Geringe beserings na voertuig omslaan

Foto: ER24 EMS

Foto: ER24 EMS

ʼn Man het Maandag slegs geringe beserings opgedoen tydens ʼn ongeluk in Benoni, Gauteng.

“ʼn Bakkie het op sy sy gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russell Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê.

“Ooggetuies het gesê ʼn ander voertuig het oor die bane geswenk, die bakkie getref en die bakkie het omgeslaan,” het Meiring gesê.

Die bestuurder was in die voertuig vasgekeer en moes daaruit bevry word. “Hy het slegs sagteweefselbeserings aan sy been en middellyf opgedoen,” het Meiring bygevoeg. “Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Plaaslike owerhede ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.