Gerrie Nel gaan aankondiging maak

Opvolg: Gerrie Nel pak ʼn Zuma in eerste saak

Adv. Gerrie Nel (middel) 31 Januarie 2017 tydens ‘n mediakonferensie in Centurion. By hom is Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, en Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid. Foto: Marius Vermaak

AfriForum het bekend gemaak dat adv. Gerrie Nel, die hoof van die burgerregte-organisasie se private vervolgingseenheid, ʼn belangrike aankondiging gaan maak.

ʼn Uitnodiging is vroeër vandag uitgestuur vir ʼn mediakonferensie wat Dinsdag by die eenheid se kantore in Centurion gehou sal word. Die vermoede is dat Nel bekend gaan maak wie eerste in sy visier is vir private vervolging.

Nel het aan die begin van vanjaar ʼn mediaherrie veroorsaak nadat hy by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) as staatsaanklaer bedank het. Hy het die NVG 24 uur kennis gegee waarna hy by AfriForum aangesluit het om ʼn onafhanklike ondersoekeenheid by die organisasie te begin.

In ʼn onderhoud met Maroela Media daarna het hy gesê hy verwag nie vinnige korttermynsuksesse vir die eenheid nie, maar ook genoem hy sal bekommerd raak as sy span nie ná ʼn jaar ʼn saak het om op te volg nie.

Nel het egter nooit die moontlikheid van sy eenheid se sukses betwyfel nie. “Selfs al kry ons nie een saak nie, het ons reeds gewen, want dan beteken dit geen selektiewe vervolging het plaasgevind nie. Ek dink egter nie ons gaan duisende sake kry om op te volg nie.”

Hy het gesê sy eenheid sal verseker hulle volg sake van openbare belang op, maar het toe reeds benadruk die eenheid sal hulle nie aan selektiewe vervolging skuldig maak nie en ook nie mense deur die media skuldig probeer bevind nie.

Intussen is die eenheid skerp gekritiseer in sekere kringe en daar is selfs beweer AfriForum kan nie private vervolging doen nie. Nel het erken die kritici is reg as hulle meen AfriForum as ʼn regspersoon kan nie self privaat vervolg nie, maar het verduidelik as ʼn individu ʼn reg het om privaat vervolgings te doen, kan sy eenheid dit namens hulle doen.

Die meeste Suid-Afrikaners was wel verheug oor Nel se besluit om by die burgerregte-organisasie aan te sluit, mits hy, soos Nel self genoem het, almal met ʼn goeie saak sal help.

Daar is aanvanklik wyd gespekuleer oor wie Nel se eerste saak sal wees, maar namate die jaar gevorder het, het ʼn groeiende ongeduld ontwikkel omdat die eenheid nog nie ’n saak gehad het nie. Die ongeduld is aangevuur deur onthullings oor staatskaping en erge korrupsie.

“AfriForum deel die publiek se ongeduld. Die doel van die privaat vervolgingseenheid is juis om te help toesien dat daar gelykheid voor die reg is en korrupte persone nie vervolging vryspring weens hulle magsposisies of politieke verbintenisse nie,” het Kallie Kriel in September in ʼn meningstuk op Maroela Media geskryf.

Kriel het gesê ongelukkig draai die wiel van die gereg nie so vinnig soos wat AfriForum en talle lede van die publiek sou wou hê nie, maar dit is die eenheid se taak om toe te sien dat die wiel van die gereg aanhou draai. Hy het gemaan dat die SAPD en Valke eers ʼn kans gegun moet word om die saak van die Gupta-staatskaping te ondersoek.

Nel se eenheid en AfriForum het ook aangedui hulle sal Gabriella Engels en haar gesin bystaan. Engels, ʼn 20-jarige model, is na bewering in Augustus deur die Zimbabwiese presidentsvrou, Grace Mugabe, in ʼn hotel in Sandton aangerand.

