Gerrie Nel gaan ‘lid van Zuma-binnekring’ vervolg

Kallie Kriel en Gerrie Nel. Foto: Rozier van Tonder/AfriForum

Adv. Gerrie Nel en AfriForum gaan vandag ’n aankondiging maak oor die private vervolging van ’n vooraanstaande persoon in pres. Jacob Zuma se binnekring.

Die aankondiging sal tydens ʼn mediakonferensie in Centurion gedoen word. Dit kom nadat Nel en AfriForum verlede maand aangekondig het dat hulle Duduzane Zuma, seun van Zuma, privaat gaan vervolg.

Dit is egter nie gerugte van sy betrokkenheid by staatskaping of sy goeie verhouding met die Gupta-broers wat Nel op sy spoor het nie, maar ʼn noodlottige ongeluk.

Maroela Media het in 2014 berig dat Zuma op 1 Februarie met sy Porsche in Grayston-rylaan in Sandton teen ʼn minibustaxi gebots het. Phumzile Dube (30) is dood en nog twee mense, ʼn 72-jarige vrou en die taxibestuurder, is kritiek in dié ongeluk beseer.

Kallie Kriel, Gerrie Nel en lede van Dube se familie. Foto: Maroela Media

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het besluit om Zuma nie verder te vervolg nie al het ʼn landdros bevind hy was nalatig en dat sy optrede Dube se dood veroorsaak het. Daar is toe aangevoer daar is nie genoegsame bewyse nie en geen vooruitsig vir suksesvolle vervolging nie.

Nel het verduidelik waarom AfriForum se private vervolgingseenheid besluit het om aansoek te doen om Zuma privaat te vervolg op ʼn aanklag van strafbare manslag.

“Ons stem natuurlik nie met die NVG se besluit in Augustus 2015 saam nie. Dit was ʼn ongeluk wat na my eenheid se mening veroorsaak is deur mnr. Zuma op die snelweg om 22:00 toe dit baie hard gereën het. Ons glo, en dit is ook waarom ons aansoek doen, daar is wel kanse vir ʼn suksesvolle vervolging,” het Nel gesê.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het aan Maroela Media gesê goeie vordering word gemaak in hul saak teen Zuma. “Ons het al baie werk gedoen en die ondersoek is gereed. Ons wag net nou vir die nolle prosequi-sertifikaat en sodra ons dit het, kan ons voortgaan met die saak.”

Die sertifikaat word uitgereik wanneer die vervolgingsgesag daarvan afstand doen om self die saak verder te voer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eish ·

Wonderlike nuus! Ons wag in spanning.
Die enigste stok in die speek kan wees deurdat die Zuptakrasie dit kan bewimpel dat die voorsittende beamptes bevooroodeeld is, wat litigasie kan verleng.

Jakkalas ·

Dis reg roer hulle. Die so-called “untouchables”. Laat my dink aan Al Capone en sy skurk trawante wat uiteindelik vervolg was. Op belasting ontduiking nes Mnr. Zuma.

Peet J ·

Gaan die Dube familie enigsins voordeel trek sou die vervolging realiseer hulle het seker alreeds met die Padongelukkefonds in verbinding getree tydens die ongeluk vir finansiële vergoeding.

Dirk ·

Hoekom takel hy nie ook vir die EFF Julius Malema nie. Ek meen n mens kan mos nie so n vry spraak he oor die toekoms van blankes in die land nie.en ek is van mening dat hy die mense opstook en dit dan direk verband hou met die plaas moore.

Stem saam ·

Nou hoe weet ons hoe ver is die vorige saak van Duduzane Zuma? Ek sien elke keer ‘n aankondiging maar daar word nie opgevolg daarop nie. Hoe ver is die Engels saak, hoe ver is die Zuma saak, en dan wil ek ook soos Dirk hierbo weet HOEKOM word Julius Malema nie vervolg nie want duidelik wil die STAAT hom nie vervolg oor sy haatspraak en aanhitsing tot geweld teen ‘n minderheidsgroep nie. Dit is tog seker ook binne Gerrie se mandaat dan nie? Hoekom al die Zuma’s en die grootste moeilikheidmaker wat NIKS oorkom nie (naamlik Malema) gaan vry voort om sy haatspraak te verkondig???

bloues ·

Daardie sertifikaat gaan nie uitgereik word alvorens ‘n hof hulle daartoe gaan verplig nie. Dan gaan hulle appeleer teen die hof se besluit. Dit gaan nog baie lank neem. Teen daardie tyd is Zuma Snr en sy hele familie nie meer in SA nie

Botterblommetjie ·

Slim, strategiese beplanning…. gewonder hoe gaan hulle die vervolgings doen…

Piet Pompies ·

Met die huidige ondersoek van ESKOM oor geldelike vergrype is die wat betrokke was by die aanwins van geld besig om teen mekaar op te staan. So kom die waarheid uit en alle partye betrokke kry sy dag in die hof. Dieselfde gaan met Gerrie Nel se ondersoek gebeur, die beskuldiges kry hulle dag in die hof, as die bewyse van bedrog daar is kan jy nie die regter oortuig deur leuns te vertel.
Hierdie is goeie werk, harde werk wat uitstekende resultate gaan oplewer.

snoefie ·

pray do tell….hoe gaan dit werk? gerrie nel het sy magte om mense te verplig om in die hof te verskyn, saam met sy staatsaanklaerskap agtergelaat. gaan hulle “in absetia” verhoor word? gaan hulle eenvoudig ontvoer word en gedwing word om aan die konsert deel te neem? hoe gaan dit werk?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.