Gerrie Nel bedank

Staatsaanklaer Gerrie Nel tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool (SAPA)

Staatsaanklaer Gerrie Nel tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool (SAPA)

Lees ook: Gerrie Nel gaan Afriforum toe

Staatsaanklaer adv. Gerrie Nel het by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) bedank.

Maroela Media verneem van ʼn betroubare bron Nel het die NVG 24 uur kennis gegee.

Nel, die voormalige hoof van die nou ontbinde Skerpioene, is een van die land se voorste aanklaers en alombekend om sy rol in die Oscar Pistorius-saak.

Nel het destyds die Skerpioene se ondersoek na die oudpolisiehoof Jackie Selebi gelei.

Nel, in regskringe ook bekend aan sy bynaam “The Bulldog”, het in die 80’s as aanklaer begin werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Boeremeisie ·

En waarop baseer jy nou eintlik daardie dankbaarheid van jou? Is dit vir jou goeie nuus dat ‘n goeie aanklaer gaan. Hoekom is jy ‘n voorstander van kriminele wat wen. O nee wag jy hoop seker nou doe hele Oscar sage verdwyn soos mis voor die son. Hou asb jou asem op vir dit om te gebeur.

Cherokee ·

Netjies gesê Boeremeisie. Die handtekeningjagters verstaan maar moeilik.

CAROL ·

EN DIS AL HOEKOM SY NAAM BEKEND GEMAAK IS – DEUR OSCAR SE STORIE!!

Marie Salzwedel ·

Gerrie Nel was beroemd voor Pistorius se saak. Hy het die Selebi saak sowel as die Brett Kebble saak behartig.

Ruby ·

CAROL, dalk in jou kringetjie, ja.

In ander kringe het hy klaar naam gemaak.

johann ·

So verloor die reg sy beste mense. Seker te wit, Afrikaans en boonop te knap. Laat die ander sleg lyk.

Hendrik ·

dit wil voorkom of hier moontlik n rot iewer kan begin stink. weet nie.

Jansie ·

@Hendrik, nie nodig om te sê jy weet nie, dit is duidelik. Daar hoef nie altyd ’n rot iewers te ontbind nie, sommige mense tree af, ons noem dit normaal.

T ·

Dis n jammerte! Gerrie Nel was baie goed in wat hy doen. Daar sal waarskynlik mense wees wat bly is. Maar ek is defnitief nie bly nie.

Jean ·

Gerrie het beter opsies, so julle wat lekkerkry, kan maar rustig raak, dit gaan baie beter met hom gaan, nie slegter nie .. lol

Johann Barnard ·

Hy kon dit seker nie meer uitgehou het nie,geniet die rus wat wag.

Pietser ·

Ek verbeel my ek het iewers gelees daar was/is ‘n interne ondersoek teen hom vir iets (kan nie onthou wat nie).

Cherokee ·

Interne onderoeke en kommissies van ondersoeke is waarmee die regering tyd en geld mors. Jy erken egter jy speel raai raai.

Boeremeisie ·

Why Julie? Are you afraid that you might have had to face the front of him? Really it is only the Pistorians who are jumping for joy. Do you really think with Nel gone the legal system will simply forget about Pistorius?

Dit is hartseer ·

Dit is hartseer vir reg en geregtigheid. Hy het goed gedoen met Selebi, maar daar was ook foute, Kebble…. obsessie met Oscar terwyl daar werklik geharde misdadigers daagliks losgekom het veral verkragters en moordenaars van alle bevolkingsgroepe, dit is egter nie ter sake nie, ons is almal mense. Dit is regtig hartseer vir geregtigheid, hy was goed in sy werk, maar ek dink ook hy sou dom wees om na die gratis advertensie met Oscar saak vir die staat te werk, ek dink op verdediging gaan hy een van die beste wees, sterkte met jou toekoms en ek is regtig hartseer, ek het werklik gehoop jy kan nog van die groot name soos Gupta…… uitsorteer!!!!! Is dit dalk die skielike bedanking?

Ilse ·

En almal het gehoop hy tree op as staatsaanklaer in die Poppie van der Merwe-saak! Dit is nou ‘n jammerte.

snoefie ·

“dit is hartseer” hy kon mos nie kies watter sake hy wou doen nie.my eerste gedagte was weer “wie gaan zuma se aanklaer wees.” maar dit werk nie so nie. NVR sal buitendien sorg dat zuma die swakste aanklaer wat daar is, kry. dis nou as hy tot verantwoording geroep gaan word op die 744 klagte.

LM ·

Hoekom 24 uur kennis? Hy was vir my persoonlik briljant in hof.

Scalla ·

Puik aanklaer, as ek in sy skoene was het ek al jare terug n skuif gemaak het, baie meer geleentheid buite die staats diens.

Rupert Ashford ·

Was he pushed or did he jump? Wat gaan hier aan? Hy was een van die wat saam met Pravin geteiken is? Sy obsessie met die Pistorius saak het my bietjie afgesit maar hy was een van die heel bestes in sy beroep in SA. Hier stink iets. Waar is ‘n goeie ondersoekende joernalis?

T ·

Sien julle nou hy gaan Afgri Forum toe! Hoekom soek party mense altyd die lelik in iets of iemand. Dit is hoekom ons in so deurmekaar gemors lewe. Sien n slag die mooi ook raak. As julle die hele Oscar saak elke dag gevolg het, sou julle wat so negatief oor hom praat , gesien het hoe BRILJANT Gerrie was.