In die jongste verwikkelinge rondom dié saak het Willie Spies, regsverteenwoordiger van AfriForum, gesê hulle verwag dat Aubrey Ledwaba, adjunk-regter-president, hierdie week ʼn spesiale toewysing van ʼn voorkeurhofdatum in die bestrede mosiehof sal maak. Engels en AfriForum se aansoek sal waarskynlik dan aangehoor word saam met ʼn ander aansoek wat oor dieselfde aangeleentheid deur die DA gebring is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Francois le Cochon ·

Ek Twyfel. So ‘n saak sal twaalf en dertig jaar neem!

Paseseun ·

Ek weet, ek weet.

Shabir Shaik se spook wat so lekker golf speel.

koos ·

Ek verstaan nie privaat vervolging nie, so ek vra asb hoe dit werk deur ‘n simpel voorbeeld te gee:
as iemand my aanrand en die polisie, howe, NVG se hulle gaan nie vervolg nie weens gebrek aan bewyse, wat is die kans dan dat hulle van mening sal verander as Afriforum dan privaat vervolg al kry hulle ook bewyse? Is privaatvervolging nie net ‘n mors van tyd, geld en produktiwiteit nie?

koos ·

Eers moet ‘n sertifikaat van weiering om te vervolg uitgereik word. Dit kan eeue duur. Dan moet die proses begin word om alles en almal voor die hof te kry. Die NVG kan rustig agteroor sit en as dit lyk of daar moontlik ‘n saak is , die vervolging oorneem en die privaat vervolger moet dan agter saam met die pers gaan sit .

RB ·

Ek dink nie dit gaan daaroor dat die howe hul mening gaan verander nie. Dit gaan daaroor dat die saak ten minste voor die howe kom. Dit gebeur klaarblyklik nie outomaties nie, en dit NVG maak dit ook nie noodwendig gebeur nie…in so geval kan Afriforum die saak voor die hof probeer kry.

Dit is ten minste hoe ek dit verstaan.

Fanie ·

Koos, kortliks kan privaat vervolging ingestel word wanneer die amptelike Vervolgingsgesag iemand wat op die oog af skuldig kan wees, nie wil vervolg nie. Selektiewe vervolging agv politieke redes is van die grootste redes vir die grootskaalse korrupsie en straffelose misdade in die land. Ons behoort vir AfriForum en Adv Nel dankie te sê ipv oningeligte bog kwytraak. As die Reg verval, verval die land. Een goeie ‘waghondsaak’ kan vêr gaan om die Regsorde te herstel, en die skaamtelose en straflose plundering te stop. Een waghond wat ‘n inbreker so hard byt dat die koerante daaroor skryf maak die hele buurt veiliger. Sterkte aan Adv Nel en hul span!

Saarkie ·

Daar was ‘n jaar of wat gelede ‘n persoon vir strafbare manslag deur die oorledene se ouers privaat laat aankla, nadat die staat geweier het om te vervolg weens onvoldoende bewyse. Die ouers het dmv die privaat vervolging daarin geslaag om ‘n skuldigbevinding te kry en tronkstraf was opgele.

Andries Erwee ·

Indien iemand jou te nakom kom, maar die staat besluit om nie te vervolg nie, kan jy n advokaat hier en self die ou vervolg. As hy skuldig bevind word, word hy gestraf soos wanneer die staat hom vervolg.

Die bekendste saak van privaat vervolging was teen die polisie in die Trojaanse perd voorval in Athlone.

Die probleem het jy moet n direkte en persoonlike belang in die saak hê. Zuma sal iemand persoonlik moes iets aandoen en nie net van die staat steel nie. Ek kan werklik nie direkte persoonlike belang daar sien nie.

snoefie ·

ag asseblief. klink vir my so logies om iemand te betaal om re doen wat malema in elk geval gratis doen. laat my dink aan hond sonder tande en stembande wat verwoed staan en blaf.

Adoons ·

Gerie vervorg en sluit Zuma en hoof van polisie toe omdat hulle die nasie fail met al die moored en roof , vervorg die hele anc hulle hoort in die tronk

Basson ·

Ek hoop hulle ondersoek ook die 8 nuwe konsep wette voorgestel vir skole.
(Toegang, taal, diversiteit, beperkinge op SBL, ens)

Johanna Botha ·

Mens hoop regtig dat iets nou kan help want enige hulp nou is welkom om ons van die groot gemors te help asb

John ·

Solank AfriForum nie sy ledegeld gaan vermors op grootse fantome nie. Groot geld is ter sprake in groot sake en menige ander probleme regoor die land vereis aandag. AfriForum moet besef dat die Afrikaners as sulks deur hul doen en late geaffekteer word sou woede oorkook.

