Gereformeerde Kerke besluit vandag oor Engels

Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika sal Woensdag besluit of sy sinode in Engels sal plaasvind.

Die aanbeveling is dat die “saketaal” van die sinode Engels moet wees. Volgens die aanbeveling sal ʼn veelvuldige taalbeleid die beste taalbeleid wees, maar die “enorme finansiële implikasies daarvan maak hierdie opsie onhaalbaar”.

Dit is in teenstelling met die tweetaal-taalbeleid waarop in 2009 besluit is. Volgens die aanbeveling toon ʼn “vergelyking van die uitwerking van die tweetaal-taalbeleid op die onderskeie taalgroepe teenoor Engels as saketaal, dat laasgenoemde die beter opsie is”.

Luidens die aanbeveling kan Engels as saketaal in praktyk ingestel word deurdat afgevaardigdes hul bes doen om doeltreffend, tot voordeel van almal, te kommunikeer. “Afgevaardigdes is steeds vry om in hul moedertaal te kommunikeer en direkte vertaling word gegee waar van toepassing of wanneer dit versoek word. Enige afgevaardigde mag vertaling aanvra gedurende die vergadering. Die vertaling moet in alle tale beskikbaar en hoorbaar vir die hele vergadering wees.”

Dr. Wikus Buys, ʼn direkteur van Aros en president van die Gereformeerde kerk Innesdal, meen dit is nie ʼn goeie idee om die sinode in Engels te hou nie en sê die argument van liefde is skynheilig.

“Liefde is om die ander een se belange eerste te stel. Wat die kerk vir homself sê, sê hy ook vir die wêreld. Die kerk sê vir die wêreld dat tale in die pad van kerkeenheid staan. Ware liefde vereis die prysgee van jou eie taal. Dié argument is juis monopoliserend en kom uit die Empire-handboek en nie die Bybel nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

julius ·

Die kerke is nie afhanklik van die sinode nie. Die sinode steun op die kerke se bydraes. Verlaat die sinodes dat hulle doodloop sonder geld.

Jannie du Plessis ·

Ek is moeg dat my taal vertrap en uitgeskuif en melaats hanteer word. By ons skole universiteite en werkplek word die taal n kombuistaal. Afrikaans is uit Afrika. Kom ons bid dat ons taal steeds in ons kerk sy regmatige plek sal behou.

Adam ·

Jannie, kerkgangers wend hulle deesdae gereeld na Angus Buchan? Vanwaar die kommer oor Afrikaans? Nee wat, die Afrikaner is besig om sy naam krater te maak. Veg kamstig vir Afrikaans, maar stuur sy kinders na Engelse skole, woon Engelse kerkdienste by, verkry lidmaaadskap by Engelse klubs ens. Dalk kry ons presies wat ons verdien.

Luke ·

Dit is maar eintlik belaglik. Gee toe gee toe gee toe gee sommer alles. Gee sommer alles met een slag dan sal daar niks verder wees om oor gehinder te word nie.

DOODSKLOK ·

Oh my word die Gereformeerde kerke BLOEI reeds, nou wil hulle dit nog met TAAL ook gaan opvoeter .. julle moet maar almal toemaak .. julle wil oral aanpas en daardeur jaag julle mense weg wat julle nog altyd ondersteun het .. JAAG al die AFRIKANERS weg, dan maak julle die kerke vir ENGELSE mense oop . dit is doodreg, ek het gelukkig reeds die skynheilige bediening verlaat .. en gaan hou heerlik in ‘n ander kerk kerk, waar ek nie heeltyd vir my wickets hoef te keer nie. Julle sal net julle REUSE SALARISSE wat die dominees deesdae kry en REUSE huise waarin julle bly moet afskaal want die BETALERS gaan minder wees!! KRY VIR JULLE!

AM van der Westhuizen ·

Dis is die rede waarom Christus eenvoudige mense as sy dissipels gekies het om die Evangelie te verkondig. Die broeders wat hierdie onsin wil instel het seer sekerlik die regte pad nooit ondek nie.Word wakker en vermy hierdie onsin.

SjN ·

Gaan die doppers se naam dus nou verander na die boozers, verstaan ek reg?

