Gerrie Nel: ‘Almal moet gelyk wees voor die reg’

Adv. Gerrie Nel (middel) Dinsdag (31 Januarie 2017) tydens 'n mediakonferensie in Centurion. By hom is Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, en Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid. Foto: Marius Vermaak

Adv. Gerrie Nel (middel) Dinsdag (31 Januarie 2017) tydens ‘n mediakonferensie in Centurion. By hom is Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, en Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid. Foto: Marius Vermaak

Adv. Gerrie Nel het Dinsdag gesê hy het besluit om ʼn pos by die burgerregte-organisasie AfriForum te aanvaar omdat hy bekommerd is oor die persepsie dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geneig is tot selektiewe vervolgings en dat almal skynbaar nie gelyk is voor die reg nie.

Nel het tydens ʼn mediakonferensie by AfriForum se kantoor in Centurion gepraat enkele ure nadat die nuus van sy bedanking by die NVG en aanstelling by AfriForum aan die lig gekom het. Nel sal die hoof van AfriForum se nuwe private vervolgingseenheid wees.

Suid-Afrikaanse wetgewing maak private vervolging moontlik in gevalle waar die NVG besluit om iemand wat van ’n misdryf verdink word nie te vervolg nie.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het Dinsdag gesê die organisasie het beplan om die nuus van Nel se aanstelling op 2 Februarie bekend te maak, maar het besluit om die amptelike aankondiging te vervroeg nadat die nuus voortydig in die media uitgelek het.

Volgens Nel sal sy posisie by AfriForum hom die geleentheid bied om vanuit die burgerlike samelewing te help verseker dat almal, ongeag van hul posisie, gelyk is voor die reg. “Ek glo in die oppergesag van die reg. AfriForum se pasgestigte private vervolgingseenheid bied aan my die geleentheid om vanuit die burgerlike samelewing te help verseker dat almal, ongeag posisie, gelyk is voor die reg. Ek en AfriForum is nou in ’n posisie om korrupte persone wat nie deur die NVG vervolg word nie self te vervolg,” het Nel gesê.

Hy het gesê dit was nie ʼn maklike besluit om ʼn leeftyd as staatsaanklaer agter te laat nie. “AfriForum is die enigste organisasie wat hul hulpbronne beskikbaar gestel het om ʼn eenheid van dié soort op die been te bring. So, toe ek genader is met ʼn aanbod om in die private sektor te werk, maar steeds ʼn aanklaer te wees en steeds ʼn verskil te maak, het ek die geleentheid aangegryp.”

Nel het beklemtoon dat hy nie ʼn politieke agenda het nie en niks sal doen waarin hy nie in glo nie. “Ek daag almal uit om ons dop te hou en die werk te volg wat ons doen. Kritiseer ons as jy dink ons doen iets verkeerd. Daag ons uit as jy dink ons het ʼn agenda. Ek is seker dat ons geen van hierdie uitdagings sal hê nie.”

Kriel het gesê Nel se aanstelling is ’n reuse-stap vorentoe in AfriForum se stryd teen korrupsie en die plundering van belastingbetalers se geld. Volgens Kriel vertrou hy dat Nel se aanstelling ’n duidelike boodskap aan korrupte politici en amptenare op nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlak sal stuur dat hulle nie langer weens hul politieke kontakte van vervolging gevrywaar is nie.

“Korrupte persone moet besef dat niemand bo die reg verhewe is nie, selfs nie die land se president nie,” sê Kriel. “Dit is in ons almal se belang dat ons seker maak dat daar verantwoordbaarheid is.” Kriel het gesê die eenheid sal nie nou enige name bekendmaak van mense wat vervolg sal word nie.

Nel het gesê hy sal begin met ’n ondersoek om te bepaal wie is die openbare amptenare teen wie daar ’n sterk saak is, maar wat nie vervolg word nie.

Volgens Kriel sal Nel nou begin om ander kundiges by AfriForum se privaat vervolgingseenheid te betrek om te verseker dat AfriForum oor die sterkste moontlike vermoë beskik om in te tree waar die strafregstelsel versuim om geregtigheid te laat geskied.

Kriel het daarop gewys dat, hoewel dit baie duur is om privaat te vervolg, beteken Nel se aanstelling by AfriForum dat privaat vervolging nie meer ’n onhaalbare droom is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Piet Snot ·

Dis laat in die dag as die Staat so hopeloos geraak het dat private vervolging die nuwe normaal gaan woord.
Uitstekend, manne!