Piet Pompies ·

In SA word oortreders van die wet deur die staat vervolg, die staat se verdediging lê sy saak voor die staataanklaer en as daar genoegsame bewyse vir die aanklag is besluit die staataanklaer om te vervolg. As die staatsaanklaer besluit om nie te vervolg maak ons land se wette voorsiening vir ‘n privaat vervolging op grond van nuwe (beter bewyse). Die staat moet ook toestemming gee vir die vervolging.

koos ·

ek wil nog iets weet: hoe vervolg mens iemand privaat? hoe neem jy hom in hegtenis? waar hou jy hom opgesluit? Mag jy dit doen?

Andries Erwee ·

Nee jy neem hom nie in hegtenis nie, maar hy word gedagvaar om in die hof te verskyn. Daag hy nie op nie gee die hof opdrag aan die polisie om hom in hegtenis te neem. Word hy skuldig bevind en tronk toe gestuur dan neem die staat hom gevange.

Disselboom ·

Dis nogal iets op dop te hou. Hoop die aankondiging is iets wat tot aksie oorgaan. Dit kan ‘n geskiedkundige oomblik wees, waar ‘n stryd as’t ware van die sykant af aangeknoop word om die staatlike funksie wat faal deur ‘n privaat (wel, regstegnies vir die doel van die argument) instansie uitgevoer word. Die blote feit dat privaatvervolging op hierdie vlak openlik bespreek word, is al geskiedenis. As dit tot werklike uitvoering gaan kom, is daar ‘n nuwe verskynsel in staatkunde wat eintlik so deurmekaarspul van pligte en magte is dat mens wil sê: “Net in Afrika”.

Johan. H. ·

Almal op die kniee,, Gerrie gaan praat,, Shame, Ek hou nie my asem op nie,, Maar as daar n groot positiewe hoe profiel presedent krimeneel die oranje pak gaan draa sal ek nog meer finansieel bydrae, Sal maar sien , onthou hierdie ouens wil geld maak!!!

Phillie ·

Johan met groot respek vir jou persepsie dink ek jy oordeel verkeerd. Ek het noue kontak met AfriForum en kan jou verseker nêrens in enige van hul departementele is daar ‘n sweempie van wins bejag nie. Alles word in die Afrikaner saak teruggeploeg

Helien ·

Gerrie ek wens jou en die span voorspoed. Julle het hard gewerk. Kan nie wag om te hoor wat julle gaan doen nie. Julle kan die land n beter plek maak.

Oom Piet ·

Ek stem saam met Helien se skrywe , kom ons gee hom die morele ondersteuning want hy sal die beste doen vir ons land.

zoom zoom ·

Ek weet wie dit is en ek gaan ook sê wie dit is. Die persoon is…………
hou dit. Dit is #IEMAND

LMF ·

Whatever gaan hy ons nou vertel hoe word ons bydra elke maand gespend of wag dalk het hy nog iets gekry om English se saak sterker te maak vir wanneer hul Grace Mugabe oor 30 jaar weer raakloop

Ada ·

Kan nie wag om te hoor wie dit is nie. dalk die ou met die vreeslike wenkbroue? Wat is sy naam nou weer? Abrahams of dalk Baleka of dalk die Guptas! Dit sal nice wees? Of Brown!!! ek lag my ‘n papie!!! En natuurlik ou zuma.

