Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek nadat die liggaam van ’n Duitse toeris oor die naweek op ʼn gholfbaan in Margate, KwaZulu-Natal, gevind is.
Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê aan Maroela Media die 66-jarige man het geen sigbare beserings gehad toe hy Saterdagmiddag leweloos op die gholfbaan gevind is nie.
Volgens die nooddienste op die toneel het die man egter ernstige beserings aan sy kop opgedoen nadat hy deur ʼn onbekende persoon aangerand is.
“Die man het op die grond gelê en glad nie gereageer op paramedici se behandeling nie,” het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, gesê. Die man is op die toneel dood verklaar.
Gwala sê ’n nadoodse ondersoek word gedoen om die oorsaak van die man se dood te bepaal.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Dis ‘n ander manier om die misdaad statistieke laag te hou.
Geregtelike doodsondersoek word gedoen as geen gemene spel (misdaad) vermoed word nie.
As ‘n onbekende persoon die man doodgeslaan het, dan moet daar ‘n moord dossier geopen word. Iets is nie pluis nie!
Polisie sien niks raak nie maar paramedic op toneel sê hyt kop beserngs en is aagerand?????
Toeriste moet aangespreek word oor die gevare van alleen wees op gholfbane, parke en wandelpaaie in SA . As jy lyk na n teiken, het jy probleme…