Meneer ·

Ek het dit gevolg elke dag. Sy verbeelding het my aangegryp. Met die min feite en werklike bewyse tot sy beskikking, het hy die hof oortuig wat hy glo gebeur het. Ek sal hom egter nie goed noem nie. Maar as ek terug dink aan die saak, het hy vroeg al besef dat sy enigste kans om Oscar skuldig te bevind was om sy woord in twyfel te trek en hom die leuenaar te maak.

Ekke ·

Ek was nog altyd n groot Gerrie Nel “fan” net omdat hy in die waarheid glo en flymskerp is en omdat hy fantasties en deeglik sy werk doen. Ek sal regtig nie omgee om Gerrie Nel te he as ons land se president nie. Hys absoluut PUIK en ekt groot respek vir hom. Hy sal hierdie land binne n jaar reg ruk en met sy ondervinding sal hy die wette weer laat geld. Gerrie Nel jy bly steeds my Held!ongeag wat mense van jou se het ek steeds baie respek vir jou.

James ·

Hier kom die nuwe era van privaat vervolgings deur Afriform. Die beste man in hulle kamp. Die Staat is mos baie selektief wie hulle onder eie geledere aankla weens kriminele oortredinge. Kyk nou hoe die bordjies verhang gaan word.

Rower ·

En party van die mense se komentare is skokkend , dat hul nie kan raak sien wat die groter prentjie is nie.
Wag en sien.
Afriforum het soppas n reus bygekry, kan net myself indink wat nou deur die korruptes en aanhitser van geweld en onteiening se koppe gaan.

snoefie ·

sal ek jou se rower? in alle waarskynlikheid. “good riddance, jy gaan my nie wegsit nie.”

Salome ·

Die bekende staatsaanklaer, Adv. Gerrie Nel, het ‘n pos by Afriforum aanvaar. Hy gaan glo die hoof van hulle nuwe privaat vervolgingseenheid word.

student ·

24 uur kennis gee beteken net een van twee dinge. OF hy was so g*tvol vir die NPA dat hy dit nie meer kon vat nie, OF hulle het iets teen hom gekry. Hy was al tweekeer ondersoek en eenkeer gearresteer nadat hy sake teen politieke figure ondersoek het. Dink hy gaan aftree nie, maar sal iewers verskyn waar hy meer van ‘n verskil kan maak.

Pop ·

Anders as wat mense hier dink soek aanklaers nie vir hulle sake uit nie. Hy word hulle net toegeken. Kies nie wat vir hom lekker lyk nie. En in die staatsdiens is dit elke dag nag soos wat die wette verander word en aanhangsels wat aangebring word om kriminele te bevoordeel. Die stomme regters, landdrosse, aanklaers ens. weet nie meer deesdae hoe om geregtigheid te laat geskiet nie. Mense soek hulle heil op ander plekke waar hulle werksbevrediging kry. Ek wens hom alle voorspoed toe vir die toekoms. Enigeen wat vir die Justisie van hierdie land werk verdien simpatie en goeie wense

Jackie ·

Wonderlik, stem volkome saam…!!!
Mag adv. Gerrie Nel se toekoms GESEËND en VOORSPOEDIG wees…

Alma L e Roux ·

sal n goeie skyf wees en ons sal bly wees as die plaasmoorde daardeur aangeraak word

Joe ·

In so ‘n posisie en hy gee 24 uur kennis, klink baie verdag. Hoop hy neem by Afriforum beter besluite.

snoefie ·

da leier vir die weskaap, staatsaanklaer
….. mens bly mens.

Boeremeisie ·

Wees asb tog so vriendelik en lig ons in watter besluite jy na verwys. Hierdie dybbelsinnige kommentare is uitputtend. As jy voel dis oor Oscar sê so, as jy voel dis oor enoge ander saak is jy vry om dit ook te sê.

jaco ·

hy gaan nou seker vervang word met nog een wat nie Afrikaans verstaan nie en wat geen benul het van Latyn nie en dis nie weet wat beteken “dolus eventualis” nie.

Rosie ·

Alaml wat nou al weer net negatiewe kommentaar lewer kom daar ooit iets positiefs uit julle monde.
Sy lewe, sy keuses. Hoekom hom nie maar net sterkte toewens nie. Ek is seker nie een van ons wat hier kommentaar lewer, ken hom persoonlik nie.

Pieter Oeschger ·

As hy my volk so goed gaan verdedig soos wat hy die staat gedoen het in die Oscar saak – Hoekom nie? Ek staan agter jou Gerrie. Maak mooi!
Iewers het my volk iemand nodig in die geregshowe wat aanhou en veg vir waaraan hy glo – maak nie saak wat ander dink nie – en as jy aan die Afrikanerbelange se kant is…FLIP die verraaiers!!!!

Lewies ·

Ons kan die geskiedenis nie verander nie. Hulle maak jag op witmense juis omdat die feite in hulle guns tel. Selektiewe vervolging is ‘n gegewe vir die witras in Afrika. As die eff oorneem sal die poppe begin dans. Trump as witmens bevestig net die persepsies of is dit realiteite wat die meerderheid in SA oor ons het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.