Anoniem ·

Julle gaan aanhou met die ENGELS snert totdat geen enkele Afrikaner in julle kerk oorbly nie… Dán is die “koeël letterlik deur die kerk” en het julle julle eie grafsteen geëts! Vir wie se gemak is ‘n sinode sitting in Engels? Die korruptes wat slinkse maniere probeer vind om ons taal, kultuur, godsdiens, bestaan te vermink en verwoes???? Basta daarmee man! Ek ondersteun GEEN kerk eat te ruggraatloos is om vir taal, volk en Vader op te staan nie!

Loeis ·

Darem is daar ‘n kerkgroep wat die AFRIKAANSE Protestantse Kerk heet :)

JC ·

Net so Loeis, net so !!!

Afrikaans en die AFRIKAANSE Protestantse Kerk Leef !!!

fm ·

Is die Kerk of Godsdiens dan ‘n besigheid en ‘n kapatalistiese sakebelang? Dan moet die regte besluit geneem word om meer geld te maak en winsgewend te bly. Geld praat hard en duidelik en in hierdie geval praat die geld Engels – die saketaal om besigheid te doen.

Philippus Janse van Rensburg. ·

In die kerk van die Here Jesus word die gebeure van Babel juis omgekeer. Pinksterdag gaan om die Groot Dade van God. Daaroor praat ons saam. Dit bind ons saam.
Ek ken kerkwees as ‘n saamwees van gelowiges, nie nasies of politieke magsblokke nie. Ons tale dra by tot kleurvolheid, rykdom van geloofsbelewenis en waar ons mekaar “in liefde verdra”, of ons vanne nou Masekwameng of Naidoo of Potgieter of Smith is. Die Groot Daad van God, dat Hy sy Seun Jesus uit die dood opgewek het en met ons na die Groot Herstel op pad is, behoort die riglyn vir ons gedrag teenoor mekaar, as gelowiges, te wees. Bly weg van hierdie wêreld se manier van doen, soek God in ons hele bestaan as Sy Uitverkorenes.

Riena ·

Hierdie is net so voorspelbaar! Eers toegeeflikheid teenoor die ander en dan kom die koste van duplisering in verskillende tale. Uiteindelik is alles maar net weer engels. Maar as ons nie eens ons getalle self in stand kan hou deur eie aanwas nie, hoe kan ons verwag dat ons ons taal sal kan behou? Bou liewers self aan ons eie.

Dawid ·

“Gaan uit haar uit, my volk,
sodat julle nie aan haar sondes deel kry
en die plae wat oor haar kom, julle ook tref nie.
DIE OPENBARING 18:4

Basson ·

Kyk na die leuse: “Die poorte van die hel sal dit nie oorweldig”

Maar Engels kan dalk ;)

Geurt Bloem ·

Afrikaans is my taal en ek wil my Bybel en kerk dinge in my taal hoor, lees en verstaan. Ons is die Kerk en as die sinode teen ons taal wil besluit kry ons maar manne wat ons in ons taal sal bedien en bystaan. Die sinode moet maar mooi dink hieroor en ek vir een onttrek nou maar eers my geldelike bydrae aan my kerk tot ek tevrede is. Ek gee nou maar eers aan ander instansies wat geld beter gaan gebruik.
Dankie

anton ·

En daar is satan weer besig om nog n rondte te wên en ons eie mense help daarmee!!!
Ek sê weer en sal dit aanhou sê……..ons Afrikaners is meestal die oorsaak van ons eie val!!!
Dank die Vader ek het baie jare gelede die 3 suster kerke verlaat toe my oë oopgegaan het.

John ·

Hoekom nie sommer ook maak soos die Roomse Katolieke Kerk nie en ander gelowe/bygelowe ook omhels nie. Die Pous stal vlieende slange uit Suid-Amerika uit in sy groot saal met slange as tema en die sg Swartpous bid saam met Boeddhiste om eenheid-met-handevat te demonstreer…. Ons het mos baie voorvadergeeste en hulle praat altyd goeie Engels… ‘go for it’… en binnekort is daar geen Afrikaansgebore-Engelssprekende dominees op jul preekstoele oor nie.

Disselboom ·

Prof Fika J van Rensburg, NWU Potch-rektor en ‘n predikant van die GKSA, het dit reeds gedoen saam met die Moslems, so paar maande gelede met gesamentlike gebedsgeleentheid voor die mid-jaar eksamens.

Eish ·

In die 1800’s sou hul bekend gestaan het as joiners.
Ek het n spesmaas die sinode is in totaliteit uit voeling met die lidmate.
Die makste honde byt die seerste.
Die poorte van die helhool het hul toe oorweldig.

