Germiston-juffrou vas oor porno

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie ondersoek ʼn saak van kinderpornografie teen ʼn laerskoolonderwyseres van Germiston in Gauteng.

“ʼn Saak is teen die vrou aanhangig gemaak en word deur die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe ondersoek,” het ao. André de Jager, ʼn polisiewoordvoerder, Maandag gesê.

ʼn Ma van een van die leerlinge by die skool het die saak aanhangig gemaak.
Die Sowetan het Maandag berig die onderwyseres het glo ʼn pornografiese fliek op haar skootrekenaar by die skool vir leerlinge gewys.

ʼn 10-jarige meisie het haar ma daarvan vertel. Sy beweer die onderwyseres het haar en drie ander leerlinge in ʼn stoorkamer ingeneem en die fliek vir hulle gewys. “My dogter sê die onderwyseres het eers vir die kinders gevra of hulle weet wat pornografie is, en toe vir hulle die fliek gewys,” het die ma gesê. Die ma se naam mag nie bekend gemaak word nie om die identiteit van haar kind te beskerm. “My kind het ook ʼn prentjie van ʼn seksuele daad tussen ʼn man en ʼn vrou geteken.”

Die Gautengse departement van onderwys kon nie dadelik oor die voorval kommentaar lewer nie. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cecile ·

In die ou dae sou sy. ‘N bottle terpentyn gekry het want iets pla haar. Hoekom dit wat die Here rein gemaak het onrein maak? Neem haar weg by die kinders sy is dit nie werd nie.

VerVanRyn ·

Kinders is nie rein omdat hulle so gebore word nie. Almal is gebore en ontvang in sonde, maar alleen in Christus word alle kinders(oud en jonk) rein. Hierdie is vreeslik wat sy gedoen het, so ‘n persoon verdien ‘n ordentelike tydperk in die tronk. Die jare se skade wat hierdie “vertoning” moontlik veroorsaak het beter by die regter insink wat haar saak gaan beoordeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.