‘Geregtigheid’ vir mishandelde honde

Twee van die honde wat ingevolge ‘n hofbevel uit Monyatsi se sorg verwyder is. (Foto: DBV)

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het die vonnis verwelkom wat ʼn man van Ladybrand in die Vrystaat wat aan dieremishandeling skuldig bevind opgelê is.

Die DBV sê in ʼn verklaring hy het in Augustus verlede jaar ná ʼn klagte op die honde, twee windhonde en ʼn boerboel-kruising, by ʼn huis in die Ladybrand-omgewing afgekom. Die diere was aan kort kettings vasgemaak, moes in vuil toestande oorleef en het geen kos of water gehad nie.

“Sommige van die honde het in die yskoue winter ook geen skuiling gehad nie,” het die DBV gesê.

Die honde was uitgeteer en het mediese aandag benodig. Duan Matthee, ʼn DBV-inspekteur, het boonop op sewe hondjies in ʼn klein hok vol modder en ontlasting afgekom. Hulle het ook siek voorgekom.

Samuel Monyatsi is aan dieremishandeling skuldig bevind. (Foto: DBV)

Matthee het die diere se eienaar, Kabela Samuel Monyatsi, gevra om toestande vir die honde te verbeter en om mediese behandeling vir hulle te reël. Monyatsi het egter enige hulp geweier.

“Tydens ʼn opvolginspeksie het Matthee en senior inspekteur Reinet Meyer geen verbetering in die toestande waargeneem nie. Drie van die hondjies het ook intussen gevrek. Matthee en Meyer het met Monyatsi daaroor probeer praat, maar sonder sukses.

“Hy het in ʼn argument met hulle betrokke geraak en hulle weggejaag.”

Die DBV is egter terug – dié keer saam met die polisie wat Monyatsi in hegtenis geneem het. Die honde is ingevolge ʼn hofbevel verwyder en klagte van dieremishandeling is teen Monyatsi aanhangig gemaak.

Dié het tydens sy verhoor egter aangevoer hy is nie eienaar van die diere nie en het volgehou dat hy onskuldig is.

Die landdroshof het Monyatsi desnieteenstaande aan dieremishandeling skuldig bevind én tien redes voorgehou waarom bevind is dat Monyatsi wél die diere se eienaar is.

Die landdros het gesê elke dorp benodig minstens een DBV-beampte as hulpbronne dit toelaat en dat diere se regte ook gerespekteer moet word.

“Die landdros het voorts gesê ʼn hond is soos ʼn kind en dat daar van jou verwag word om na jou diere om te sien net soos jy na jou kinders sou omsien. Daar is ʼn sterk band tussen honde en mense,” het die landdros volgens die DBV gesê.

Een van die honde waarop die DBV beslag gelê het. (Foto: DBV)

Monyatsi is gevonnis tot agt maande tronkstraf, of ʼn boete van R4 000. Hy is ook onbevoeg verklaar om enige diere vir ʼn tydperk van vyf jaar te besit.

“Ons is tevrede met die vonnis. Geregtigheid het vir dié honde geskied. Mnr. Monyatsi het nou ʼn kriminele rekord en is onbevoeg verklaar om diere aan te hou. Ons sal voortgaan met gereelde inspeksies by mnr. Monyatsi se huis en sal hom ook opvoed oor diere en hoe om in die toekoms enige wreedheid te voorkom.”

Die DBV het ook die staataanklaer bedank vir haar hulp om te verseker dat geregtigheid geskied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

A ·

Nee, nee, nee. Die straf is nie swaar genoeg nie.

Hy moet aan ‘n ketting vasgemaak word sonder kos en water – dan alleen sal hy leer wat dit beteken.

Stephan ·

Verbitterd oor die vonnis! As n eienaar van whippets(windhonde) wat bitter min liggaamsvet het kan ek nie dink watse lyding die honde moes deurgaan sonder enige warm beskutting of selfs net n sagte lêplekkie.
Gemors man! Hoe kan hy toegelaat word om ooit weer enige dier te kan besit?!