Sê ook maar ·

Gaan hulle ook die KJV lees of het dit net bedigheid geword? Die skrif is aan die muur. Maak maar toe want dit gaan nie meer oor Woord verkondiging nie. Maar taal en besigheid. Ek skaam my!!!!!

Wikus Lee ·

U verwys na dr. Wikus Buys as “president” van GK Innesdal. Daar bestaan nie in die GKSA ‘n amp of posisie soos “president” nie.

Jerry ·

In die tyd waarin ons leef gee jy niks prys nie, behalwe wanneer jy geen keuse het nie, want jy gaan dit nie weer terugkry nie. Oefen die keuse uit wat julle het. As Engels die saketaal as keuse is, dan is dit ook reg so, solank daar eenstemmigheid daaroor bereik word.

Johan ·

Ek het al jare onttrek van die skeinheilige kerke. Hulle pas alles aan om die wêreld te akkommodeer, tot die Bybel is al so aangepas om die wêreld tevrede te stel. Ons is al vir jare mislei deur die kerke.

Frans C ·

Is dit nie ironies nie.’Die poorte van die hel sal dit (kerk) nie oorweldig nie’ maar engels het.

Frikkie ·

Dit gaan net beteken dat meer mense nie meer kerk toe gaan nie. As dit eers by die sinode goedkeuring kry dan sal dit beslis deur gevoer word na die kerke toe. Alles goed en wel ons kan nie weg skram dat die woord nie verkondig moet word nie. Maar deksels gaan ons later gedwing word om net na engels preke te luister in die kerk. Daar word alreeds in ons afrikaanse kerke baie gebruik gemaak van engelse liedere. Genoeg is genoeg van die oorslaan na engels toe. Ek is so bly dat onse groot ouers nie nou hier is nie. Hulle sou so wragtig die predikant om sy strot gegryp het met al die engelse liedere…..

Piet ·

“Die poorte van die hel sal dit nie oorweldig nie”. Vir wie is dit wat die kerke so toegee – ek wonder of hulle nie dalk lank reeds oorweldig is nie?

Imperialistiese afdwing ·

Nou wil die wereld en imperialisme tot ons eie kerke indring. As dit gebeur gaan ek verseker nie meer kerk toe nie, eks moeg vir manipulasie.

JdV ·

“Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy sien en hoor; In ons skole, in ons KERKE word ons moedertaal vermoor. ~ C.P. Hoogenhout

JC ·

Dankie hiervoor JdV, ons stryd is op hande :)

Daar is NIKS belangriker as Afrikaans nie, want deur die “wonderwerk” wat ons pragtige tongval is, uit te leef, en te omhels; eer en loof ons God en sy boodskap vervat in die Bybel!

DIE besef; gaan die Doppers egter tot hul uiterste spyt te laat besef. Sela!

Die APK is die toekoms, die “susterkerke” is daarmee heen, en Mammom soek prestasie.

G ·

Soos C.P. Hoogenhout inderdaad sê: “Engels! Engels! Alles Engels! ………….. ”
Dat ons kerke nou selfs in die slagyster trap, is verregaande – plaas hulle die Woord verkondig en hulle hou by wat hulle veronderstel is om te doen in die taal van die gemeenskap wat hulle bedien.
Of is ek nou verkeerd as ek sê die Gereformeerde Kerk is immers ‘n Afrikaanse kerk?

Anoniem ·

Die GKSA was nog nooit `n Afrikaanse kerk nie, maar kerke wat saam een belydenis deel oor taal en kultuurgrense heen. Kerke wat Afrikaans as omgangstaal gebruik sal nogsteeds dit kan doen.
Wanneer die GKSA saam vergader op Sinode vlak, besluit hulle nou om soveel as moontlik Engels te gebruik om die vergadering te vergemaklik (Engels is die tweede taal van meeste Suid-Afrikaners – Zulu, Sotho en Xhosa sprekers gaan dus ook in hulle tweede taal deel neem aan die gesprekke). Diegene wat graag in Afrikaans of Sotho ens wil kommunikeer is steeds welkom om dit te doen, asook om te vra vir vertaling vanuit Engels na Afrikaans/Sotho indien nodig.

Hendrik ·

Anoniem is reg. Sinodetaal beteken nie gemeentetaal nie. As Christen behoort ons verhouding met ander Christene belangriker te wees as met ander Afrikaners. Dit beteken egter nie dat ons nie steeds ons eie Afrikaanse gemeentes kan hê nie. Maar ons moet oppas dat ons taal of volk nie ons afgod word nie.

