Geringe styging in Wes-Kaapse damvlakke

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Damvlakke in die Wes-Kaap het effens gestyg. Anton Bredell, die minister van plaaslike regering, omgewingsake, beplanning en ontwikkeling het gesê damvlakke het tot 22,8% gestyg. “Dis egter nog ver van die 35,4% wat die vlakke verlede jaar dié tyd was,” het Bredell gesê.

Volgens hom is die vlakke van die hoofdamme steeds onder 20%. Hy het mense gemaan om steeds voort te gaan met hul waterbesparingstegnieke.

“Theewaterskloof is op 18,6%, Clanwilliamdam op 16,3% en Voëlvleidam op 19,3%. Ons maan mense om steeds soveel as moontlik water te bespaar,” het Bredell gesê.

Bredell het bygevoeg waterbesparing sal die hoof-agendapunt wees wanneer die Wes-Kaapse premier, LP’s en burgemeesters Dinsdag in Worcester bymekaarkom.

“Waterverwante verklarings sal geteken word deur rolspelers binne munisipaliteite, die landbousektor asook die ekonomiese sektor. “Die hoofdoel van die verklarings is om aksie te neem om water verantwoordelik en volhoubaar in die Wes-Kaap te gebruik,” het Bredell gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jacques Venter ·

Deur n baksteen in jou toilet bak te sit spaar jy elke keer as jy spoel 1 liter water.
Jy hoef ook nie altyyd te spoel nie.
If its yellow let it mellow. If.its brown flash it down

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.