Geregtigheid ná wrede plaasaanval op bejaarde egpaar

Fanie en Colleen Engelbrecht.

Die moordenaars van Fanie (78) en Colleen (74) Engelbrecht, die egpaar wat op Moedersdag 2018 wreed vermoor is nadat hulle van die kerk af tuisgekom het, is Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof lewenslange tronkstraf vir die moorde opgelê.

Julius Mapayi Goncalves (24) en Jossias Nhalungo (36), albei van Mosambiek, is in Februarie aan die moorde skuldig bevind.

Die Engelbrechts se seun, Jo-An, het op sy ouers se lyke op die plaas Welgevonden, naby Poortjie aan die Gautengse Wes-Rand, afgekom nadat hulle nie betyds vir middagete opgedaag het nie.

Fanie se keel is afgesny en Colleen is met ’n strykyster gebrand en met die strykysterkoord verwurg. Die skuldiges het met ’n tabletrekenaar, ʼn selfoon, kontant en twee vuurwapens gevlug.

Die twee is lewenslank tronk toe gestuur vir elk van die moorde, is 15 jaar tronkstraf opgelê vir roof, vyf jaar elk vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en vyf jaar elk vir die onwettige besit van ammunisie.

Nhalungo het agt jaar vir die Engelbrechts gewerk en het tydens die hofsaak aangevoer dat hy tydens die aanval in Mosambiek was. Hy het ook aangevoer die ander aanvallers het hom gedwing om R10 000 te aanvaar, maar die hof het sy getuienis verwerp.

Familielede van die Engelbrecht-egpaar tydens die hofverrigtinge. (Foto: AfriForum)

Marius Muller, nasionale operasionele koördineerder van die burgerregtegroep AfriForum, het die vonnisse verwelkom. “Ons is baie tevrede. As alle plaasmoordondersoeke op hierdie vlak gedoen word, sal dit werklik fantasties wees,” het hy na afloop van die hofverrigtinge gesê.

Hy het die ondersoekbeampte, sers. Dalmain Morris en die staatsaanklaer, adv. Jennifer Cronje, vir hul uitsonderlike werk geloof. Muller het gesê daar is geen plek vir misdaad in die land nie, ongeag watter soort misdaad gepleeg word, en dat misdadigers moet weet hul dae is getel.

AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid het die Engelbrechts se familie deurlopend tydens die verrigtinge ondersteun. Muller het self ook getuig oor die uitwerking van misdaad soos dié op naasbestaandes en die gemeenskap het.

Regter David Makoba het die twee moordenaars se aansoek om verlof tot appèl teen hul vonnisse van die hand gewys. Die vonnisse word gelyklopend uitgedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anel ·

Nogal jammer dit is nie aan eenlopend nie. Nou sal hulle in minder as 10 jaar op parool vrygelaat word.

Cherokee ·

Geregtigheid? Hulle sal waarskynlik na ‘n dekade of selfs minder gereed wees om weer te moor. Vonnisse word gelyklopend uitgedien. Dan weer, de klerk het die moordenaar robert mcbride in 1992 vry verklaar na drie moorde wat hy gepleeg het in 1986. Wie dit geregtigheid noem verstaan nie die taal Afrikaans nie.

Johan ·

Hulle gaan oor n maand appeleer en Regter Corana gaan hulle vrylaat.

Pieter Rubeus ·

Dis tyd dat die galgtou terugkom sodat moordenaars soos die in die publiek opgehang kan word. Wreed net soos die lewens wat hul geneem het sal dan eers geregtig wees. Tronkstraf is maar net nog ‘n wetenlose wat in die tronk kos en verblyf kry op ons koste

Prikkie ·

En so begin ons belastingbetalers hulle nou voed en klee tot en dalk nog help om buite muurs, of is dit nou binne muurs? te studeer vir die kort rukkie totdat hulle vir parool in aanmerking kom.

Volgens ons grondwet het HULLE skynbaar die reg op lewe, maar nie die die twee vermoorde mense nie. Hulle het GEEN aanspraak op lewe nie.

Mrs H ·

Wens daar was n wet wat die moordenaar laat sit vir elke jaar van die vermoorde se ouderdom, aangesien daar nie doodstraf is nie.

Prikkie ·

Daar is – as die regter sê by vonnisopleeging dat die oortreder nie vir parool in aanmerking mag kom nie, dan beteken dit letterlik dat die oortreder in die tronk sal sterf.

Cherokee ·

Jy sal ‘n minimum moet bevoeg, Landi. 50 of so iets. Daar moet beskerming wees vir die babas ook.

Johan ·

My vraag is en bly altyd: “waarom neem ons buitelanders in diens? Hoekom wil hy vir die gehate witman in Suid-Afrika kom werk?”

Kan ons nie besef ons kan sonder die Mosambiekers en Zimbabwiërs klaarkom nie? Stop om hulle in diens te neem, wanneer gaan ons leer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.