Geringe verligting vir motoriste

petrol daalDie vooruitsig vir beduidend laer brandstofpryse in Mei lyk nie meer so goed soos dit vroeër vandeesmaand gelyk het nie.

Paul Joubert, ‘n senior navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut, het Woensdag aan Maroela Media gesê internasionale pryse van petroleumprodukte het sedert die begin van April beduidend gestyg, en dit werk die positiewe effek van ʼn gunstiger rand/dollar-wisselkoers teen. “Op die oomblik lyk dit asof die daling in die prys van ʼn liter petrol op 7 Mei slegs enkele sente gaan wees, terwyl die groothandelprys van diesel met sowat 20c kan daal,” het Joubert gesê.

Die prys van petrol is tans op ʼn vyfde agtereenvolgende nominale rekordprys, en ʼn liter 93-oktaan petrol kos nou R14,16 in Gauteng en reeds byna R15 per liter in afgeleë gebiede soos Gordonia.

Die finale aankondiging oor Mei se prysverandering sal na verwagting op Vrydag 2 Mei gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.