Trots Afrikaans ·

Dit is vir my ‘n hartseer dag. Toe die verligtes my taal verkoop het was dit nog voorspelbaar, maar nou my eie mense? Paul Kruger, waarvoor het jy baklei? Sodat die hanskakies van Louis Botha en Jan Smuts ons kan uitverkoop aan die “Global Village”?

Ek is verskeur. Mag God my lei in die proses, Afrikaans of Afstig.

Adam ·

Ek dink nie God hoef jou uit die “proses”te lei nie, maar dit sal goed wees indien jy op een of ander manier uit die verre verlede kan kom.

HPV ·

Die afgelope jare word minderhede se regte vertrap, dubbel standaarde in howe toegepas, korrupsie, moord, verkragtings ens is aan die orde van die dag en kerke spreek nie ‘n woord nie. Dit het tyd geword dat kerke weer opstaan en gehoor word op alle vlakke waar onreg gepleeg word en minder belangrike sake eers laat soos dit is.

bgj van der westhuizen ·

wel geluk gaan maar voort dan sal julle ook maar die res van die kerke moet verkoop wand hier in die kaap is daar nou al hoeveel ou ng kerk kerke al verkoop aan ander kerk groepe wat dit gebruik ek dink dit is tyd dat ons nuwe afrikaanse kerk gestig word waar ek n my taal en my mense kan kerk gaan

A ·

Soveel Afrikaners wat ontsteld is oor die stand van sake in die kerke. Ek wonder wat sal gebeur as al die mense wat so ongelukkig is saamkom om te bid vir verlossing? Elke Christen is ‘n kerk.
Jou liggaam Sy tempel. Dit is nie ‘n gebou, sinode of wat ook al nie. Kan ons nie saam begin om te bid vir ‘n wonderwerk in hierdie land dat ons taal en tradisies behoue bly nie? Nie ten koste van enige iemand anders nie maar ter ere van ons Hemelse Vader.

Nellie ·

Al hierdie bogenoemde “beswaardes” het tot by paragraaf 3 gelees en vergeet wat hul in die heel eerste 2 reels gelees het. Besluit moet gaan of die Sinode in die vervolg in Engels aangebied gaan word. Geen Afrikaanse Gereformeerde Kerk gaan nou skielik in Engels moet bedien word nie. Is ons as gelowiges nie juis veronderstel om Jesus te verkondig nie al beteken dit dat ek as Afrikaanssprekende in Engels, of watter taal ookal , moet praat met die mense wat elke dag op my pad kom sodat hul beter kan verstaan. Al wat ek hoor is : ek sal die kerk verlaat, ek sal nie my bydae gee nie, ek ek ek. Veg liewer as dit gaan om God en sy wil. Soli deo Gloria

Trots Afrikaans ·

Nellie, ek hoor wat jy sê en in beginsel is jy reg. Maar in praktyk is dit heel anders.

Taal gaan saam met kultuur. Die Afrikaner se kultuur en geskiedenis is een wat oorals waar hy gaan kerke en skole gebou het. As jy engels toe laat op die sinode laat jy nie ‘n taal in nie, maar ‘n kultuur. Kyk na die skole en universiteite.

Tans het ons ‘n platform om sendelinge vanaf uit te stuur. Môre het ons nie meer ‘n platform of sendelinge nie.

In sie ou dae kon ons dokters, ingeneurs, onderwysers uit stuur om ons naaste te help. Vandag is daar weinig daarvan oor. Infrastruktuur, geleerheid of vermoë, alles het gekwyn.

Dit is wat die uiteinde is.

Barries ·

Kerke het lankal besighede geword. Seker die dat hulle Engels as “saketaal” wil gebruik.

Frik ·

Klomp snert. Ons Sinodes is mantelswaaiers en swaai hul mantel nagelang van die wind. Hul jaag die politiek van die dag na. Skynheiliges wat nou probeer pro-engels wees. As jul engels wil praat sluit aan by n engelse kerk. Interne verrotting en niks anders as om afrikaans en die afrikaner te probeer vernietig onder dekmantel van die kerk.

