Gerrie Nel gaan AfriForum toe

Staatsaanklaer Gerrie Nel tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool (SAPA)

Staatsaanklaer Gerrie Nel tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool (SAPA)

Adv. Gerrie Nel gaan by die burgerregte-organisasie AfriForum aansluit.

Maroela Media het van ʼn betroubare bron verneem Nel gaan glo betrokke wees by ʼn onafhanklike ondersoekeenheid van AfriForum. Nie Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum of Nel het die skuif bevestig of ontken nie.

AfriForum hou Dinsdagmiddag om 15:00 ʼn mediakonferensie om meer lig op die aangeleentheid te werp.

Maroela Media het vroeër berig Nel het Dinsdag by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) bedank. Nel het die NVG 24 uur kennis gegee.

Nel, die voormalige hoof van die nou ontbinde Skerpioene, is een van die land se voorste aanklaers en alombekend om sy rol in die Oscar Pistorius-saak.

Nel het destyds die Skerpioene se ondersoek na die oudpolisiehoof Jackie Selebi gelei.

Nel, in regskringe ook bekend aan sy bynaam “The Bulldog”, het in die 80’s as aanklaer begin werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

90 Kommentare

Cornelia 1 ·

Afriforum kan verseker baat sou Adv Gerrie Nel deel word van hulle span!

Kandas ·

Dit is wonderlike nuus! Minderheidsgroepe kan net voordeel hieruit trek. Gerrie is briljant in sy werk.

Jane ·

Uitstekende nuus. Uitstekende regspersoon vir Afriforum. Baie ervaring, baie standvastig. Hoop hy verrig wondere daar.

Bierie ·

Ja Gerrie is soos Naas Botha jy haat hom as hy teen jou speel maar as hy vir jou speel is hy n gevaarlike man ek dink dit is wat ons nodig het.

Riaan ·

Hallelujah! Hoop hy kan die afrikaner help in die kort en lang termyn.

Cherokee ·

Hierdie is GROOT NUUS!! Nou wag ons op die kommentare van die anti-gerrie mense.

Pop ·

En so verloor die regsgeledere van die staat nog n briljante man. Dis nie aldag lekker daar nie. As hy afriforum toe gaan maak hy die regsbank daar baie sterker. Sterkte met jou pad vorentoe adv. Nel.

Great nuus ·

Dit sal die regte plek wees om te wees Gerrie Nel, vir die land sal dit ook meer werd wees, sterkte met die pad, dit sal nie aldag Maanskyn en Rose wees nie, maar jy sal beslis ook nie in ‘n “geen vooruitsig” situasie wees nie! Ten minste kan jy nou vrylik staan vir reg en geregtigheid.
Lekker werk!

Karoomeisie ·

Goeie nuus. Hoop hy baklei nou vir ons Afrikaners en plaas moorde! Wat word nou van Oscar se saak !

johan ·

Wat bedoel jy Oscar saak…dis mos lankal afgehandel…hoeveel keer wil julle hom nog aankla…die lewe gan an..elke dag is n nuwe dag…maak klaar met dit wat agyer is en kyk vorentoe Karoomeisie

Dirk ·

Wat `n hartseer dag vir Afriforum. Ek dink nie hulle het die arrogansie nodig van iemand wat so met homself behep is nie. Daar gaan nog baie koppe gestamp word, want ek glo die persoon se ego gaan in die pad staan van baie suksesse wat Afriforum al tot dusver behaal het sonder die persoon se “kennis”. Daar is baie mense (geleerdes) wat vir die staat werk, maar sodra hulle die privaat sektor betree, is dit `n ander wereld. By die staat was hulle deel van `n span, maar op die einde eintlik die “jam” stelers wat die kollig haal en op ander se rug ry. Daar het hulle onbeperkte befondsing van die staat om aan te hou en aan te hou met `n saak. Privaat sektor ongelukkig anders, daar is maar beperkte fondse, en ook beperkte hulpbronne. Jammer Afriforum, maar ek dink kom ons gesels weer oor 12 maande.

Sampie ·

Dirk, ek dink jy praat absolute onsin. Eintlik verdien jou kommentaar geen reaksie nie.

Boeremeisie ·

Dirk jou sage klink verskriklik baie na suur druiwe. Maar nou ja hou jy maar aan vasklou aan jou suurheid. Verwar jy dalk vir Nel met Byleveld? Dis duidelik dat ju geen benul het waarvan jy praat nie. Van die land se voorste prokureurs en advokate het juis in hul.skoene ingegeroei in die kantore van die staatsaanklaer.

