Germiston-hof hoor oor skokkende ‘sataniese ritueel’ met seun (9)

Argieffoto

Argieffoto

WAARSKUWING: Die inligting in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Die grootouers van ʼn negejarige seun, sy oom, en ʼn pastoor het Maandag in die Germiston-landdroshof verskyn in verband met ʼn beweerde sataniese ritueel waartydens die seun glo gesodomiseer is.

The Star het Dinsdag berig die oupa en ouma, die 29-jarige oom en die 54-jarige pastoor het in die hof verskyn om vir borgtog aansoek te doen.

Lt.kol. Hendrik de Jager, ondersoekbeampte, het die seun se nagmerrie beskryf en gesê die seun is glo oor ʼn tydperk, moontlik ʼn paar jaar, na bewering verskeie kere deur dié groep verkrag en gemolesteer.

Die seun se oom en grootouers het hom glo een keer na die pastoor se kerk geneem. Die volwassenes het glo maskers en rooi mantels aangetrek en ʼn sirkel met rooi stene gemaak.

Hulle het die seun omring, “in vreemde tale gebid” en die kind aangesê om aan hul geslagsdele te raak. Sy oom het hom glo ook gesodomiseer.

Die borgtogaansoek sal na verwagting Dinsdag hervat, waartydens slotbetoë gelewer gaan word.

Klik hier vir alle berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Johanna ·

Die wêreld het baie baie siek geword. Waar in jou lewe het jy gesien ‘n oupa my goodness. Ek sal hom groot leed aan doen. Hoor my lied!!!

Elmarie ·

Is die hof totaal waansinnig om hul enigsins die opsie te gee om borgtog?

Ben Schultz ·

Ek stem saam! Sulke gemors moet van die aarde af gevee word, maar God se koms is naby! Hou hulle vas in die selle, want borgtog is vir mense en nie barbare nie. Sies!

SNEL ·

Dis vreeslik!!!! Wonder net waar was die ouers? Goeiste, die skade wat aan die arme kind aangerig is!!! Daar is so baie seer in die ou wêreld. Hoop daardie kind kry die hulp wat hy nodig het. Wens die doodstraf was nog daar, kap af is nie genoeg, hulle moet eerder opgekap word. Mens se hart bloei vir die arme kind.

Pierre Celliers ·

Dis verskriklik!!! Hierdie “mense” moet die swaarste straf ogele word!!

Eish! ·

Wow, ek glo nie dit is ‘n pastor van ‘n christelike kerk nie. Of is dit?
Hoe kan enige mens die optredes regverdig?
Ek hoop die hof doen die regte ding. Dit is sooooo siek!

Neville Geustyn ·

Eish, I have a document where it clearly states graphic details of high officials in the Catholic church that has done and still doing such thing’s, from the Vatican down to Cardinals etc, it will shock you and your Christian beliefs, that I guarantee you. As for bail, why even contemplate it.

Louise ·

Daar is n verskil tussen n satanis en athiest. Jy het die athiest beskryf (passief) – die satanis glo in lusifer soos ek in God glo. Elkeen het hul eie rituele

Hanna ·

Pastoor en dit nogal by die kerk? Is daar nie nog ander kinders wat deur geloop het nie? Het sy ouers nie iets agter gekom nie? En hoe kan die Ouma en Oupa so siek wil wees? Vra jouself af as hulle dit aan hulle kleinkinders doen wat het hulle nie aan hulle eie kinders gedoen nie?? God gaan vir hulle baie baie swaar straf.

Theresa ·

Siek en walglik. Hoe in die lewe??!! Ek verstaan ook nie hoe kan dit eers oorweeg word vir borg. Sluit hulle toe waar niks en niemand hulle ooit kan kry nie.
Hier stem ek volkome saam met Johanne en Net ‘n Mens.

Jennifer ·

In my lewe sal ek nie dat sulke mense vrylik rondloop as ek weet wat hulle gedoen het nie. Ek sal moord pleeg en nie eers sleg voel daaroor nie. Daardie arme kind is geskend vir die res van sy lewe en dit sal altyd by hom bly. Dan knak hy eendag en doen iets onverskillig, wat dan? Wie moet dan blammeer word?

ladybug ·

satanisme … en dit floreer in Springs … hierdie is gin pastoor nie, dis sekerlik eerder ‘n gestant van die duiwel

Jan ·

Ladybug, Wolf in skaapsklere! Hoeveel pastore en dominees is nie al aan kindermishandeling skuldig bevind nie ?