Cornelia ·

In die Woord van God is daar nie “leuses” waarmee ligsinnig die spot gedryf kan word nie. Wanneer God Sy BELOFTES bekend maak, sal taaltwis en géén ander áánslag dit ongedaan maak nie! Hy is God. Die boom word aan sy vrugte geken nie waar nie. Hou vas aan wat Heilig is. “Wees heilig, want Ek is heilig” sê die Here. Die Kerk het u en my nie “nódig” nie. Vra na God en Hy wat Getrou bly aan Homself en Sy Taak, sal u vrede gee. Volg Hom. Vrees Hom en Sy “KERK” sal gelouter en rein bewaar bly.

Paperdoll ·

Ek gaan in elk geval nie kerk toe nie. Die kerke verkondig net leuens. Vrede vrede. Daar sal bou geen vrede wees nie. My taal. My VADER is belangriker as enige kerk of naaste. Waarom moet ek my taal oogee en weer die minste wees. In 24 jaar word ons in n hoek gedruk. Ons voor ouers her die skole gebou. Kerke gebou. Universiteite gebou. Maar ons taal word uut gedruk. Ons word uit gedruk. Net soos die britte daai tyd gedoen het. Mense gaan aan. Verdruk VADER se mense. Vermoor hulle. Verkrag hulle. Vader gaan aan Sy kinders uitkoms gee.

Carien ·

Dalk help dit om die kerk te ontmasker waar hy homself in die plek van die Volk van God ingewurm het.

Waarheid ·

Gee die vinger en hy vat die hele hand. engelse
Vandag en in toekoms wat jy prysgee is jy vir goed kwyt terugdraai sal daar nie wees.
NEE NEE NEE geheel ontoelaatbaar.

Waarheid ·

Gee die vinger en hy vat die hele hand. engelse
Vandag en in toekoms wat jy prysgee is jy vir goed kwyt terugdraai sal daar nie wees.
NEE NEE NEE geheel ontoelaatbaar.

Felicity ·

Julle gaan so aan oor Engels in ‘n kerk of Godsdiens. Luister mooi na die “Afrikaanse” programme wat julle op TV kyk en liedjies, is soos dit deesdae genoem word “songs”, daar is meer Engels in as Afrikaans. Luister na die mense om julle en veral waar julle “kuier..ook ‘n nuwe woord vir drank drink”, hoe word daar meer gevloek en Engels gepraat as Afrikaans. Kyk op Faceboek hoe kan ons Afrikaanse mense nie spel of Afrikaans gebruik nie. As julle wil veg vir Afrikaans begin deur dit reg te praat en skryf. Waar dit kom by Godsdiens gaan dit oor die stryd tussen goed en kwaad, ons Drie Enige God en Satan. Gaan dit oor watter taal of oor vir wie jy leef en dien?

LV ·

Felicity,jy is so reg. Ons Afrikaners leef regtig in n droomwereld. Ek mwrk al hoe meer op selfs op Kyknet,hoe daar voor die kameras afrikaans gepraat word,maar van kamera af is dit engels,kyk maar na die erkenningsrol na n program,daar weinig name wat op afrikaans dui. Kyk maar hoe meng die aanbieders /akteurs hul taal sodra hul buite die kokon beweeg. In baie gevalle word afrikaans kunsmatig aan die gang gehou. En ek is baie hartseer oor hierdie situasie.

Mr B ·

As my taal nie goed genoeg is nie, is my geld nie beskikbaar nie. Bankrotskap wag op julle uitverkose sinodelede. Jul sal voor God rekenskap gee oor die vernietiging van Sy Kerk en Gelowiges wat ‘n nuwe heenkome moet soek waar hul welkom is om God te dien .

Jacobus de Bruyn ·

Aan die beswaardes: …en wat nou as die Twana gemeentes se verteenwoordigers wat by die sinode is ‘n voorstel in Twana op die tafel plaas of ‘n bespreking oor ‘n saak in Twana voer? Gaan julle almal dan verstaan wat hulle sê en waaroor hulle praat?
Julle praat oor kultuur en taal, maar julle vergeet of weet nie dat daar swart Twana gemeentes in die GKSA is nie.

Doubell ·

Cornelia, Jy stel dit so pragtig, net jammer JY mag nie op n preekstoel Sondag gaan staan en aan almal so verduidelik ?? Ja ek is engels en lid van n GK

Willem Frost ·

Die Ingelse het oom Paul Kruger se land kom vat. Nou wil sy eie mense sommer die kerk ook verengels ! Wat n skande ! Waansin !

Adam ·

Aanbid jy nog steeds die “legende”wat uit sy land “gevlug”het om in die vreemde te gaan sterwe?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.