Pieter ·

Dirk,
Ek stem 100 persent met jou saam. Vandag skree almal “Hallejua” en more is dit “kruisig hom”.
Hy gaan stil-stil verdwyn sonder dat hy enige impak gemaak het. Min of meer soos Byleveldt.
Pieter

Bullseye ·

Dis beste nuus nog vir 2017!! Hy sal n aanwins wees vir Afriforum.

lw ·

Mooi Gerrie Nel en Afriforum! Ons staan saam met julle. Hoog tyd dat orde geskep word in SA!

Dirk ·

Wat `n swak besluit deur Afriforum is die nie. Die mannetjie se ego is heeltemal te groot.

BosveldG ·

Dirk – vryheid van spraak tel in jou guns, hou by jou storie…. Ek verskil met jou, ek dink dié man is uiters bekwaam en ek vat hande met hom, eerder as baie ander ! Negatief ou !!

Gideon ·

Dirk nou wat is fout met ‘n groot ego?? Bigger is better!

Charlotte Barnard ·

Musiek in my ore! Sterkte adv. Nel, hy gaan beslis ‘n verskil maak by Afriforum!

Marius ·

Fantasties net wat ons nodig het.Alle sterkte vir jou Adv.Nel en Afriforum ondersoekspan.

Marius ·

Dirk jy kan maar se wat jy wil as jy goed is,is jy goed.Voel jou ego nie ook goed as jy iets reg doen?

Dirk ·

Nee wat, mens is maar net so goed soos die span saam met wie jy werk, kyk maar na baasspeurder Piet??? Party kry die eer en lyk goed, ander gee die eer aan die span. Kan nie stry nie, hy het talent en is suksesvol, maar glo nie die privaat sektor gaan vir hom goed wees nie. Dalk sy eie praktyk begin, jip, grot sukses, maar vir `n werkgewer werk, nee. Dinge gaan hom frustreer, veral omdat hy gewoond is om te maak en breek soos hy wil. Om nou aan die ander kant te staan is `n heel ander wereld. Maar soos ek noem, kom ons gesels oor 12 maande, net dalk eet ek “humble pie”!!

Boeremeisie ·

Dirk waar kom jy aan die snert waarvan jy praat? Hoeveel.prokureurs dink jy het uit die staatsaanklaer se kantore gestap en hul eie praktyke begin? Ja ‘n handjievol, die res werk almal in praktyke as werknemers en hulle is uiters suksesvol. Ek dink jy ly aan suur druiwe

Dirk ·

Nee Snoefie, die saak is nog nie afgehandel nie. Mnr Nel wil mos nog steeds vra vir `n swaarder straf. Verstaan nie die grondwet dat tronkstraf daar is vir rehabilitasie nie, en ook nie respek vir `n regter se besluit nie. Wil mos maar sy wil laat geskied. Maar om terug te kom na Karoomeisie se vraag, ek neem aan hulle sal hom op `n konsultant basis gebruik vir sake waar hy aanklaer is. Werk nog maar baie jare so.

Boeremeisie ·

Ag toggie ou Dirkie waarom so suur? Daar is net 2 scenarios wat moontlik jou suurheid kan regverdig.
1. Nel het jou uitgestof vir ‘n pos
2. Nel het jou weggesit vir jou manewales.
Wat ookal dit mag wees ons vergewe jou jou sinisme oor Nel maar gaan daarop aandring dat jy oor 12 maande plegtig en in skrif omverksoning aambied vir jou wanvoorstellings oor Nel se vermoens.

Boeremeisie ·

Gerhard insinueer jy dan dat die regspan by Afriforum is van swakker gehalte as die netwerk binne die kantoor vd aanklaer? Niemand het mos nou ooit gese Afriforum (‘n organisasie) het nou die Nel show begin. Nee juis word gese Nel sluit by Afriforum aan. Jy weet Afriforum !’n organisasie dus per implikasie meer as een mens.

student ·

Afriforum se wins en beslis die NPA se verlies, en ‘n tydelike oorwining vir die korruptes in the regering. Hulle sal gou leer dat dit veiliger was om vir Gerrie Nel binne die NPA te hou as buite.

Hoop die aanpassing tussen publike sektor en meer kommersiele sektor is nie te erg nie.

Mooiso ·

More aan almal! Wat n goeie en blye dag vir Afriforum. Adv. Gerrie Nel val darem in n ander katagorie as “baasspeurder” Piet. Ons moet bietjie vooruit ook dink daaraan dat hierdie maar net een byvoeging tot Afriforum se nuwe gesig sal wees. Daar wag nog groter dinge vir ons om waar te neem. Hierdie was n goed en deurdagte beplanning van Afriforum. Wees rustig en wag en kyk wat hieruit gaan plaasvind. Advokaat Nel is uiters bekwaam en as arogansie dan sy nou sy swakpunt is vir ons is hierdie selfde houding n aanwins vir die regbank. Baie geluk Afriforum met hierdie skuif en baie geluk aan Advokaat Nel met hierdie lewens belangrike skuif. Ons salueer jou!!!!!