Pieter Oeschger ·

Nou wat sê al daardie negatiewe pessimistiese verraaiers nou????
Just shutup!!
Trots op julle! Doen so voort!!!!

Apie ·

Ek dink iewers begin die skuldiges al klaar rond te skarrel om liegstories uit te dink. Hierdie skuif kan net n goeie ding wees. Dreun hulle Afriforum en Adv Gerrie Nel.

Geluk Gerrie ·

Uiteindelik, Dankie Gerrie, jy het ‘n baie groot taak wat wag, maar NIEMAND anders het die guts gehad nie, ek is baie bly AFriforum het vir jou die geleentheid gebied. Die NVG het ongelukkig net sekere persone vervolg tov van haatspraak en rassisme en korrupsie, en ander het skotvry daarvan af gekom, daar is geen vertroue meer in die NVG nie, wat baie kommerwekkend was .. GO FOR IT!

lw ·

Ons het meer manne soos jy nodig om geregtigheid te laat seevier! Dis waarom ons Afriforumlede is, om n verskil te maak al is dit net met ons geringe bydrae! Ons kan nie net sit en niks doen nie!

lulu ·

Genugtig hier hol ek almenak toe en maak seker dit is nie die 1st April nie Gerrie jy was nie my gunsteling persoon nie (blablabla) maar met jou stofasie skep ek weer moet jy kan n fight fight soos geeneen in die land nie ek dink daar is n paar ouens wat nie goed gaan slaap nie

johann ·

Fantastiese nuus. Geluk Afriforum en Gerrie Nel. Gee my hoop vir toekoms.

Lewies ·

Moet net nie die geheime krag van wetteloosheid onderskat nie. Dit is reeds aan die werk, ook in Suid-Afrika. Die aanslag is juis teen die een wat die wettelose teehou. Sterkte julle !!!

T ·

Mooi so! Wat se al die negatiewe mense nou. Baie geluk vat hulle vas! Hier kan net goeie dinge van kom. You go Bulldog!

Maria Van Dieweeck ·

Afriforum behoort n Afrifees te hou, sodat ons stories kan luister saam sing en braai hieroor!

Annie ·

Wonderlike nuus
.. dankie Afriforum en Adv Nel .. daar is nog hoop

Drakensberger ·

Beste voorstel ooit! Dankie Maria! Dankie tog vir hierdie aanstelling …. ons normale mense sien weer bietjie lig!

linda botha ·

Hierdie is n fantastiese deurbraak van Afriforum !! Ek glo en vertrou dat geregtigheid nou in ons land sal geskied ! Gerrie, jy het die regte stap geneem en sal n groot aanwins vir Afriforum en alle Suid Afrikaners se toekoms wees !

Katjie ·

Jip jip!!!! Baie geluk julle almal en sterkte! Lig in die tonnel. Go bulldog go!!!!! Wonderlik.

Johann ·

GREAT…irronies dat die samelewing moet staatmaak op eie innisiatief; om iets so basies soos geregtigheid deur regverdige vervolging te weeg te bring. Onthou net mense: dis EEN persoon wat ons so aanhang. Dit gaan BAIE meer as net Gerrie vat om n duik in die korrupsie en wets verhewendheid te tik! En geld…ons geld…

afriforum lid ·

Asb word lid by die duisende, ons het jou en jou bydrae baie nodig

Rina ·

Gerrie Nel is ‘n yster – baie sterkte en baie sukses vorentoe – baie gerusstellend om te weet hierdie uiters kundige Regsman veg nou in hierdie linie!

Johanna Botha ·

Hoop dit lewer resultate want SA is in n GROOT gemors !

Anoniem ·

O ja, asb! Zuma moet beslis aangevat word. Onse Julias met sy groot mond ook. Sal hy die nuwe Openbare Beskermer ook kan aankla vir korrupsie en pligsversuim?

Baie, baie dankbaar en trots op Afriforum vir hierdie inisiatief. Sterkte vir Gerrie met hierdie groot taak.

Pieterdp ·

Nou sit ek met meer vrae as andwoord. Graag sal ek wil weet hoe geslaagt gaan die tiepe vervolging wees. Wat gaan die swart regering verhoed om nie n stokie voor privaat vervolging te steek nie. By gesê, gaan die pikgiet swart regstelsil dit toe laat.