Erica ·

Vir 5 jaar geen diere weer aanhou nie?wat n simpel stelling hy moet NOOIT weer diere aanhou nie en glo my sulke mense is onopvoedbaar jy mors jou tyd en asem!!!!

windhondjies ·

Ai, ag ek sal die windhonde vat, het een gehad vir jare, ag enige tyd, ek woon in Pretoria, sal hulle so lekker jassies gee en warm bedjies en in warm veilige huis hou!

Cherokee ·

Stephan, jy antwoord asof Whippets beteken Windhonde. Hulle is egter bloot een spesie verbonde aan die windhondfamilie wat nogal wyd strek. Ek het ‘n Afghan Hound gehad. My hond was een van die top skou ‘Afghans’ in die land. Die Afghan Poedel hardloop 40 MPU (myl, nie kilos!) en is, as ek reg onthou ( my geheue is somtyds, afhangend van of ons praat van die beste droë rooi wyn of van hoesmedisyne) redelik okay. Whippets is nie windhonde maar dit is wel een van die windhondfamilie.

Nee a ·

Verdien ‘n veel swaarder straf – sies vir jou, man!! Jou aaklige mens!!!

Nettie ·

Nee wat, aan dié volk is daar geen salf te smere nie. Want: om ‘n hond mos te besit is ‘n “witman se manier”. Aldus Papa Zuma, mos. Julle wat so geskok is oor die toestand van die sg. “man” se honde, moet net bietjie gaan kyk wat gaan aan in die naaste informele woonbuurt daar naby julle – julle sal palpitasies kry en mediese hulp benodig!

Michelle ·

Hartverskeurend. En onbevoeg vir slegs 5 jaar … ? Die persoon moes lewenslank onbevoeg verklaar geword het.

Dan ·

Die straf is te lig in die broek.

Ongelukkig is dit werklikheid. Die honde word gebruik vir jag, dus teer hulle die honde uit sodat hulle meer angstig en meer aandadig sal jag wanneer die geleentheid opduik vir die eienaar.. Net jammer die diere lei daaronder. Teer bietjie die eienaar uit – hy lyk of hy dit kan bekostig!

ES ·

R 4000???? Dis ‘n klug!!

As die boete R 400 000 was en 8 jaar tronkstraf dan sou dit veel beter gewees het!

Sonja ·

Waarom word hulle toegelaat om diere aan te hou? Hulle sorg nie en stel ook nie belang nie, so waarom honde he?

Jan van Niekerk ·

Daar is geen melding van die geagte Landros se naam nie. Hy/Sy het ‘n Bell’s nodig.

Santie ·

Die hof moes hom gemeenskap diens laat doen het naweke by DBV vir 5 jaar dan gaan hy lekker weet hoe om diere te behandel

Dan sal hy dalk leer

Chantel ·

Hy moet in die tronk gesit het vir eerder die 8 maande as R4000 borgtog.

Enige iemand kan R4000 in die hande kry. R4000 is niks as wat die vark aan die onskuldige diere gedoen het nie.

Maar ten minste het hy nou ‘n kriminele record.

wilma ·

hy hoort sam baie kwaai honde in erf losgelaat word waar hy ni kan weghol

Anne ·

Eenvoudige straf: lê dieselfde vonnis op as wat vir kindermishandeling opgelê word. Te veel van hierdie diermishandelaars kry ‘n sogenaamde “slap on the wrist “. Boetes skrik hulle ook glad nie af nie. Ai… nog ‘n hartseer saak.

LK ·

Santie ek stem saam met jou. hoop daar n honger hond wat hom dan sommer

Jeanette van Zyl ·

Die mishandelaar se vonnis is nie voldoende nie! Dis egter beter as die menigte dieremishandelaars wat nog nie aangekla is nie, met arme diere kinders wat steeds elke dag ly.

Attie. ·

Bring terug die hondelisensie van Jare gelede. ‘n Gesteriliseerde tefie en ‘n reun was goedkoper as ‘n teef en dit het gewerk. Die plaatjie is aan die halsband vasgesit. Ek hoop die eienaar word toegesluit,

Pean ·

Kom ons maak hom aan n keetimg bas en voer hom nie vir n paar maande nie, daai klinkeer na geregtigjeid!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.