J ·

Sad news. Solidariteit en Afri forum se rug is al hol gery op ander se gewin na hulle mostert na die maal eers die sake gevat het. Jammer geen vertoue in solidariteit of Afri forum. En dan daarmee weghol en die erkening onvang na die meeste werk reeds verrig was deur die ander party.

Adam Boshoff ·

Kan jy jou stelling verdedig deur na enige sake te verwys want jy skiet wyd nou

Grassie ·

Uitstekende nuus. Dit gaan vir Afriforum nou genoeg tande gee om hard te byt waar daar gebyt moet word.

GERRIE JOU YSTER ·

Lekkerrrrr mahn lekker!!! Uiteindelik!!!! Dis net wat ons nodig het. Gerrie jou yster!

Marina ·

Adv. Gerrie Nel, afriforum, BAIE baie DANKIE vir alles wat julle vir ons Afrikanervolk doen. Mnr Nel is beslis n baie groot aanwins vir julle. Mag Adv Gerrie Nel ons leier en ons land se president word. Ek het absoluut volle vertroue in julle. Ek het baie groot respek vir julle.Sterkte en ons wag in spanning om te sien wat van hieraf gaan gebeur. PUIK werk!?

Joe ·

Om in so ‘n posisie te wees en 24 uur kennis te gee, klink baie verdag. Hoop hy neem beter besluite by Afriforum.

Flipper ·

Joe,
Ek is dankbaar vir wat gebeur in Afrikaner geledere., maar soos, jy voel ek ook aan, die kort kennis tydperk (24 uur), na jare lange diens in die staat, val my ook verdag op die oor.

AJ ·

Adv Nel maak Afriforum net steker.Kan net n goeie skuif wees.Dankie wat jul vir ons doen.Sterkte

ig ·

Nou gaan die poppe dans.Aan al die bitterbekke bou n brug en kom daaroor .

Soois ·

Hoera!! Beste besluit wat hulle kon neem! Nou gaan die poppe dans!

Moeksie ·

Great nuus – Gerrie jy is my HERO. Sterkte op jou pad vorentoe. Jy maak ALTYD ‘n verskil.

Henry ·

Dankie tog!!!
Gerrie Nel is ‘n yster van formaat. Dit kan/sal tot groot voordeel van Afriforum strek.
Baie goeie rede om my nederige bydrae aan Afriforum te verhoog.
Vatso katvis!!!

Gideon ·

Om die waarheid te se weet ek nie wat om te dink nie. Ek het nog nooit van hom gehou nie maar ek kan nie sy geleerdheid en know – how afskiet nie. So sal maar moet sien wat speel uit. Waarom so vinnig weg wonder ek? Moeg vir al die korrupsie? Het seker lankal die planne beraam om te gaan en net vir ‘n gegewe dag gewag.

Ruaan ·

Ek is nie ń Nel aanhanger nie, maar dit kan Afriforum net baat. Sterkte Gerrie

Johan ·

Ek is ‘n Gerrie Nel aanhanger, nie net omdat hy ‘n oud skolier van my trotse Hoërskool Piet Potgieter is nie, maar omdat hy nie skroom om vir die WAARHEID te staan nie, wens alle mense in ons samelewing was so, insluitend die vervlakste BALhorige regering (in klein-klein letters) wat “sadly” in huidig beheer is…

rafel ·

Goeie nuus…Afriforum word al hoe sterker….dankie Gerrie.

Minx ·

En Barry gaan EFF toe!!!!!!!!! Mooi so Gerrie gee hulle gas!!

Johan ·

Gaan kyk bietjie op news 24. Hulle sê al klaar Gerrie is n rassis deur om vir afriforum te gaan werk …….

Go Gerrie ·

Ja vreemd hoe jy nie die woord Afrikaans of Afriforum of Solidariteit mag gebruik of vir hulle werk nie, dan is jy ‘n rassis, maar jy mag maar vir die BLACK LAWYERS Association werk, jy mag maar die FACE of AFRICA wees, ook die BLACK ENTREPRENEUR of the Year wees . eienaardig .. wel .. ek dink die wittes het nou genoeg harassment gevat, en was altyd skaam om op te staan vir wat reg is .. Hoekom is jy ‘n rassis as jy vir WIT opstaan maar nie vir SWART nie? Afriforum is ‘n burgerregte organisasie, nie ‘n politieke party nie . so as dit rassisties is om vir burgerregte op te staan.. dan dink ek is almal in SA rassiste, AL DIE ANC KADERS ingesluit.

Ljl ·

Dirk jy sou seker wou gesien het hulle moes eerder die regter wat se saak nog moet voorkom vir dronkbestuur aanstel.Sterkte Gerrie in jou nuwe pos en dankie afriforum vir alles wat julle vir ons mense doen.

