2012 is ʼn verslag uitgereik oor wesenlike sake en nie-wesenlike sake in die kerk, het Beeld berig. Die verslag is Dinsdag aan die sinode voorgelê.

Volgens Ds. Douw Breed, voorsitter van die sinode wat tot 15 Januarie sit, is nie-wesenlike sake nie minder belangrik nie, maar eerder sake waaroor die verskillende gemeentes self kan besluit. Breed het gesê die besluit of vroue in die amp aangestel kan word, kan by die sinode afgehandel word of na ʼn kleiner sinode verwys word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Henry ·

Hoort hierdie berig nie eerder onder die hofie ‘Vreemdhede’ tuis nie?

Stuiwertjie ·

Die hoeveelste keer is hierdie verdeeldheid al ter sprake? Ek en my man moes noodgedwonge die Gereformeerde Kerk verlaat ‘n paar jaar terug oor (o.a.) hierdie vraagstuk. Hoe gemaak as jy twee dogters het wat geroepe sou voel om ‘n dominee te word? Moet jy dan maar sê:”Met seën en liefde my kind, maar net nie in ons kerk nie?” Daar is soveel op die spel vir ons Heer en Meester, en mense redekawel oor die vrou in die amp? Ek dink die gebed moet eerder gaan dat hierdie mensies se oë sal oopgaan oor dinge wat ewigheidswaarde het: soos die evangelie-boodskap verkondig aan almal. Die evangelie van Jesus Christus se koninkryk.

Shannon ·

My raad sou wees : skaf die Hervormde en NG skole by Tukkies af, belas kerke en dwing alle dominis om te kwallie in een of ander wetenskap verwant aan die werklikheid.
Die gevolg : minder tyd om te sit en str..nt praat en meet tyd vir oefening en baard skeer.

Kom poppie ! jy moet sensor ! Shannon pleeg al weer sonde.

Jan ·

Wie gaan my begrawe as daar nie meer dominees is nie? Hoor altyd by die begrafnisdienste hoe die oorledene hemel toe is, al het hy soos ‘n agterstraatseworshondverkragter gelewe,, Wil graag deur so ‘n dominee begrawe word.

Gelowige ·

Nee wat Doppers hou maar by die Bybel. Die ampte in die gemeente, het God bepaal, sal deur manne wat aan die Bybelse voorskrifte voldoen, gevul word. Hoe kan die vrou as ouderling die man van een vrou wees? Maar nou ja in vandag se godsdienstig-liberale samelewing maak net saak wat die mens pas, God en Sy kosbare Woord moet maar aanpas by die hedendaagse vernuwende denke.

Mariekie ·

Jo! Wysheid begin by die kennis van God! Daar is ‘n verskil tussen geleerdheid en wysheid. Maar ja, die gawe word net deur God geskenk aan wie Sy kinders is.

Thys Human, Pretoria ·

Stuiwertjie, wat is jou antwoord aan Gelowige? Ek het een, maar susansor sal dit nie toelaat nie.

Shannon, ek het jou “sonde” baie geniet! Dink jy dis ook sonde om lekker te kry oor goeie opmerkings soos joune?

Stuiwertjie ·

Nee wat, ek sê maar liewers niks nie…netnou word ek onder tug geplaas, Thys;-)

Petrus van Eeden ·

Ek kan byna nie glo dat moderne mense hulle nog met sulke middeleeuse kwessies besig hou nie. Bowendien hoort godsdiens by onderontwikkeldes, agtergeblewenes, kortsigtiges en dommes!

kobus ·

Pieter ja ons is dom en Agterlik en premitief maar ons is kinders van die almagtige GOD dit is jammer dat jy jou Pa en oupas. Wat jou met soveel liefde ensorg groot ge maak so minag wat is meer primetief as die ou germane wat jy so hoogag en wat in grotte ge blyhet

kobus ·

Pieter ja ons is dom en Agterlik en premitief maar ons is kinders van die almagtige GOD dit is jammer dat jy jou Pa en oupas. Wat jou met soveel liefde ensorg groot ge maak so minag wat is meer primetief as die ou germane wat jy so hoogag en wat in grotte ge blyhet

Uitgewekene ·

Liefste Jan wat kommentaar gelewer het op 8 Januarie 2015, jou bydrae was vir my kostelik en ek het dit al verskeie kere weer gelees wanneer ek bietjie blou voel. Ek gebruik dus jou beskrywing en woordspel as ‘n opkikker – jy’s my ‘drug of choice.’

Dankie dat jy jou lewensuitkyk met ons gedeel het – daar is te veel wat hulself gans te ernstig opneem. Ek herhaal dit hier vir ander om te geniet:

“Wie gaan my begrawe as daar nie meer dominees is nie? Hoor altyd by die begrafnisdienste hoe die oorledene hemel toe is, al het hy soos ‘n agterstraatseworshondverkragter gelewe,, Wil graag deur so ‘n dominee begrawe word.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.