CHRISTA ·

Bring die Bybel se straf terug: stenig hom in ‘n sentrale punt van die dorp sodat ander twee keer dink voordat hulle ook so iets probeer!!!

Henk ·

ASSEBLIEF!!! Ek sal hulle borg betaal!!! Ek is selfs bereid om te aanvaar dat ek daardie borg gaan verbeur Maar ek kan die hof waarborg hulle sla NOOIT weer so iets kan doen nie!

kel ·

Daar is groot verskil tussen ‘satanisme’ en plain weg aanranding.
Hierdie klink soos laasgenoemde. Probeer die aanranding verdoesel onder een of ander godsdiens.

Erik ·

Ek stem saam alle lesers hier. Sulke dade sonder die toestemming van daardie persoon en selfs nog meer as dit kom by minderjariges sal ooit aanvaarbaar wees nie. Ek glo die gereg sal streng optree in die opsig maar in die selfde asem wil ek ook net perspektief kry van die skrywer af waarom daar verwys word na “sataniese” in die titel? Net n kort verduideliking: Rituele van so aard word gewoonlik toegepas deur “satan worshippers” en of “occultists” So ver my kennis strek is meerderheid van sataniste “atheist” van aard ek glo dus nie aan n groter wese nie, nie die duiwel of die here nie en daarom kan geen rituele toegepas word nie. Net n gedagte.

Kel ·

Ek stem volkome saam met Erik.
Baie dade word onder dekmantel van godsdiens gedoen. Die mense probeer altyd so daad regverdig om dit in iets of iemand se naam te doen. Hul perversiteit en sadisme is presies wat dit is. ‘N onaanvaarbare kriminele daad teen die natuur agv die jong kind se ouderdom en die pasiwiteit van die ouers. Die dade is abomination!

Louise ·

Daar is n verskil tussen n satanis en athiest. Jy het die athiest beskryf (passief) – die satanis glo in lusifer soos ek in God glo. Elkeen het hul eie rituele

Erik ·

Weereens die tradisionele satanis is atheist van aard. Ek dink die misverstand hier is dat mense onder n wanindruk is oor die betekenis van die woord “satan” Die woord is nie die naam van n rooi mannetjie met horings nie. Die woord beteken om “teen te staan” of om the “accuse” spesifiek teen oor enige geloof wat n groter wese aan bid. Al wat verskil is dat Sataniste tekens gebruik om hulle teen staan te symbol waar n gewone atheist nie. Geen ritueel hier van toepassing nie, slegs by devil worshippers en occultism. Twee totale verskillende goed. Onthou Sataniste staan enige vorm van geloof teen, ook satanism is nie n geloof nie, slegs n mindset. Rituele word net in gelowe toegepas.

Charles ·

Wat n gemors spul siek satan onderdane julle hoort nie naby kinders nie ek kan nie sulke groot ouers verstaan nie Sies julle gaan vrot.Sterke vir daai kind

DOMINIQUE ·

Dis so hartseer dat so jong kind so iets moet deurgaan. Hy gaan vir die res van sy lewe, met dit loop en onthou en as hy nie dringend goeie berading en hulp kry nie, gaan hy nie weet hoe om dit te verwerk nie en ander maniere/dinge soek of doen om sy pyn te verbeter.

Ek het ‘n sagte plek vir kinders en kry die kind bitter jammer dat hy so iets moes deurgaan. Vanaand sal ek hom in my gebed onthou dat God hom hierdeur sal dra en hy die regte en nodige hulp ontvang.

Wat die familie betref, hulle verdien nie borg of die name “ouma en oupa” nie. Mag hulle lank sit en in die tronk beleef wat hulle aan die kind gedoen het.

Marietjie ·

Ek verstaan nie, waar is die ouers? Die seun moes tog laat blyk dat hy nie na ouma en oupa meer wil gaan nie? Die Ouma en Oupa en almal betrokke is siek verby, as dit met my kinders moes gebeur, ek dink ek sal hulle vermoor, of dit my Ma of Pa of oupa of wie ookal is, ek sal dit verloor, my kinders is my lewe!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.