Gerrie Nel gaan saak van dieremishandeling privaat vervolg

gerrie-nel-ndbv

V.l.n.r. is Dimpeng Maangwale, ondersoekbeampte by AfriForum, adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid, Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, Marcelle Meredith, uitvoerende direkteur van die NDBV, en Grace de Lange, hoof van die NDBV se plaasdierebeskermingseenheid. Foto: Verskaf.

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid, beplan om Thandi Modise, voorsitter van die nasionale raad van provinsies, vir dieremishandeling te vervolg.

Die burgerregte-organisasie se eenheid en die Nasionale Dierebeskermingvereniging (NDBV) het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie in Centurion dié aankondiging gemaak.

Die NDBV het in Julie 2014 ʼn klagte ontvang en op een van die wreedste gevalle van dieremishandeling in die organisasie se bestaan afgekom. Modise se plaas was besaai met karkasse van meer as 50 varke en ander dooie diere soos ganse, eende, skape en bokke.

Die oorlewende diere, insluitende varke, skape, hoenders en bokke is sonder kos en water gelaat en was in ʼn haglike toestand. Die NDBV moes 162 diere weens hulle toestand van kant maak.

Volgens Nel het die NDBV ingevolge die Wet op Verenigings vir die Voorkoming van Dieremishandeling statutêre magte om oortreders privaat te vervolg.

“AfriForum se private vervolgingseenheid het die saak ondersoek en bevind dat daar prima facie-bewyse is om Modise suksesvol te vervolg. Dit is noodsaaklik om private vervolging in te stel om te verseker dat geregtigheid geskied,” het Nel gesê.

“Die NDBV kan in eie reg vervolg indien die direkteur van openbare vervolging weier om te vervolg. Ons het die NVG vandag geadviseer dat Nel die aanklaer op die private vervolgingsaak gaan wees rakende die aanklagte van dieremishandeling teen Modise.

“Die dieremishandeling op Modise se plaas was van die ergste waarmee ons nog te make gehad het. Die diere is aan hul eie genade oorgelaat en talle diere het van die honger gevrek,” het Marcelle Meredith, uitvoerende direkteur van die NDBV, gesê.

Meredith het gesê die organisasie is dankbaar dat AfriForum Nel se dienste beskikbaar stel om hul eerste private vervolgingsaak van stapel te stuur en te lei.

Nel het bygevoeg dat die saak in die distrikshof in Potchefstroom aangehoor sal word en dat hy self baie daarna uitsien om weer terug in die hof te wees.

“Die private vervolging van Modise pas by die eenheid se doel om almal gelyk te stel voor die reg,” het hy gesê.

Volgens Meredith het howe in sake van erge dieremishandeling al boetes van tot R60 000 gelas.

“Mense wat aan dieremishandeling skuldig bevind word, sit ook met ʼn kriminele rekord en in die jongste saak wat gehandel het oor hondegevegte is die skuldige selfs tronkstraf opgelê. Dit is dit vir ons ʼn teken dat regters hierdie soort sake al ernstiger neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Lizelda ·

Baie dankie Gerrie Nel en span dat julle hierdie saak aanvat!

Johanna ·

Fantasties. ek hoop van harte dit is nie n lang uitgerekte saak nie. Mag hy swaar gestraf word.

Grant ·

Gerrie Nel en Afriforum – love you, love you, love you!!!!! As Wetgewing gewysig kan word om meer Regte aan Diere te gee – sjoe, ek wens ek het die geld gehad om befondsing te bied om so ‘n Aansoek na die Howe te neem. Hou ons op hoogte.

Hasie ·

Gerrie Nel het mog niks gedoen wat ek van weet sederd hy in sy nuwe pos is nie. Hy en sy span is maar lig in die broek.

Nettie ·

@Hasie, ek stem saam. Sedert die OP-saak, het Gerrie Nel so amper in’t niet verdwyn …. hier en daar ‘n blaf gegee, maar nie veel herinner aan ‘n “Bull Dog” nie. Bv. daar is al HOEVEEL plaasmoorde gepleeg in die afgelope tyd; toegegee – Afriforum en Adv. Nel se mandaat strek slegs sover soos gevalle waar ‘n “nolle prosequi” sertifikaat uitgereik is – maar ek dink hulle kan hulself begin beywer vir hierdie tipe sake. Dit is immers misdrywe wat teen hul EIE mense gepleeg word – dalk in opdrag van ?????????????

