Gerhard Ackerman skuldig bevind

(Foto: Facebook/Film and Publication board)

Die hooggeregshof in Johannesburg het Gerhard Ackerman – die man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn netwerk bedryf het vir die seksuele uitbuiting van kinders – op 728 aanklagte teen hom skuldig bevind.

Maroela Media het vroeër berig Ackerman staan tereg op 740 aanklagte van verkragting, poging tot moord, die verspreiding van kinderpornografie, mensehandel en seksuele aanranding.

Luke Lamprecht, van die organisasie Women and Men Against Child Abuse (WMACA), sê tegniese uitdagings soos die duplisering van aanklagte of ʼn tekort aan bewyse van die staat is die enigste rede waarom Ackerman nie op al 740 aanklagte skuldig bevind is nie.

“Die regter het goeie oordeel aan die dag gelê deur al Ackerman se weergawes te verwerp en die bewyse van die staat te aanvaar,” sê Lamprecht.

Ackerman het aangevoer dat hy nie ʼn misdaad gepleeg het deur met sommige van die seuns omgang te hê nie aangesien hy gedink het hulle is ouer as 16. Die staat het egter aangevoer dat daar bewyse was dat sommige van die seuns jonger as 16 was en dat Ackerman dit geïgnoreer het.

Regter Mohamed Ismail het Ackerman skuldig bevind aan mensehandel. Hy het Ackerman se weergawe – dat die kinders vrywillig daar was – verwerp.

Een van Ackerman se gereelde kliënte, Paul Kennedy, ʼn hoëprofiel senior advokaat wat ook as regter waargeneem het, is saam met Ackerman aangekla, maar het sy eie lewe geneem voor die aanvang van die verhoor.

Die regter het ter wille van die slagoffers ook vir Kennedy as sentraal tot die mishandeling veroordeel.

Lamprecht sê WMACA is tevrede met die uitspraak.

“Die uitspraak gee weer hoop vir slagoffers van sulke wrede misdade.”

Die saak teen Ackerman is tot Julie uitgestel en vonnisoplegging word dan verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Aggie ·

Kan ons miskien die peiling uitbrei met nog een kategorie:
* Dank Vader, ek is afgetree en kan my eie dae en tye kies wat ek op die paaie wil gaan?

Sanet ·

Baie bly oor die vonnis!!! Wat gebeur met die res van ons korrupte regering????? Absoluut niks!!!!

Realis Thailand ·

daar is n groot verskil tussen n vonnis en skuldigbevinding
Hy word eers in Julie gevonnis

Wielspore ·

Dit is hierdie soort leed wat aan kinders gedoen word wat veroorsaak dat hulle van ‘n baie jong ouderdom geestelik sterf oor skuld gevoelens en aanpassing in die samelewing. Gerhard se straf moet toepaslik wees.

Wondermaarnet ·

Kyk sy arrogante houding hoe hy sit. Sjoe, maak my sommer vies. Sit jou sitte in die tronk!

Benn ·

Hopelik geen vonnis wat gelyklopend uitgedien word nie, en geen parool nie!! ASB!!!

Niklaas ·

Hierdie self voldane knaap is die ene selfversekerdheid en arrogansie. Hoop hy kry nie gou parool nie, indien ooit. Daars geen skaamte of berou by hom nie. Niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.