GES ·

Hierdie is beslis ‘n groot wins vir AfriForum. Geen kristalbal is nodig om te sien dat die ANC groot probleme te wagte kan wees. Operasie huis-skoon-maak …..

humor ·

Baie goeie nuus. Nou kort ons nog net vir Trump in die regte pos.

Santie ·

Wel wel….groot nuus hierdie. Klink heel positief en dit het ons broodnodig!!!! Mag dinge dan gebeur en hoop kom. Give them all Bells!!!

Santie ·

Stem saam GES….operasie SKOONMAAK en sommer die hele land se SKOONMAAK!!! SKOONMAAK en LIG is nou dringend nodig

Maria Van Dieweeck ·

Welkom Gerrie Nel! Kolskoot Afriforum! In EWN se Engelse kommentare, vra mense nou hoe om by te dra aan Afriforum Jul kan net baat vind, by sulke hoe profiel, GEKWALIFISEERDE aanstellings. ‘Vat hom Bully!’

Ai tog, onthou ook net ‘#HATERS HAAT’, hul gee nie om wat bygedra kan word nie, ook nie eens deur hulself nie !

Skerp Spioen ·

Ek is nie eintlik ‘n Gerrie ‘fan’ nie maar dit is nietemin vir my fantasties om te sien hoe die seunse weenkoor al klaar begin sanik het.

vytjie ·

antwoord op BAIE se gebede. dit noem ons IN PLAN VAN DIE HERE.

Pieta ·

Ek sal graag net wil he dat die persone in die regering wat doen en maak wat hul wil so op hul hel kry want n mens kan nie meer nie. So Gerrie sa vat hulle.

Alida ·

Aanwins vir die afrikaners se sake wat nie aangehoor word nie.

Hein ·

Nou gaan die poppe dans. Welkom Gerrie, ons is trots om n persoon van jou kaliber by Afrforum te he

Nicolene Boshoff ·

Welkom aan boord!! Ons is baie bly om jou deel te he van hier die Kant van die skip. Mag jou kundigheid stof laat spat.!

Waarheid ·

Sterkte Gerrie en dankie dat jy jouself en regskennis tot regverdigheid vir almal wil en gaan beskikbaar stel.

Wynand ·

Hierdie is die beste ding wat die land kon tref. Vir lank het ek gewonder hoe nie privaat vervoliging teen die mense soos Zuma nie. Dit gaan die staat dwing om of self te vervolg of om Afri-Forem te betaal om dit te doen. Daar gaan geen koppe gestamp word nie. Hy is hoof van privaat vervolging. Sorry ANC. Die hel is vir julle los

Wynand ·

Hierdie is die beste ding wat die land kon tref. Vir lank het ek gewonder hoe nie privaat vervoliging teen die mense soos Zuma nie. Dit gaan die staat dwing om of self te vervolg of om Afri-Forem te betaal om dit te doen. Daar gaan geen koppe gestamp word nie. Hy is hoof van privaat vervolging. Sorry ANC. Die hel is vir julle los

Hierdie departement staan n, om binne n, paar jaar groter as NVG te wees

Lewies ·

Solank Suid-Afrika se grondwet hou kan ‘n mens vuurwerke verwag. Wat gaan gebeur as jy nie meer kan terugval op eerste wereldse wette en beginsels nie. ‘n Vreemde gedagte en omge-wing ook wat regspleging aanbetref?

FM ·

Bravo Gerrie. Nou sal jy seker weer n rassis genoem word!!! Kom ons lag vir die ou rassehaters, suurgatte!!!!

Juan ·

Nou hoop ek hy kan n slag die Oscar saak uitlos want hy het daar vasgehaak wil sien of hy enige impak gaan maak hy het seker weer probleme by sy werk soos ander wat ook bedank het omdat hulle moontlik aangekla kan word vir dinge wat hulle aangevang het sal oor n paar maande sien of hy die impak maak waarvoor almal nou so bly is ek twyfel

Dankbaar ·

Eerstens ou Dirkie waar het jou ou lewetjie verkeerd geloop ? Jammer hoor, maar Adv. Gerrie Nel is ‘n man met integriteit en ons is opreg dankbaar dat hy die pad met Afriforum gaan stap.

Frik ·

Nou gaan die krimenele en moordenaars loskom by die dosyne,jammer vir die staat.

John ·

As Trump moeilikheid ervaar, dan is mens bevrees oor wat op Gerrie Nel wag. No 1, Oscar gaan glo moontlik skynbaar binnekort tuis wees… glo dalk net om Gerrie te wys. En die regter van destyds sal glo heel moontlik toevallig en per ongeluk net telkens die sake waarin Gerrie optree, beman… No 2, Hy sal ook maar gewoond moet raak aan die woord, rassis, want dit gaan sy tweede naam word… selfs op sy tandepasta-buisie geskryf staan…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.