Robert ·

@Hasie; die probleem met die privaat vervolgings is dat die NVG eers moet laat weet of hulle gaan vervolg, dan kan privaat vervolging eers plaasvind. Soos gewoonlik raak dit ‘n politieke speelbal en BAIE tyd word gemors totdat Afriforum die ja woord kry dat hulle kan privar vervolg. So dit mag vir vir jou lyk dat GN en sy span lig in die broek is maar hulle is hard aan die werk agter die skerms. Ek kan sê daar is baie vertragings doelbewus en nie doelbewus , dit is vir almal ‘n frustrasie :-(

Abe ·

Hasie,
As jy nog niks gehoor het van wat Afriforum doen nie, vind eers uit voordat jy kritiek lewer.

Grassie ·

Vanwaar Gehasie? Die prosedures is al ‘n paar maal hier op MM verduidelik maar jy het dit blykbaar nie gelees nie. Afriforum kan alleenlik private vervolging instel as die Staat weier om amptelik te vervolg. Daar is ‘n hele paar sake op die hofrolle waar die staat aanvanklik nie vervolg het nie (bv Zuma se seun) maar dan het hulle skielik besluit om sommer dadelik te vervolg wanneer Adv Nel sê hy gaan vervolging instel. Die Staat is vrek bang vir hom want hulle weet hy gaan hulle derms uitryg in die hof. Kom ons ondersteun liewers die mense wat aan ons kant baklei.

Anda le Roux ·

Hasie, dink jy regtig dis so eenvoudig om enige saak voor die hof te kry? Ag nee, dink bietjie verder of google sodat jy ingelig kan reageer. Baie baie ingewikkelder as wat jy tans vermoed.

Partykeer ·

Partykeer meot ons bietjie meer lees en minder praat. Die werk van Gerrie is nie net die vervolging, die feit dat hy “mense” wat BO die reg is in ons gewone stelsel dan wil vervolg, besef die Nvg dat hier groter moeilikheid kom en dan vat hulw el die sake hof toe, so hy werk meer as net dit wat die oog sien. In eenvoudige Afrikaans Hasie, hy maak seker niemand kom weg met sulke streke nie, daar is sake wat nie so eenvoudig is nie, maar glo my dit gaan nog uitgesorteer word en die onaantasbares sal te boek gestel word. Sterke Gerrie en mag die dame haar moeilikheid kry, ek onthou daai foto’s en hartseer, diere aan mekaar begin eet van honger…..

Ellisras ·

Hoor. Hoor. Dankie tog vir Afriforum. As jy hier lees en jy is nognie ‘n lid nie. SLUIT AAN. Eendracht maakt macht.

Nettie ·

Aan almal wat Hasie nou so wil oordeel: ek is seker Hasie weet net nie van die “nolle prosequi” sertifikaat wat eers uitgereik moet word alvorens Afriforum/Adv. Nel privaat kan vervolg nie.

Ek is lid van Afriforum en voel op hierdie stadium, na ‘n HELE paar jaar, om maar eerder my lidmaatskap op te skort – ek (persoonlik) het nog net mooi niks gebaat hierby nie. Afriforum raas en blaas, maar kry (omtrent) niks uitgerig nie.

Watter sake het Afriforum/Adv. Nel nou al suksesvol vervolg nadat ‘n “nolle prosequi” sertifikaat uitgereik is? Daar is nou wel deur die NVG begin om Duduzani Zuma te vervolg, maar dit sê nog nie dié mannetjie gaan skuldig bevind word of ‘n behoorlike straf – indien skuldig bevind – kry nie.

Waarom beywer Afriforum/Adv. Nel hulle nie eerder daarvoor dat plaasmoorde en geweldsmisdade teen blankes as ‘n prioriteitsmisdaad geklassifiseer word nie en dat – indien daar nie binne 6 maande vordering gemaak is met enige sulke sake nie – dit outomaties kwalifiseer vir ‘n “nolle prosequi”-sertifikaat, wat hulle dan die reg gee om privaat te ondersoek en te vervolg nie?

Abe ·

Baie goeie besluit. Alle suid afrikaners behoort onmiddellik hulle steun aan die saak toe te se.

Willie ·

Asseblief Afriform, vat die gevoeloses vas… Diere mishandeling en afskeping is tragies en wreed

SjN ·

Hulle wil mos almal boer, Sy het nie eens haar werker betaal nie , het sy nie die tyd gese haar finansiele verlies is baie meer as as wat die diere werd is nie, mag geregtigheid geskied.

HEIN ·

Afriforum het n oordeelsfout begaan om vir Nel aan te stel.Geld van bydraers is gemors.Wat het Nel al bereik??Bestee die geld om blankes te verdedig wat omdat hulle blank is anders deur die howe behandel word!!

