Geregtelike ondersoek kom ná Life Esidimeni-tragedie

Die formele geregtelike ondersoek na Life Esidimeni-tragedie sal op 19 Julie 2021 in die Pretoriase hooggeregshof begin.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, het gesê dié datum is Maandag bepaal deur regter Teffo, die nasionale vervolgingsgesag, verteenwoordigers vir die families, nieregeringsorganisasies en regsverteenwoordigers. Regter Teffo het versoek dat alle partye gereed sal wees.

Maroela Media het vroeër berig ʼn formele geregtelike ondersoek gaan gehou word oor die Life Esidimeni-tragedie wat die lewens van minstens 144 mense geëis het.

Dit volg ná die arbitrasieverhoor wat ingestel is na aanleiding van aanbevelings deur die gesondheidsombudsman. Dié verhoor, onder leiding van oudadjunkhoofregter Dikgang Moseneke, is in Maart 2018 afgehandel en het bevind dat regeringsamptenare strydig met wetgewing opgetree het toe hulle die Life Esidimeni-kontrak beëindig en pasiënte na NRO’s verskuif het sonder om hul welstand en gesondheidstoestand in ag te neem.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het in April 2017 altesaam 144 dossiere rakende die Life Esidimeni-tragedie ontvang. Die 144 dossiere is later in een dossier saamgevat.

Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, het vroeër gesê hulle hoop dat die geregtelike ondersoek gronde aan die lig sal bring vir klagtes van moord en strafbare manslag teen beamptes van die gesondheidsdepartement en die NRO’s waar mense dood is.

Klagtes van korrupsie, bedrog, diefstal, oortredings van die Wet op Geestesgesondheid en die uitreiking van onwettige lisensies aan NRO’s moet volgens Bloom ook oorweeg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hennie J ·

Daar is minstens 144 absoluut weerlose mense net eenvoudig aan hulle eie lot oorgelaat en gelos om dood te gaan. Daar is nog baie sulke mense net eenvoudig WEG. Iemand, en beslis meer as een, moet hiervoor die hoogste tol betaal en ek vertrou hulle word deur hierdie proses aan die man gebring.

JohanR ·

Sal ‘n ANC, of ‘n paar ANC’s dan tronk toe gaan? Ek hou nie asem op!

Nico ·

Van die kosbare inligting is nie meer daar nie, wie gaan verloor die inwoners.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.