Alida ·

Baie sterkte Mnr Nel. Daar wag lang ure en min slaap vir julle. Ons is positief

Maria Van Dieweeck ·

Ai Afrikaners in tien groepe. Sterkte aan enige persoon wat iets positief bydra!

vytjie ·

Nel sal ALTYD vir my top wees. Die MANIER hoe hy enigsins ‘n SAAK benader is UITSTEKEND. EK hoop daar gaan BEHOORLIK na PLAASAANVALLE gekyk word. Miskien is so vikeerd. Maar vir my is dit EERSTE oppie lys

stefanie ·

As daar iemand is wat n verskul kan maak is die Gerrie Nel sterkte ons dra jou en jou span op aan die Here

Piet ·

Koos, jy klink heel opgewerk oor die hele moontlikheid van privaat vervolging. Ek dink jy het Carte Blanche se uisending gemis wat die onderwerp deeglik gedek het. n Indier egpaar het hul dogter se moordenaar suksesvol privaat vervolg en laat toesluit. Daar was baie red tape maar dit kan wel gedoen word.

eloise ·

Die probleem is nie die vervolging nie, die probleem is na selfs ‘n suksesvolle vervolging ten bedrae van derduisende rande wat heel maklik tot in die miljoene kan draai, die skuldiges na ‘n paar weke of maande in aanmerking kom vir parool en dan vroee vrylating en dan is die polisie nie daar om getuies te beskerm nie….hulle kom ook baie slimmer en gevaarliker uit die tronk as wat hulle ingaan…Vir alle praktiese doeleindes is die polisie besig met “catch and release” Geen land kan in so bestel floreer nie.

Doris ·

Mooi so Gerrie ek glo u sal laat geregtigheid geskied en glo my daar is baie sake wat dringend aandag moet kry wat net gesluit is en geen aandag is daar aan gegee nie. Sterkte .

Boerseun ·

Hy gaan FW, Roelf en hul maaitjies aankla vir hoogveraad en korrupsie?

Boet Fasie ·

Mooi man, gaan seker aankondig dat die petrol prys wat volgende maand weer gaan styg deur sy span ondersoek en vervolg gaan word- briljant wag in spanning. Zuma en die Guptas is net te goed en sal vervolging altyd een voor wees.

Rassie ·

Gaan Abrams nie vervolg word omdat die NVG hom vir politieke inmenging oop gemaak het nie?

Dis tyd ·

Dit is hoogtyd, hy sit al meer as’n jaar by Afriforum en al wanneer jy van hom gehoor het is in die Engels/Grace Mugabe saak wat hy iemand wil verteenwoordig wat nie eers aan die organisasie behoort nie. Die saak is oorgegee aan Willie Spies so het Gerrie daaruit ook onttrek?

Andre ·

Wat gebeur as die privaat vervolging slaag en die regter is bevooroordeeld ? Moet die regter dan ook privaat vervolg word ?

Eish ·

Ten spyte van heelwat negatiewe kommentaar, ondersteun baie jul 100% en ons sien met verwagting uit na die aankondiging. Hou vol met jul goeie werk. Ek is seker al 200 000 lede het groot waardering vir jul werk.

Susara ·

Dankie Fanie, ek stem saam, sterkte aan Adv Nel en sy span en Dankie ook aan hulle,

Estelle ·

Ag Gerrie Nel, jy floreer tog so op sensasie en die media.

Alida ·

Estelle, ek hoop jy is ‘n lid en lewer ‘n bydrae. Wag en kyk wat gaan Mnr Nel doen. Hierdie goed neem tyd. Geduld en wees verseker geregtigheid sal geskied.

Estelle ·

Ja, Alida, ek is wel ‘n lid en ek lewer wel ‘n bydrae. Ek is bly jy is bereid om te “wag en kyk wat mnr Nel gaan doen”.

Nicolene ·

So tipies ons patetiese WIT volkie! Altyd negatiewe kommentaar en kan NOOIT saamstaan oor iets positief wees nie!! Arme Gerrie het ongewildheid verwerf omdat hy n MOOEDENAAR agter tralies wou sit en vandaar dat die negatief denkende mense seker almal Oscar aanhangers is!! Scroll verby as dit nie vir belangrik is of as jy nie aanklank vind nie man – eerder as om die hele wit bevolking negatief te beïnvloed!!

stefanie ·

Ons blanke nasie moet net leer om saam te staan kom ons raak positief wenk ons na die Here en glo dat hy mense kan gebruik om vir ons weer n tekoms in ons mooi land kan bewerkstellig ons moet tenminste iewers begin kom mense staan saam Eendrag maak mag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.