Sophia ·

Ek stem heelhartig saam met jou Hein! Die regering gaan hierdie saak aspris so laat sloer dat al ons geld wat inbetaal word in Afriforum gesluk gaan word! En as sy tronk toe gaan, gaan dit vir 3 of 6 maande wees… Help ons boere wat so uitgemoor word se families om eise in te stel teen die staat vir verlies aan inkomste en pyn en lyding!! Asseblief Afriforum en Solidariteit, kry ASSEBLIEF net rigting!!

Renée Meyer ·

Hopelik sal dit indruk maak op die duisende mense wie aandadig is aan die verskriklike verwaarlosing en mishandeling van diere in SA. Mooi so Gerrie, gee haar gas

Ellisras ·

AfriForum het goeie oordeel aan die dag gelê om vir Gerrie Nel aan te stel. Hy het al baie ver mag. Dink aan Zuma Jr. En Grace Mugabe bly uit ons land uit. Vir my is dit genoeg.

JJ ·

Dit gaan my verstand te bowe dat sy nie alreeds deur die Staat vervolg is nie. Dit het dan al in 2014 gebeur!!! Daar was mos duidelike bewyse van wat plaasgevind het met daai arme diere. Wys jou uit, die NVG het weereens een van hulle leers laat stof opgaar om hulle eie comrades te beskerm.

Ani ·

Hoop daai sogenaamde veearts word saam met haar aangevat. Het hy nie destyds geweier om sy verslae te oorhandig of te getuig nie? Politieke druk seker ter sprake?

Hy het baie lig daarvan afgekom. Jammer sy praktyk is nie gesluit nie. Ry hom sommer ook!

jaco ·

Ek keur nie dieremishandeling goed nie, maar energie, tyd en geld uitgegee op sake wat dít gaan aanspreek en dalk bekamp, beteken ons sit steeds met:
Plaasmoorde
Wit mense wat weens regstellende aksie hulle werk verloor en daarna eenvoudig net nie weer werk kry nie.
Maatskaplike verval onder wit mense
Hoeveel boere moet nou nóg vermoor word en hoeveel wit mense moet nou nóg sukkel weens regstellende aksie, voordat Afriforum finaal besef waarop hulle eintlik moet fokus?

Nin ·

Hein ek stem glad nie met jou saam nie. Nel dwing die NVG om hulle werk te doen en voorkom dus dat mense agv korrupsie nie vervolg word nie. Ek is self ‘n prokureur en moet vir jou sê dat blankes (oor die algemeen) nie slegter deur die howe behandel word nie.

Eish ·

Goeie werk!
Die feit dat daar Prima Facie getuienis is en die staat nie vervolg nie, toon weereens die dubbele standaarde van die helhool.

Afrikaanse Knaap ·

Hulle kry nie baie lugtyd in die breestroom media nie want hierdie media huise is kop in een mus met die regering. Maak gerus enige nuus kanaal of webwerf oop en jy sien net ANC AND ANC EFF EFF ANC ANC….
Dankie oom Gerrie vir oom se moeite. Ek ondersteun oom en oom se span bankvas.

Lana ·

Om te boer is nie so eenvoudig nie en dit kom met baie verantwoordelikheid.
Is dit nou hoe dit gaan lyk as ‘n klomp mense wat nie ‘n idee het waaroor dit gaan nie grond kry?

karen ·

Ek wil ook net terloops vra wat het van die vorige 5 sake geword?
Hier word manjifieke salarisse betaal maar daar is geen produksie geen prestasie of sukses word uitgebasuin…..

Toktokkie ·

Kink of DIE geleentheid hofSAAK….. 2ledige DOEL moet hê DIE PLAAS DIEN AS VOORBEELD
bv. Sommige DIENAARS in STAAT kort Verantwoordelikheidssin! vir instandhouding!!!!
RESPEK en waarde vir LEWE van Mens of DIER in dié geval.
Moor vir GROND OM WAT!!op te doen PRODUSEER???. Met SÓ VOORBEELD!
Wees ons genadig
HemelVader asb.

humor ·

Die tydsbrekening is baie goed terwyl die stryd rakende grondonteiening so fel is. Miskein tog n pluspunt vir behoud van eiendom.

Gerhard ·

Die stand van ‘n volk of persoon se beskawingspeil word gemeet aan hoe hy sy diere behandel. Absoluut weersinwekkend en skokkend. Mag sy kry wat haar toekom.

1+1 ·

Wees dankbaar vir mense wat bereid is om by die stadspoorte met die vyand te onderhandel en op te kom vir wat reg is. Hulle is diegene wat nog nie uitgeroei is nie, want hierdie proses is aan te gang. As almal wat die kwaad teehou ook uit die weg geruim is, sal die groot afval kom!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.