James ·

Ek stem saam Pieterdp – meer vrae as antwoorde.

Gaan die persoon wat skuldig bevind is dan in ‘n private tronk ook sit? Wie gaan die skuldige persone vang, boei, voor die hof bring en in die tronk sit?

Koos1 ·

James en Pieterdp. Ek gaan uit ‘n leek se oogpunt van die vrae probeer antwoord.
In ons land is dit die Nasionale Vervolgings Gesag se werk om te bepaal of ‘n saak voor die hof moet dien (in die ou dae was dit die DG). Onthou die hof MOET onpartydig wees. Daar sit Shaun Abahams nou. Hy kan sy vriende beskerm teen die wet, deur dood eenvoudig nie die sake na die hof verwys nie. Nou kan privaat vervolging afskop. As hulle genoeg bewyse het, kan die hof genader word om die saak aan te hoor. Die hof word deur wetgewing verplig om die sake aan te hoor en ‘n beslissing en koste bevel te maak. As die hof in die privaat vervolging se guns beslis, moet die hof ook ‘n vonnis daar stel, en die beskuldigde word dan soos enige ander gevonnisde mens geag. Word in die beskuldigde te guns beslis, is hy/sy onskuldig en die privaat vervolging kan heel moontlik moet betaal vir die hele saak en moontlike siviele aksies. Onthou ook dat appelle en verwysings na hoer howe ook tersprake is.

FM ·

Anel: ek dink die ou se broek begin al klaar bewe. Nou sal die staat seker n wet maak teen private vervolging om vir Bulldog te stuit. Sy naam is nie verniet Bulldog nie. Bring it on!!!!!

Alida ·

Ek het nie ooghare gehad vir Gerrie Nel tydens die OP saak nie maar as daar iemand is wat die korrupsie kan stop dan is dit hy. Hy weet te veel wat gevaarlik is vir die ANC. Nou gaan hulle saam met JZ dans van benoundheid. Geluk Mnr Nel goeie skuif.

Jan ·

Of Gerrie en Afriforum het nie hul huiswerk gedoen nie, of Marida Fitzpatrik het die kat aan die stert beet.

Jan ·

Goeienaand weer Maroela, skuus, ek sien die berig van Marida Fitzpatrik, wat beduie dat Afriforum mag nie privaat vervolg nie, verskyn nog steeds op Netwerk24. Wil julle nie aub vir ons klarigheid hieromtrent gee nie?

Baie dankie.

Landi Slatter ·

Dagsê Jan

Dankie vir jou navraag. Maroela Media is besig met ‘n indiepte-opvolgartikel.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

piper ·

dis die beste nuus vir n lang tyd. ek is trots as n lid van afri. daar is so baie werk vir hulle dat ons n klop gerries gaan nodig he.

theuns ·

“Proof is in the pudding”…..Kom ons kyk eers wat ou Bulldog regkry,ek net so min vertroue in hom soos ou Zumpie.Weet van verkeerde arestasies wat hy ook gemaak het terwyl hy by Skerpieone was en dat die ou nog steeds op vrye voet is en leef soos n koning,wonder hoekom?Nee wat dink daar gaan veel gebeur nie behalwe sy bankbalans wat gaan groei.

Katjie ·

Dink sekeres se tande begin al opmekaar klap!!!!! ???????????

MS ·

Wonderlike nuus! My enigste bekommernis is dat die Staat hierdie tipe sake wat voor die hof kom gaan laat uitstel en uistel tot in ewigheid (wat so maklik gebeur), en in die proses gaan dit baie finansiële druk op Afriforum plaas.

simon ·

Julle klomp pessimist gaan lelike op jul neus kyk as Gerrit Nel die eerste speel-blokkie omstamp en daarna en daarna en daarna.
Al gou sal die ander korruptes besef hier kom n ding vir my.
Al gou hou korrupte gedrag op soos die speel blokkies al hoe vinnig en in groter wordende getalle omgestamp word.
Dit sal egter te laat wees want Afriforum is reeds op jou spoor en die.misfaad is n voldoen feit.
Aanklag, verhoorafwagting en skuldig bevindings is jou voorland, boef.

Joe ·

Dankie tog vir hierdie goeie nuus so mooi in die nuwejaar ! Well done aan Gerrie Nel & sy span …. dit is wonderlike nuus & ek hoop van harte dat julle in elke saak baie suksesvol sal wees ! Nou gaan die korrupte , kriminele , oneerlike , misdadigers nie meer Nkosi Sikele sing nie ….. want Gerrie Nel sal & gaan beslis hulle ander deuntjies laat sing !! Well done ….

Melt Olckers ·

Sekere Indiese sakemanne hou seker vandag ‘n noodvergadering met hulle regsverteenwoordiger.

Bach ·

Toe hierdie bekwame man die Oscar saak hanteer het, is hy deur baie vir als wat sleg is uitgekryt. Nou is hy weer die held. Sê maar net.

Alida ·

Bach niemand het van hom gehou tydens die OP saak nie. Ekself het hom veroordeel vir die wyse waarop hy die arme man onder kruisverhoor geneem het. Ek maak geen geheim daarvan nie. Hy is nie my hero nie verstaan dit baie mooi, maar vir die werk waarvoor hy hom nou beywer is ek dankbaar oor sy besluit. Gee hom ‘n kans en kyk wat hy vermag. Ek weet van al die skelmstreke en korrupsie. As hy al hierdie skelm korruptes kan vervolg hoekom nie? Gee hom asb ‘n kans.

Partytjie bederwers ·

Partytjie bederwers moet daar wees Bach en Melt. Ons kan mos nie net ontspan en geniet nie. Ja ek was ook teen die obsessie wat Gerrie met Oscar gehad het, juis oor dit waarvoor hy nou gaan staan, so in my oë het Gerrie ‘n GROOT POSITIEWE stap geneem en ek het respek vir hom! Ou Melt, Pierre de Vos gaan jou beslis verras, hy is ‘n inteligente man!

Koos1 ·

Ek het in die OP saak baie kommentaar gelewer. Ek dink Gerrie het ‘n uitsonderlike werk gedoen. DIT IS SY WERK GEWEES! Net soos Barry vir OP probeer loskry het.
Ek is ‘n groot fan van Gerrie.
Onthou bietjie wie het het vir Jackie Selebi in die stof laat byt. Het iemand vir Jackie jammer gekry? Gaan ons nou ‘n moordenaar meer jammer kry as ‘n persoon wat korup is?
Ek dink dat Gerrie baie sukses kan bereik waar hy nou is. Gerrie, miskien moet jy en Glennis Brytenbach ook kragte saam gooi, saam met Afriforum. Daai sal nou ‘n kat in die hoenderhok (op Nkandla!) loslaat!!

Johannes Meintjes ·

Hoewel ek in beskeidenheid poog om by te dra tot ‘n meer samehangende inset van al ons “konserwatiewe Afrikaner randeier-groepies” sodat die Afrikaner werklik doelgerig kan saamstaan om SA weer groot te maak (“make SA great again”), respekteer ek AfriForum en vennote se progressiewe werkwyses ter wille van Afrikaners. Baie voorspoed en nuwe deurbrake word AfriForum toegewens met hierdie belangrike skuif en aanstelling van Advokaat Nel.

Sterkte Gerrie ·

Sterkte Gerrie, mag jy uiters suksesvol wees! Mag jy ‘n groot genoeg regsgroep kry, sodat jy by alles kan uitkom, al die haatsprake, verkragtings, pornografie, (hier vra ek dat jy harder op hul sal gaan as ooit in jou lewe as dit die kind se ouers is) aanrandings, gesinsgeweld en moorde, o ja en korrupsie. Aan elke persoon wat vir reg en geregtigheid staan, dra by tot AfriForum, dit is die minste wat ons kan doen, om finansieel by te dra al is dit net deur hul sms stelsel. Ons weet nooit wanneer een van ons of ons familie geraak gaan word en die hulp gaan benodig nie, dan is dit te laat en kostes hoog. Hierdie span moet hul werk kan doen sonder om oor geld te bekommer! Goeie werk AfriForum, beste besluit ooit!

Chris Ws ·

Mooi so AfriForum!En alles van die beste vir jou Adv.Nel!Hier kan net goeie dinge van kom ongeag al die galbrakers se menings.Nie een van hulle kan eers in Adv.Nel se skaduwee staan nie!

REGVERDIG ·

Hahahahaha…………..
Baie geluk met die aanstelling Adv Gerrie Nel.
Ons skep nou weer moed van hier onder af en weet dat daar n hele paar mensies is wat nie meer so lekker slapies in die nag nie.
I LOVE IT !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.